Pa sterf ná jacuzzi-fratsongeluk

Ilse-Marie en André van Huyssteen by hul seuns, Dwayne en Dandré. Foto: Verskaf

Die man van Krugersdorp in Gauteng wat byna drie maande gelede ernstige beserings opgedoen het nadat ʼn jacuzzi ontplof het, is Dinsdagaand oorlede.

André van Huyssteen (30) is net na 19:00 in die waakeenheid van die Steve Biko-hospitaal in Pretoria oorlede nadat hy sepsis en ’n infeksie in die hospitaal opgedoen het.

Ilse-Marie van Huyssteen, André se vrou, het Woensdagmiddag aan Maroela Media gesê André was reeds onder verdowing uitgebring en by sy volle bewussyn, toe hy sowat twee weke gelede ’n terugslag beleef het.

Volgens Ilse-Marie het hy skielik weer aan die slaap begin raak en dit is toe dat dokters onraad vermoed het. “Hulle het bloed getrek en agtergekom daar is groot moeilikheid.”

Die sepsis en infeksie het André se organe aangetas waarna “sy hele liggaam ingegee het. Ek dink persoonlik sy longe het platgeval,” sê sy.

’n Emosionele Ilse-Marie verduidelik dat die afgelope drie maande wat André in die hospitaal was verskriklik uitmergelend was.

André van Huyssteen in die hospitaal. Foto: Facebook

Maroela Media het vroeër berig die Van Huyssteen-egpaar het op 8 Augustus by vriende in Pretoria gebraai en in hul jacuzzi ontspan. “Ek het die huis ingegaan toe ek ewe skielik ʼn groot slag hoor. Druk het opgebou en die boiler laat ontplof,” het Ilse-Marie destyds verduidelik.

ʼn Stuk hout van die dek om die jacuzzi het André teen die kop getref en só diep binnegedring dat dit eers die volgende dag tydens ʼn operasie in die Steve Biko-hospitaal verwyder kon word.

Terwyl hy in die waakeenheid gehou is, moes ʼn tweede operasie uitgevoer word om sy breinvlies te heg. Later is hy ʼn derde keer geopereer nadat die wonde van die ongeluk oopgetrek het. ʼn Vierde operasie is later gedoen om vog van sy brein te verwyder.

André word oorleef deur sy vrou en twee kinders, Dwayne (9) en Dandré (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Ek ·

RIV, Soveel mense sterf in Steve Biko asgv infeksie na die tyd , my pa is ook daar oorlede twee weke na sy operasie. :-(

Martie ·

My skoonma is ook oorlede aan sepsis en n infeksie wat sy in Steve biko gekry het. Sy was okay en toe kry sy 5 operasies binne 10 dae. Sy het net agteruit gegaan en toe is sy dood. Die results get terugkom en dit was sepsis en n infeksie. Ek wens ons kon iets doen om te kere dat dit weer gebeur met iemand anders.

MissDemeanor ·

Alhoewel ek saamstem dat baie van ons hospitale veel te wense oorlaat, wil ek maar net noem dat die hele wereld n probleem het met “hospital aquired infections” (eerste werepd,lande ook). Die rede is antibiotike weerstandbiedende bakteriee. Die oorsaak daarvan is die verkeerde gebruik van antibiotika (bv as jy griep het), asook die antibiotika wat vir beeste en hoenders gegee word. Mense bring daardie,bakteriee in die hospitaal in, en daai bakteriee bly sit…Google bietjie “antibiotic apocalypse”

Dr Death ·

My broer nie ‘n jaar gelede aan sepsis oorlede. Klein roetine operasie. Dokters en hospitaal het ons laat weet hulle is reg vir ons indien ons vrae gaan begin vra. Ek mis my broer baie. Verlede jaar die tyd het hy nog gelewe. Ná operasie was die dokter onbereikbaar. Instaandokter het ‘ veranrwoordlikheid’ geneem. My broer is ontslaan. Huis toe. Toe begin hy maar word. Bel die dokter en hospitaal. Jammer, dis naweek. Dokter is nie beskikbaar nie. Kom Maandag. Maandag was hy geel en naby aan koma. Was vir 3 uitmergelende weke nooit weer by sy bewussyn nie. Geen woorde van hospitaal nie. Geen verduideliking van hospitaal nie. Geen medelye nie. Broer met sy lag en lewenslus is dood. En die hospitaal trek laer. Geen inligting nie. Geen!

