Pa, twee kinders sterf in botsing

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pa en sy twee jong kinders is dood, terwyl sy vrou per helikopter na ʼn hospitaal vervoer moes word, nadat die gesin in ʼn ernstige botsing betrokke was.

Die botsing het Maandagaand tussen Mount Ayliff en Mount Frere in die Oos-Kaap gebeur. Die gesin se voertuig het op die N2 teen twee groot vragmotors gebots.

Sizwe Kupelo, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, het gesê die twee vragmotors het agter mekaar gery. “Volgens een van die vragmotorbestuurders het ʼn Nissan NP200-bakkie wat in die teenoorgestelde rigting gery het, teen een van die vragmotors gebots voordat dit reg van voor teen die ander vragmotor gebots het,” het Kupelo gesê.

“Die pa en twee kinders is op die toneel dood. Die vrou is uit die voertuig geslinger.” Die pa en kinders se liggame moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Volgens Kupelo is die vrou met ernstige beserings na die Nelson Mandela-hospitaal in Mthatha gehaas. – Daily Dispatch

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elizabeth ·

Om ń geliefde te verloor is een van die seerste sere in die wêreld en die vroutjie het haar hele gesin op een slag verloor. Ek weet wat dit is om ń geliefde te verloor maar om amal te verloor op een slag….niks wat ek sê gaan dit beter maak nie! Al wat ek kan sê is, ek is verskriklik jammer vir die verlies wat sy deur gaan. Ek dink aan haar, haar familie en vriende en ek bid dat ons Here Sy hande om haar sal vou en haar deur die donkertyd sal dra! Ek hoop haar fisiese wonde word gou gesond. Baie sterkte vir haar en haar familie vir die pad voorentoe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.