Pa sterf ná kar trok tref

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is dood en sy vrou en agtjarige seun kritiek beseer, nadat hul motor Dinsdagaand in Johannesburg teen ʼn vragmotor gebots het.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het die botsing omstreeks 19:00 op die R114 tussen Malibongwe- en Beyers Naudeweg plaasgevind.

Mathe het aan Maroela Media gesê dit lyk asof die vragmotor vermoedelik stil gestaan het toe die ongeluk gebeur het.

“Die gesin se motor het teen die agterkant van ʼn vragmotor gebots. Die pa, wat bestuur het, is op die toneel dood. Die ma en kind is kritiek beseer en moes met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word vir behandeling,” het Mathe gesê.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

DPJ ·

Hoe jammer dat ‘n mens/e se lewens so moet eindig. Gedulk versigtigheid naaste liede is waarvoor ons daaglik voor vra. 5 minute laat is nie teveel gevra nie. Mag julle versterk word deur die Here.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.