Pa tronk toe na hy dogter verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bejaarde pa is gevonnis vir die verkragting van sy 10-jarige dogter, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die 66-jarige pa is in die Tsomo-streekshof tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy biologiese dogter.

Die verkragting het op 25 Desember 2011 naby Ngqamakhwe plaasgevind. Die ma het die pa op heterdaad betrap. ‘n Saak van verkragting is by die Ngqamakhwe-polisiestasie aanhangig gemaak.

Die meisie het aan die polisie gesê dat dit die sewende keer was wat haar pa haar verkrag het. Die man se naam kan nie bekend gemaak word nie ten einde die identiteit van die meisie te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.