Moet nooit ooit in November/ Desember vir ‘n klein of roetine operasie gaan nie. Nooit. Dis dan vakansietyd vir dokters en die wat ‘instaan’ of ‘aflos’ is oorwerk. Jy teken beslis jou eie doodsvonnis.

ANDRE ·

Jy is BAIE gelukkig as jy uit n staatshospitaal kan kom sonder n kwaal of n ding wat jy daar opgetel het. Daai plekke is n gillerige besigheid….. jy wil gil vandat jy daar in stap tot jy daar uitstap.

Ann ·

Dis naar maar waar, Steve Biko hospitaal maak nie ñ goeie indruk nie. Wat ek ñ paar maande gelede daar meegemaak het vergeet ek nooit en wens ek niemand toe nie.

Ben ·

@Andre – Ja en dan wil die ANC ‘n National Health System implementeer. Dan gaan ons almal dood aan een of ander kwaal. Dit is tragiese dat die man dood is aan ‘n Boiler wat ontplof. Wat van die veiligheids klep?

yolanda ·

klink na vuil en vol kiem hospital,, hoekom sterf mense paar dae na operasie van dieselfde probleem,,,,,,iemand moet daai plek gaan ontkiem en uitspuit

Sê net ·

Wil net sê, daar is nie ‘n gif sterk genoeg om van die ANC besmetting ontslae te raak nie.

Onregverdig ·

My ma is 23 Mei 2017 op 54 oorlede in ñ ander Privaat hospitaal as gevolg van sepsis deur ñ mislukte dermoperasie..deur Medi Clinic! Dit gebeur, nie net in staatshospitale nie. Sterkte vir sy familie. Wie blameer ek, die dokter, die ongeskikte verpleegsters…

Landi ·

@onregverdig… jy en ons blameer bbe… DIS onregverdig! Selfs Medi Clinic moet BBE handhaaf. Jammer vir jou onnodigge hartseer wat so algemeen geword het.

Willie ·

Ai man dis tragies…

Maar ja steve biko hospitaal, en wel basies alle ander staats hospitale is in so toestand mens kan maar weet jy waag jou lewe om daar te gaan lê. Die Drs is baie goed maar die nasorg maw verpleegdiens is PATETIES ! Kyk ek sal ophou drink en minder eet maar my mediese fonds betaal ek ten alle koste !

ZENO ·

Alle staats hospitale is nie so vuil en sleg nie. By ons is goeie staats hospitale in die Kaap.

Marius ·

En as die hoe koppe van die Anc moet hospitaal toe, dan gaan hulle na die beste privaat hospitale.

RN ·

Hulle word buiteland toe gevlieg vir die beste mediese sorg buite SA

hannelie ·

My pa is in Potch hospitaal oorlede ook aan sepsis en infeksie. Ergste is hy het die naweek verswak, maar niemand eens gedink om sy familie te laat weet nie. SWAK. Ek dink alle hospitale is pateties. Want die verpleegsters het nie genoeg opleiding nie en het geensins empatie en simpatie nie. Hul is net daar om ‘n salaris te verdien.

Sandra ·

I had to rush to South Africa from England 3 weeks ago as my brother was in a diabetic coma. I was appalled by the state of Steve Biko hospital. Nursing staff were dancing and singing in the corridors. It was the dirtiest hospital I’ve ever seen in my life. My brother passed away after a week in hospital. Very high fever and infection. May their souls RIP. Sorry about your loss.

Yvonne ·

Ek wil net ‘n lansie breek vir Steve Biko!

My man is ‘n pasient by Steve Biko vanaf 2015. Het verskeie operasies gehad en het ook Sepsis opgedoen. Maar die diens wat hy daar ontvang het is uitstekend. Hulle mediese personeel is baie goed opgelei en baie Professioneel. Die hospitaal is glad nie vrot en vol kieme soos wat beweer word.

Steve Biko is ‘n baie goeie hospitaal, of dalk is my man net gelukkig.

Nursie ·

Dankie Yvonne. Al die negatiewe kommentaar oor staatshospitale maak my regtig vies. Ek werk in ‘n kliniek en baie van my kliente is al na SBAH verwys en behandel en almal praat goed van die hospitaal en personeel. Hoekom word die kostes van privaat hospitale en dokters nie bietjie bespreek nie?? En as jy so baie geld het vir ‘n privaat medies en hospitaal, wat het jy al gedoen vir liefdadigheid? Maklik om op die kantlyn te sit en op die negatiewe media bussie te spring saam met die res! Is dit nie juis die houding van die negatiewes wat die moraal van personeel afbreek nie? Glo my ek werk daagliks met sulke mense maar het gelukkig geleer van water van ‘n eend se rug af. Dis nie net van probleme sien en daaroor kla nie. Wat het jy (die klaers) al gedoen tov oplossings?

