Pa tronk toe oor hy nie onderhoud betaal nie

court-hammer_thumbʼn Landdros in Mpumalanga het Maandag ʼn pa wat nie sy seun se onderhoud betaal het nie, vir vyf dae tronk toe gestuur.

Paul Khoza (45) het Maandag in die Tonga-landdroshof verskyn. Senior landdros Sam Nkuna het die saak tot Vrydag uitgestel en gelas dat Khoza in aanhouding bly. “Ons sal mekaar Vrydag sien en kyk of jy teen dan ʼn plan kon maak om jou seun se onderhoud te betaal,” het Nkuna gesê.

Khoza het vroeër aan die hof gesê dat hy nog geen onderhoud vanjaar betaal het nie aangesien hy baie skuld het. “Meneer het jy die skuld aangegaan voor jou seun gebore was?” het Nkuna gevra. Khoza het geantwoord dat hy die skuld aangegaan het nadat sy seun, nou sewe jaar oud, gebore is.

“Jy tree op soos ʼn bobbejaan wat alles bymekaar maak en wanneer mens hom nader dan los hy alles en hardloop weg,” het Nkuna gesê. Die regter het verder gesê hy gaan ʼn voorbeeld maak van Khoza. Die hof het gehoor dat Khoza veronderstel is om R350 per maand te betaal vir sy seun maar dat hy nie eers R100 daarvan betaal nie. “Dit is jou seun, nie myne nie. Jy moet verantwoordelikheid neem vir hom,” het Nkuna gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

sonnika rademan ·

Ek wens (daardie) juge kry my x ook onder hande hy betaal al vir n lang ruk nie onderhoud nie en het sy eie besigheid en twee ander kinders maar myne word af geskeep

Griet ·

Sonnika, dit is ‘n moeilike onderwerp, maar ek glo die oplossing kan eenvoudiger wees as wat mens dink. Kry ‘n BBB (Besoldigings Beslagleggings Bevel) die oomblik wat jou ex “default” op sy onderhoud. Die onderhoudsbedrag word dan van sy salaris verhaal en by die hof inbetaal. Indien hy sy eie besigheid het, kan die verhalings bevel op sy bankrekening ingestel word – dit is moontlik maar dit is ‘n meer omslagtige proses. Die enigste sleg daarvan is dat die ma dan elke maand die geld by die hof moet gaan haal. Ek wil graag glo daardie prosedure is al verbeter. Ek weet ‘n paar jaar gelede was dit die prosedure wat gevolg is, miskien het die lig intusen vir iemand opgegaan en betaal hulle die fondse direk oor na die ma se bankrekening. Vind uit by ‘n regspersoon wat gereeld werk met onderhouds eise wat is jou opsies.

Aan hierdie Landdros – Volpunte vir jou Boet, VOLPUNTE ! ! Give that man a Bells!

Stuiwer ·

Gaan Nkuna nie nou aangekla word vir rassisme nie?

Di’s goed om so voorbeeld te maak, maar ek dink die land sal dan nog honderde tronke moet bybou. Die ander pa’s lag….

Anita ·

“Jy tree op soos ʼn bobbejaan……..”

Sjoe, as daai judge nou wit was!

Anno van der Meulen ·

Ek is n pa wat onderhoud moet betaal. Die ma het rondgeloop en ek was onskuldig. Sy skep nou elke onderhoud van my. Wat van die ou waarmee sy weggeloop het? Hy kom niks oor nie. My vrou loop weg, vat my kind weg van my af, en ek moet betaal? Die landswette werk nie lekker nie………. Ek wil ook ophou onderhoud betaal. My eks verdien 3 keer meer as ek ……….

Stuiwer ·

Troos jouself daaraan dat jy met trots terug kan staan, met die wete dat ‘n ander man nie jou kind se magie vol gehou het nie…. en eendag sal jou kind hom/haar na jou wend, en dankie sê.

Sterkte en voorspoed!

Nina ·

Dit bly steeds JOU kind en JOU verantwoordelikheid. Liewe genade.

Elizma ·

Nina jy slaan die spyker op die kop. Jy betaal onderhoud VIR jou kind …nie vir die ma nie.

