Pa, stiefma gevonnis oor seun se huurmoord

Argieffoto

ʼn Pa, stiefma en ʼn huurmoordenaar is Maandag in die Bloemfonteinse hooggeregshof gevonnis op aanklag van die moord op ʼn 17-jarige seun.

Die drie beskuldigdes, Kelebogile Molatole (50), Khoeliea-Marena Sefuthi (53) en Tebogo Molatole (47) is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op Molatole se seun, Kearabetswe.

“Die 17-jarige het op 5 April 2017 ná ʼn sokkeroefening by sy neef,” het kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die neef het gaan koeldrank koop en toe hy terugkeer, het hy Kearabetswe dood aangetref in sy pa se huis in Gladstone, Thaba ’Nchu. Die polisie is na die toneel ontbied en daar is bevind die seun is in sy kop en bors geskiet.”

Die provinsiale taakspan wat georganiseerde misdaad ondersoek, het die pa, stiefma en huurmoordenaar in hegtenis geneem. “Deeglike ondersoek het bevind die motief vir die moord was dat die pa nie verder onderhoud wou betaal nie ná hy as onderwyser afgetree het.”

Die beskuldigdes is al drie skuldig bevind op aanklag van moord en is elkeen lewenslange tronkstraf opgelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ria Maritz ·

Nou-ja. Nog 3 monde (kriminele) om te voer op die belastingbetaler se geld… !

Willie ·

Jy wil nie onderhoud betaal nie dan vermoor jy jou eie seun. Wat se pa en onderwonderwyser is jy dan? Sulke gemors moes nooit kinders gehad het of met hulle gewerk het nie.

Seemonster ·

Ai, klink nie reg dat dit meer as 2 jaar neem om ‘n saak soos hierdie af te handel nie.
Ons kort seker maar ‘n kombinasie van meer mannekrag en ‘n meer effektiewe regsproses. En hier was waarskynlik nie eers politieke inmenging nie . .

Leser ·

Ja dit is tragies…jou eie kind? Nee, dit is onverstaanbaar?? Hoe laat jy so iets doen aan jou eie kind??? Dit breek my hart!

Elsabie ·

My mond hang oop!!! Hoe de hel kry jy dit reg om jou eie kind te vermoor net oor geld!!!! Nee regtig. Mag hy in vrede rus!

LD ·

Help my asseblief reg as ek verkeerd is – maar betaal mens nie onderhoud geld tot die kind die ouderdom van 18 behaal het nie? En dus het die pa mos nog net ñ jaar oorgehad om te betaal en daarna nie meer nie? Hoe vermoor jy inelkgeval jou eie kind? Nee dis so verkeerd in elke manier denkbaar!!!! Mag hy in vrede rus!

MJ ·

Wat is die stiefma se aandeel in die moord? Genugtig, die hele storie is om van naar te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.