Pa tronk toe oor seksdade met seun, broerskind

hofhamertjie31ʼn Pa van Welkom in die Vrystaat is tot ses jaar tronkstraf gevonnis vir seksdade met sy seun en broerskind.

Ao. Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie, sê die 42-jarige pa het die dade tussen 2008 en 2013 gepleeg. Khosana sê die pa het sy sewejarige seun en sesjarige broerskind gedwing om te kyk terwyl hy masturbeer en aan hom te vat. Die pa het sy seun ook gedwing om met sy geslagdeel te speel terwyl hy saam hom gebad het en om na pornografie te kyk. Die pa is in November 2012 in hegtenis geneem en kort hierna op borg vrygelaat waarna hy by sy broer gaan bly het. Khosana sê die pa het, terwyl hy by sy broer gebly het, sy broerskind seksueel gemolesteer. Hy het sy broerskind onder meer gedwing om hom te masturbeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

charmaine ·

Hoe hul reggekry om pa skuldig te bevind. Seuntjie se vir sielkundige. Maar ma kon nie eers dat hof kind beskerm.

Vas Vat ·

“Sies” … Walglik, ontman die vark, en los hom om aan infeksie te sterf.

Baby-J ·

Suid-Afrika se regs stelsel is pateties verby!!!!!!!!!!!!! 6jaar????? Ons is n moerse joke vir die buitelanders!! Dit maak my siek man!!!! Mag die Here hom SWAAR straf, dis tyd dat die varke, barbare aan die publiek gegee word sodat die gemeenskap hulle werk kan doen en sy straf vir hom gee!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.