Ook EEN... ·

Wens ek kon se my Kinders se Pa het sy verantwoordelikhede nagekom…..12 jaar lank R800 onderhoud vir 2 kinders betaal met geen verhoging, nie n sent meer of minder nie, ek moes nie eens durf vra as die kinders iets nodig gehad het nie. Het die eerbare ding gedoen en n prokureur gaan sien, einde laaste met R4500 se kostes…”jammer maar hy kan nie meer betaal nie”. Maar dit hou vakansie in Durban, dit ry nuwe motors, hele huis se meubels is vervang ens ens ens. maar ek het my Kinders groot gemaak, deur dik en dun, vandag, omdat die skikking so se, betaal Pappa Universiteits kostes, en glo my die wiel het nou gedraai, hy betaal nou vir die 21 jaar wat hy sy skouers opgetrek het! MORAL of THE Story……Moet nie aan iemand anders doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie, dit kom altyd terug al vat dit 20 jaar, terug kom dit terug!

Daleentjie ·

Elizma – in teorie betaal jy onderhoud vir jou kind … maar in realiteit het ons my man se ex se nuwe man se rook en drank gewoonte onderhou. Sy het altyd die goedkoopste (gemors) klere vir die seun gekoop en absoluut niks van die ekstra geld (busgeld as seun kom kuier en weer moet teruggaan, kampe, etc) daaruit of uit haar eie sak betaal nie. My man (dus … ons) moes maar elke liewe keer opdok (en dit is nie asof nie onderhoud peanuts was nie). Net voor die seun toe eindelik permanent (die skool se sielkundige het aangedring, of …) na ons toe kom, moes ons nog hoor dat die skoolgeld agterstallig is! ‘n Rukkie nadat die seun by ons kom bly het, moes ons via familie wat in dieselfde dorp as die ex bly, hoor dat die ex en haar man nou finansiele probleme het, noudat die goue gans nie meer eiers lê nie. Maar, gister het die seun verjaar, en ons is nou finaal vry van haar en haar dreigemente, demands en skerp tong. Jippie!!

Dieselfde Bootjie ·

As my Kinders se Pa maar net sy verantwoordelikheid kon nakom, was dit al makliker, R800 onderhoud vir 2 kinders vir 10 jaar, geen verhoging, en moet nie durf vra as die kinders iets nodig het nie, die hof, die prokureurs niemand kon my help, ek het net agterna met n hengse klomp kostes gesit. Nou is die kinders klaar met skool en studeer, dankie tog vir my skikkings ooreenkoms, Pappa betaal nou, dit wat hy gedink het is n wiel van plesier, is die wiel van geregtigheid wat nou gedraai het! sterkte vir die mamma’s en pappa’s (ja daar is Pappa’s wat wel hulle verantwoordelikhede nakom, dan sal die Vrou nog meer bloed uit die klip tap) wat so sukkel ek kan n boek skryf met 20 jaar se ondervinding van n onbetrokke, jy is net my kind en my verantwoorderlikheid wanneer ek dit verkies PA!!!!

Elizabeth ·

Dis vir my baie sleg as ek die kommentare lees – hoe werk ‘n man se kop dat hy ‘n kind in die wêreld help bring maar dan dink hy “spite” sy vrou om nie onderhoud te betaal nie. Ek was eenkeer by die tandarts en ‘n seun van so om en by graad 8 is by die toonbank na hy by die tandarts was. Die ontvangsdame moes die pa toe bel en hoor hoe die rekening gesorteer word, aangesien dit deel van die mediese koste gedeelte van egskeiding is. Maar hy gaan klaarblyklik daar gal af, die arme vrou hou sommer die foon weg van haar oor. Volgens hom sou hy wel vir stopsels of so betaal maar nie vir draadjies (die tandarts sit dit mos sommer vir die grap in)want volgens HOM is dit onnodig en net ‘n luukse! Die arme seun staan daar rooi gesig en die ma is ook ontsteld – hier voor ‘n klomp vreemdelinge moet sy nou probeer die man kry om te betaal vir sy seun se tandartsrekening. Ek het die seun die jammerste gekry – hoe moes hy voel dat sy pa so houding inneem.Kinders VRA nie om gebore te word nie, hulle kan ook nie hul ouers vooraf kies nie. Ai mense…

Jacky ·

Well done. My husband offered to pay R1 per month with our divorce settlement in July. He left his son and I for another woman 3 years ago and hasn’t paid a single cent. I am doing 4 jobs to keep us alive. He bought his girlfriend a brand new car plus a huge diamond ring but is apparently penniless as he’s not working!!! At least I can keep my head held high.

anneke ·

Deur ouers wat nie onderhoud betaal nie se krediet te beperk maw hulle the swartlys vir agterstallige onderhoud, is die anwoord. Die voorgestelde veranderinge aan die regulasies van die kredietwet maak voorsiening daarvoor dat ouers se onderhoudsverpligtinge in aanmerking geneem word wanneer aansoek gedoen word vir krediet.

magdalena tieties ·

my man se familie se 16jarige seun is nie syne nie wat kan ek doen ons is getroud

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.