Pa, stiefseun op KZN-plaas aangeval

plaashek-pexels

Foto: Pexels

Phillip Long sterk in die hospitaal aan nadat hy en sy stiefseun deur drie mans op hul plaas in Franklin, KwaZulu-Natal, aangeval is.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die mans se hande is met ʼn tou vasgebind en die drie aanvallers het geld geëis. “Niks is uit die huis gesteel nie en die verdagtes het te voet van die toneel gevlug,” het sy gesê. “Die polisie ondersoek ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die ondersoek duur voort.”

Maroela Media verneem Long het kopbeserings opgedoen nadat hy geskop en geslaan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann cb

Gaan ons nuwe President intree en hierdie onsinnige optrede stop? Ek glo en vertrou saam met Suid-Afrika so!

Ja ne

Net aanranding.. dubbel standaard. As dit omgekeur was? Poging tot moord seker……

Cherokee

Baie KZN-families het familielede oorsee veral in Brittanje. Daar word dus geskinder daarvan oorsee.

Wanda

Ek sien nog geen nuus op MM oor die kraaifontein inwoners wat deur n sekuriteits maatskappy uit geskop is. Ouer mense en kinders 10min kans gegee om met hulle besittings uit te wees
Oral op sosiale media en news24.

Hierdie

Hulle gan ons nou net roof om die waarheid van volksmoord te probeer toesmeer as crime