Pa sterf, ma en kind (6) kritiek ná botsing

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn Man, in sy 30’s, is dood en sy vrou en sesjarige seun is in ʼn kritieke toestand nadat hulle Sondagaand in ʼn botsing met ʼn vragmotor in South Hills, Johannesburg, betrokke was.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het op die hoek van Outspan- en Heidelburgweg plaasgevind.“Die motor het ná die botsing teen ʼn verkeerslig tot stilstand gekom,” het Meiring gesê.

Die man, wat die motor bestuur het, was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Die vrou, in haar laat 20’s, was in die passasiersitplek vasgekeer. Hul sesjarige seun was in ʼn stoeltjie op die agterste sitplek vasgemaak. Hy moes saam met sy ma uit die voertuig se wrak gesny word,” het Meiring bygevoeg.

Die ma en kind is op die toneel behandel, waarna hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir gevorderde behandeling.

Die oorsaak van die botsing is nog onbekend en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.