Anne ·

Nursie , dis nie net sommer negatiewe kommentare nie dis mense wat regtig aaklige ondervindings by die staatshospitale beleef het , het self gesien hoe skandelik verpleegsters pasiente behandel . Nee wat , gewoonlik is dit die verpleegsters met die negatiewe houdings en nie die pasiente nie, meeste van hulle is lui en net daar vir die salaris.

Noetsie ·

So jammer vir Ilse-Marie en hul seuntjies. Na al die hoop…nou dit. Mag jul troos vind by God, die Skepper van alle lewe.

Hanna ·

sterkte aan die familie, dit is baie hartseer. Ons bid vir julle

Trudy Botha ·

Ek het in vroee 70’s my opleiding daar gedoen. Destydse HF VERWOERD hospitaal. Ons is strenger as streng opgelei. Jy kon van vloere af eet. Dis een hengse skande vandag. My seun is in 2014 oorlede in Delmas hospitaal aan die hande van n blanke dr en suster. Hiervoor is daar geen vergifnis nie.

Afrikaanse Knaap ·

My hart gaan uit na hierdie families.
Ek hoop ek eindig nooit in Steve Biko op nie.

Staak saam ·

SA staatshospitale kan met reg vergelyk word met moordkampe, baie gaan daar in maar min kom daar uit.

linda limbo ·

ek’t so gebid ons sien hoe hy huis toe gaan!
baie sterkte aan die mamma en die seuntjies
bid vir julle
skuus :-((((

Johan H. ·

My friend is ook dood aan sepsis. Want hospitale is sif… maar wat verwag n mens… dagvaar die anc.

Lizelda ·

Ek gaan van baie mense verskil. Voor ons n mediese fonds gehad het is my seun opgeneem by Steve Bhiko met n spinnekop byt. Sy toestand was kritiek en hulle moes opereer. My seun het die beste diens ontvang en die saal self was baie skoon, geen klagtes. (hulle hou net nie daarvan om met die geliefdes te praat nie maar my seun se hulle was BAIE gaaf met hom gewees). My pa was ook daar opgeneem en alhoewel hy aan natuurlike oorsake oorlede is het hulle hom baie mooi en met liefde en deernis behandel tot op die laaste. Ek dink Steve Bhiko is een vd beste staatshospitale in SA.

MJ ·

Dis nie net in staatshospitale waar mense sepsis kry nie – gaan kyk bietjie na privaathospitale ook. Nie elke pasient kom dit oor nie, maar daardie antibiotika-weerstandbiedende bakterieë is oral..
Sterkte aan hierdie familie en mamma – ek dink veral aan die klein kindertjies.

So jammer ·

Mag ons hemelse Vader jou en jou kinders gedurig dra, Ilse-Marie. Julle is in ons gebede.

Estelle ·

Tragies. My hart is nou so seer saam jul. Kan nie indink hoeveel seer daardie mamma en haar pragtige seuntjies het. Hoe verduidelik mens aan hul wat met hul pappa gebeur het hul is nog so klein…

My innige meegevoel en simpatie, mag onse Vader jul styf vashou en troos.

Nadia ·

nie snaaks nie ek bly in Pretoria en verkies kalafong bo steve Biko met ‘n smile… Kalafong se verpleegtes is fantasties hospital skoon… … Jammer oor julle verlies mag God julle styf vas hou.

wonder maar net ·

Mens kan al wat kiem is in enige hospitaal of kliniek op doen. My man was in ‘n baie erenstige ongeluk en albei se onder bene was so erg beseer, dokters wou dit ampiteer. Na hy ‘n paar weke in Medi Kliniek was het hy MRSA daar gekry. Daar was vir hom geen hoop nie en die dokters het hom huis toe gestuur. Daarna is sy eerste vrou in Medi kliniek opgeneem sy het haar toon gestamp toe sy teater toe moes gaan, ‘n kiem opgetel en haar been moes later afgesit word in dieselfde Kliniek. Hoop maar net altyd vir die beste!!

RN ·

Hulle word buiteland toe gevlieg vir die beste mediese sorg buite SA

linda limbo ·

ek wil net graag noem dat ek Sepsis by Eugene Marais hospitaal opgedoen het
dis nie te sê jy gaan dit net by ‘n staatshospitaal kry nie
dit het ook baie te doen met die verpleeg personeel en dokters wat nie
ontsmet nie

Alida ·

Dit gaan oor persoonlike higiene by personeel en dit geld by ALLE hospitale.

