Pa tref sy twee kinders dood in bed aan

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Pa het Sondag sy twee kinders dood in hul ma se huis aangetref.

Samuel Sebola, woordvoerder van die polisie, het gesê die pa en die ma van die kinders ervaar al glo weke lank probleme in hul verhouding. “Die pa het ʼn oproep van die ma se werkgewer ontvang dat sy al vir drie dae nie by die werk opgedaag het nie. Hy is toe na die ma se huis in Stinkwater net noord van Pretoria om na die kinders te gaan omsien.”

Die pa het aan die polisie gesê die hek na die huis was gesluit. “Die eienaar van die huis het toe saam met die pa gegaan om die huis vir hom oop te sluit,” het Sebola gesê.

“Hulle kon daarin slaag om die voordeur oop te sluit, maar kon dit nie oopkry nie. Iets het die deur versper. Hulle kon toe wel deur die agterdeur die huis binnegaan,” het Sebole verduidelik.

Die tweejarige seuntjie en sewejarige dogtertjie is in ʼn bed aangetref. “Hulle is met komberse toegegooi asof hulle geslaap het. Hy het gesien hulle haal nie asem nie en het dadelik die polisie gebel,” het Sebola gesê.

Die ma het glo ook Saterdag die pa gebel en gesê sy is in Limpopo. Volgens Sebola is daar glo geen ooggetuies nie, maar bure het die ma Saterdagmiddag die laaste keer gesien.

Twee sake van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jaco ·

Siek man.
Wat het die arme kinders gedoen om dit teverdien? My kinder 9 dogter en 2 seun is my en my vrou se lewens. Hoe kan n ouer dit aan sy of haar kinders doen. Die land van ons nodig doodstraf.

Sarie ·

Ek kan dit nie glo dat n ma haar eie kinders vermoor nie. Dis siek man, sy moet stadig dood

Sjoe ·

Sjoe dit is verskriklik hartseer, sterkte vir die arme man, in die geval sou die kinders beter af by die Pa gewees het, ai tog en die dame is nog soek, hoop sy word gekry en vir haar hoop ek daar is doodstraf terug, niks maar niks op aarde regverdig moord op 2 onskuldige kinders nie.

Vra net ·

Ek stem met alles saam wat julle se – dit wat sy gedoen het is onaanvaarbaar en moet nie ongestraf bly nie maar my vraag is net hoekom is pappa nie meer betrokke gewees nie. Hoekom nie elke aand jou kinders gebel en met hulle gepraat nie. Hoekom haar nie gesms en gevra hoe gaan dit met kinders. Want dis net so maklik om weg te kyk en die ma die verantwoordelike te maak. Ek weet my dogter gaan nou deur dieselfde. Pappa wil net pappa wees as dit hom pas as ek ‘n pa was en my vrou het my kinders by haar gehad het ek ELKE aand met hulle gepraat al is dit net vir 5 minute.

Shaun ·

Jong Vra Net die teendeel is ook waar . Dalk is die arme pa soos honderde ander pa’s in die land , wat se ekse die kinders weghou van die pa’s ? Ons bespiegel maar net oor die omstandighede. Maar dit klink nie of die ma baie standvastig is soos jou dogter nie . Sê maar net

Ek sê ok maar net ·

Ek stem in n mate saam vra net. Ek is n mamma wat geskei is en ek moet pappa dwing om deel te wees van sy kinders se lewe. Ek word half mal as hulle vir n naweek by hom is. Ek kan nie sonder hulle nie. Mense verstaan nie hoe dit voel nie. Ek sê geensins wat die ma gedoen het is op enige vlak aanvaarbaar nie moet my asb nie verkeerd verstaan nie. Dit is bitter hartseer dat kinders weereens dié is wat moes boet vir hulle ouers se foute. My gebede is met die pa, dalk het hy n goeie verhouding met sy kinders gehad. My gebede is ook met die ma, ons sal nooit weet wat sielkundig met haar fout is wat hierna toe gely het nie, ek voel bitter jammer vir haar want sy sal nooit weer berusting kan vind sonder om te weet dat sy daarvoor verantwoordelik was nie. My gebede is ook saam die twee kindertjies – slaap sag liewe kindertjies. Julle is nou veilig!

Jaco ·

DOODSTRAF!!!!!!!!!!!!!!!!!!
DOODSTRAF!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
DOODSTRAF!!!!!!!!!!!!!!!!!!
DOODSTRAF!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

ice ·

Doodstraf is ongelukkig te laat. Toe ons nog ‘n ordentlike sisteem gehad het met slim prokureurs, kon dit gewerk het. Vandag sal hulle jou skuldig bevind net omdat jy van verkeerde buurt af kom en sodoende ontslae raak van ons.

Adel ·

Hoe doen mens so iets aan mense, en nog bowenal aan jou kinders??????

Dit is absoluut siek! Ek hoop sy word swaar gestraf………

Theresa ·

Is dit al onteenseglik bewys dat die ma die moorde gepleeg het?
Dis nie almal se kultuur dat die pa so betrokke is nie. Lees meer daaroor. Daar is sekere dinge wat hemelsbreed verskil van wat sommige mense as normaal sien en wat ander skok. Dis bloot hoe mense verskil en wat vir party belaglik is, is dalk vir ‘n ander mens heeltemal ok. Dis soos humorsin. Verskillend, al kom als op humor neer. Die moorde se skuldige sa boet, maar was dit die ma? Waarom het sy gebel om te sê waar sy is? Hoe laat het sy die man gebel en hoe laat het die bure haar nog daar gesien?

Verstaan nie ·

Die pa het Saterdag van die ma gehoor dat sy nie tuis is nie…maar hy was eers Sondag na haar huis toe om na die kinders om te sien…. hoekom het hy nie daar en dan toe al gery om te gaan kyk nie (op die saterdag)… Ek verstaan nie…al was hy by die werk, sekerlik sou jou werkgewer jou laat gaan het. Die berig se’ ook, die paartjie het al ‘n gereime tyd probleme ervaar in hul verhouding…so of die ma het gewag dat die pa nie by die huis is nie en toe iets aan die kinders gedoen of dalk is die ma ontvoer en die kinders is vermoor deur iemand anders…. Hoe dit ookal is, dit is ‘n verskriklike ding die! Arme onskuldige kindertjies…

En as sy die pa laat weet het dat sy nie tuis is nie, hoekom het NIEMAND toe al gaan kyk of die kinders veilig is, of ten minste gevra waar kan ek my kinders kry…is hulle saam jou….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.