Pa tydens huisroof doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Die Gautengse polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na drie verdagtes wat Woensdag in ʼn die vroeë oggendure ʼn 66-jarige man in sy huis in Meredale, Johannesburg, doodgeskiet het.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die oorledene se seun het omstreeks 01:30 ʼn geweerskoot uit sy pa se kamer hoor kom.

“Die seun het gaan ondersoek instel en is deur die drie mans oorweldig. Hulle het ʼn geweer op hom gerig en sy hande met ʼn skoenveter vasgebind,” het Masondo gesê.

Die verdagtes het die huis geplunder en in die oorledene se voertuig van die toneel gevlug.

Die voertuig is later verlate in Eldoradopark opgespoor.

Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het die man ʼn kopwond opgedoen en is op die toneel dood verklaar. “Die res van die gesin, onder wie drie jong kinders, is nie beseer nie,” het sy gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die oorledene se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Joann ·

Huisroof is wanneer die arme agtergeblewenis kos soek. Ha ha. Moord is wanneer jy die ou per ongeluk skiet. Ha ha. Dis nou regte wurmbollie,maar hul mag die witman uitroei.

Cherokee ·

Dìt Maroela, is waar dit oordryf word. Waarom kan die polisie nie na drie moordenaars soek wat die man doodgeskiet het nie? Waarom moet hulle na drie verdagtes soek wat die man doodgeskiet het? Julle sê nie na bewering doodgeskiet het nie maar bevestig dit as ‘n feit, so dit is moordenaars waarna gesoek word. Julle noem geen name nie so skryf meer realisties. Julle skryf asof julle op eiers loop.

Spook ·

Nog een ,en nog een,en nog een en nog een en nog een en nog een en nog een en nog een en nog een en nog een en nog een!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Carel ·

Vermeende het jy nie gelees nie. Hulle het ‘n huisroof uitgevoer en terselfdertyd moord gepleeg, eish . . . . . !

tamboti ·

Beste Louis, die einde van hierdie gemors sal net kom as al ons onskuldige slagoffers ook rowers en moordenaars word, maar almal op een slag. Dan hou ons aan en kyk wie bly oor.

Johann Marx ·

Tamboti, jy is AMPER reg…maar nie heeltemal nie. Met jou plan gaan die getalle oorwig teen jou tel…..Maar daar is ‘n plan. Niemand is nog net reg om dit te hoor en te implementeer nie..

Selfbeskikking ·

Selfbeskikking is ons enigste en laaste hoop. Afriforum, begin asseblief die onderhandelinge daarvoor.

Kiepie ·

Selfbeskikking, noem vir my een plek in die wêreld waar dit al op die lang duur suksesvol geïmplementeer is. Palestina, Bosnië? Nee wat my vriend daardie is nie ‘n antwoord nie. SA het dit dan self met die tuislande probeer en kyk watse rasende sukses was dit. Of julle dit wil hoor of nie, die enigste hoop vir die toekoms is dat alle gematigde mense van alle rasse sal begin saam bou aan ‘n beter toekom vir almal. Dat ‘n krimeneel as ‘n krimeneel aangesien sal word en dienooreenkomstig gestraf sal word ongeag velkeur. Waar bekwame werkers aangestel sal word op grond van hulle kwalifikasies en vermoeëns en beloon sal word na gelang van hulle prestasie. En die enigste bydrae wat ek en jy daartoe kan lewer is om ons kleur bril af te haal en juis dit te doen, goeie diens te beloon en te versterk en kriminele en lakse optrede te veroordeel ongeag die ras van die doener. Maar ek is bevrees dat as ek na meeste van die kommentare op nuusberigte op MM kyk ons nog baie vêr van daardie punt af is. En dit geld alle kante van die spektrum.

Cherokee ·

Kiepie, gaan vertel dit vir die hoenders. Ek is te realisties om skielik verby kleur te kyk. Dit kan immers nie gedoen word nie; statistiek behoort jou dit te vertel.

Lh ·

Kiepie jy is heeltemal reg met jou siening oor selfbeskiking maar die res is ongelukkig ook totaal onmoontlik. Taal, kultuur, godsdiens, ens. ens. laat dit nie toe nie, tydelik ja maar nie langtermyn nie. Dit is presies die rede waarom die blanke moes vasgehou het aan dit wat was. Offers sou daar wees maar verseker nie totale uitwissing soos nou nie.

plaasjapie ·

Cherokee….daar ek heeltemal saam met jou stem. Hier gaan dit oor ras…

Ben Prinsloo ·

Kiepie jammer ou maat maar Frankryk is in Europa en besit oor selfbeskikkingsreg, so ook al die ander lande, inteendeel amper die hele wereld. Jammer ou maat jou stelling is net soos die ander wat die woord “apartheid” uitgedink het maar vir hulle het ek dieselfde antwoord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.