Versigtig ·

Wees versigtig om alle Staatshospitale oor dieselfde kam te skeer.

Dink nie dit is vir daardie personeel lekker om altyd te werk met die wete dat hulle nie al die nodige middele tot hulle beskikking het nie en dat daar altyd baie meer mense is as wat hulle regtig kan hanteer. Waardeer dit wat hulle doen – veral die wat hulle bes doen in die omstandighede wat nie altyd maklik is nie. En daar is baie sulkes.

Sterkte aan die betrokke familie in hulle verlies.

Tannie Hettie ·

My ma oorlede in Eugene Marais hospitaal agv ‘n virus wat sy daar gekry het

Buksie ·

Ek dink van julle mense is bietjie onredelik rakende die sepsis oorsaak. As jy ‘n plank vanuit ‘n jacuzzi in jou brein kry kan jy redelik seker wees dis vol liederlike mikrobiese organismes. Daardie water borrel tussen almal se wie weet wat rond soos dit gesirkuleer word in die borrel bad. Net daar is die eerste moontlike rede vir infeksie en uiteindelik sepsis. Enige nood operasie is gevaarlik. Want hulle het nie kans gehad om jou derms skoon te maak ensomeer nie. Dis hoekom mens gewoonlik vir ruk nie mag eet of drink voor ‘n operasie nie sien. Sepsis.

Riaan ·

Buksie. Jy is 100% reg,maar ons almal weet dat die standaard van verpleging in NSA het so geval. Verpleegsters loop met dik epilette maar meeste,let wel,nie almal,het geen trots in hulle werk nie. Nit daar vir pay day. As die nationals gesondheids plan wel eendag in working tree,hoop Ek ons geagte pres en sy ministers Sal ook by die staats hospitale in dieselfde rye gaan sit as die gewone publiek

Elsa ·

Ek dink al die hospitale moet geprivatiseer word. Want waar die staat betrokke is word gaan alles agteruit nes die munisipaliteite. Dit vrot verskriklik.

Treurgrond ·

Steve Bhiko – kom ons dink Privaat Hospitale is maar net so erg. ek was in ‘n Privaat Hospitaal waar ek gesien het hoe vat hulle ‘n ander mens se pille uit hulle kassie uit en gee dit vir iemand anders wat die heeltyd net gekla het – die volgende dag het die persoon doodstil gele en net geslaap geslaap. Dan was daar ‘n ander tannie wat se masjien wat verhoed het dat mens bloedklonte kry nie gewerk het nie en ek het elke keer op en af gestaan om die masjien te gaan aansit. Ek was dood dood bang.

Illse-Marie, Dwayne, Dandre en familie – my gedagtes is by julle want dit is net sad sad om iemand so na aan julle te verloor. God sit asseblief sy hande om hulle. Amen

PIPPIE LANGKOUS ·

Enige Staats-hospitaal is vrotter as vrot!!! Pateties!!! Hou op op julle self te verdedig…

Boetman ·

Die verskil tussen ‘n privaathospitaal en staatshospitaal is een lagie verf op die mure.
Daars ‘n direkte verband tussen privaathospitale se empatie met pasiente en die stand van die mediesefonds.

Lukas van Zyl ·

Alle hospitale is vuil, medi klinieke ook, nie net staatshospitale nie
Jy waag jou lewe mbt dit as jy na enige mediese instelling toe gaan

Elize ·

My broer ook oorlede in staatshospitaal nadat hy sepsis gekry het. Het lewendig opgevrot tot met sy dood

Bekommerd ·

Wees maar verseker, dis beslis nie net staatshospitale wat vrot is van die kieme nie, privaat hospitale is gun so privaat nie, jy betaal vir die naam en dis dit!!!!

Lehana ·

Mense mense mense asb tog! Die berig gaan oor n pa ( my neef) wat oorlede is. Hierdie is nie die plek om hospitale teen mekaar op te weeg nie. Dis n moeilike tyd vir ons almal en sal waardeer as mense net meer menslik teenoor hierdie saak kan optree.

Shalom ·

Lehana. Die berig gaan oor jou swaer. Die kommentaar is nie beperk tot jou swaer nie. Ander mense se naasbestaandes en geliefdes is ook dood in soorgelyke gevalle. Op hierdie forum deel mense hulle hartseer, frustrasies, ontnugtering en ervarings.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.