Pa tronk toe na hy dogter verkrag

court-hammer_thumbʼn Man is tot tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy sewejarige dogter, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is vroeër die week in die Pinetown-streekshof skuldig bevind en tot 18 jaar tronkstraf gevonnis. Volgens Zwane het die man sy dogter tussen 2013 en 2014 verskeie kere verkrag en het hy gedreig om haar dood te maak indien sy iemand van die verkragtings vertel.

Zwane het gesê die meisie het haar ma van die verkragtings vertel en ʼn klag is op 8 Augustus vanjaar by die Pinetown-polisiestasie aanhangig gemaak waarna die pa in hegtenis geneem is. “Hy is van verkragting aangekla en het verskeie kere in die Pinetown-landdroshof verskyn. Hy is binne 71 dae skuldig bevind en gevonnis.”

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni het Pinetown se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe geloof vir die werk wat hulle in die saak verrig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

CAV ·

Hy moes langer tronkstraf kry. Hoe kan n pa dit aan sy kind doen. Haar hele lewe is verwoes Ek hoop dieselfde lot gebeur met hom in die tronk

Sollie ·

@CAV – stem 10000% met jou saam. Hoekom dit ook 71 dae geneem het om daarby uit te kom weet g’n mens- hy het seker weer allerhande liegverskonings gebruik om uit dit te probeer kom. Gemors

SNEL ·

Stem saam, net baie bly sy het haar ma vertel, anders het dit vir jare aangegaan.

Marlene ·

Ek is baie baie bly hy is in die trunk wens net dit was langer. Die vark en sy is so so pragtig n meisie en haar lewe is nou opgeneuk.

Esmerelda ·

Elke hond kry sy dag en HY gaan dit 100 000 keer terug kry in die tronk, in die tronk hou hulle nie van mans wat kinders verkrag nie. Hulle moet hom sommer Pollsmoor gevangenis toe stuur!!! Die vark!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.