Pa sterf self toe hy kinders aan die brand wou steek

Argieffoto

ʼn 40-jarige man in Mokwakwaila buite Tzaneen het binne sy huis verkool ná ʼn huishoudelike onderonsie.

“Die man het na bewering Saterdag omstreeks 15:45 met sy vrou baklei en haar ernstig aangerand,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Lede van die gemeenskap het haar gered en haar na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.”

Die man het daarna sy kinders in ʼn sewe-slaapkamerhuis toegesluit en dit aan die brand gesteek. “Die kinders kon ongedeerd uit die huis vlug. Die man is egter onherkenbaar verkool. Sy motor, wat in die motorhuis gestaan het, en die huis se inhoud is in die brand verwoes.”

Die motief vir die voorval is nog nie bekend nie. Ngoepe het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting.

Ngoepe het gesê die polisie in die provinsie veroordeel voortgesette dade van huishoudelike geweld ten sterkste.

In nog ʼn voorval is ʼn 30-jarige man Saterdag in Waterval, buite Louis Trichardt, in hegtenis geneem op twee aanklagte van moord. “Die verdagte het Saterdagaand omstreeks 21:45 saam met sy meisie en nog ʼn man gekuier. Hy het die twee persone, onderskeidelik 30 en 37 jaar oud, aangeval en met ʼn skerp voorwerp gesteek voor hy van die toneel gevlug het,” het Ngoepe bygevoeg. Hy sal binnekort in die Waterval-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord.

In ʼn derde voorval is ʼn 42-jarige vrou in hegtenis geneem nadat sy glo haar 47-jarige broer met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het tydens ʼn woordewisseling. Die motief vir die voorval is nog nie bekend nie. Ngoepe het gesê sy sal binnekort in die Lenyenye-landdroshof verskyn.

“Die polisie se ondersoek in al hierdie sake duur voort. Die gemeenskap word aangemoedig om eerder die plaaslike owerhede te versoek om in te gryp eerder as om mekaar aan te val of te vermoor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Derick ·

Die duiwel was nog altyd los …. in die verlede het jy net nie elke twee minute daarvan in die media kon lees nie …. bly positief in hierdie nimmereindigende negatiewe wêreld …..

SjN ·

Hy is verseker n staatsamptenaar of politikus, baie jonk met n sewe slaap kamer huis, dit spreek boekdele.

Lola ·

Jy is seker nie regtig so dom nie SjN. Jy bedoel seker ‘n regerings amptenaar.

Nettie ·

@Lola, hieronder – JY is seker nie so DOM soos wat jy klink nie – staatsamptenaar of regeringsamptenaar – wat is die verskil in jou woordeboek?

Annelize ·

Dis nou wat my Ouma die “blinde sambok”sou noem. Hy her lekker hard en sekuur geslaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.