Pa van Bellville verdwyn buite hospitaal

Die Wes-Kaapse polisie sê die soektog na ʼn pa van Bellville duur voort.

Jan Willem Fourie (38) het verlede Dinsdag verdwyn nadat hy by die Karl Bremer-hospitaal in Bellville toetse vir ʼn maagsweer sou ondergaan.

Hy het die hospitaal kort voor 09:00 verlaat. Kringtelevisiemateriaal wys hoe hy die perseel verlaat, maar wys nie in watter rigting hy dan stap nie.

Fourie het ʼn blou en rooi CAT-kappiebaadjie, ʼn verbleikte blou Levi-denim en bruin veiligheidskoene aangehad. Hy het moontlik ook ʼn verbleikte swart pet op.

Fourie se vrou, Lucille, het die afgelope week mense op Facebook bedank vir hulle ondersteuning.

“Aan al my familie en vriende en elke persoon wat my bygestaan het die laaste tyd, julle is spesiaal, of ons mekaar elke dag sien of nie! Lief vir jul almal!” het sy geskryf.

Die egpaar het ook ʼn tweejarige dogtertjie.

Kapt. FC van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê die ondersoek na Fourie se verdwyning is steeds aan die gang.

Fourie en sy vrou, Lucille. (Foto: Facebook)

Enigeen met inligting kan die Bellville-polisie bel by 021 918 3002 of die polisie se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Debbie Le Grange ·

Dit is met ‘n beklemming in my hart dat ek soggens voor my rekenaar inskuif voordat ek automaties op Maroela Media klik. Daar gaan nie ‘n week verby wat ons nie die skokkende opskrif sien wat lui “Nog ‘n plaasmoord” nie. Ons boere is die mense wat KOS aan ons verskaf wat nou in die grootste kommer moet werk en lewe. Die angs wat hulle daagliks moet ervaar om ‘n “diens” aan ons land te lewer en dit is waarmee hulle sit. Die trauma waardeur hulle moet werk elke keer as ‘n buurman of vriend of familielid doodgemaak word of gemartel word is vir my skrikwekkend. Hoe moet daardie boere voel, hulle moet hulle families beskerm, hulle moet hulle plaaswerkers betaal, hulle moet voorsien ek daagliks word van hulle mede boere koelbloedig vermoor. Ons as ‘n land, as ‘n volk moet nou daarteen opstaan, elke plaasboer moet sekuriteitswagte he wat ons as die burgers van die land betaal, welke deur debietorder of skenkings, daar moet nou daatwerklik opgetree word deur ons staatspresident en ‘n aksieplan moet beding word en verseker organisasie vir ons boere moet gestig word. Dit is elkeen van ons se plig om ons boere te ondersteun, ek persoonlik praat namens my vriende en familie wat graag ‘n bydrae sou wou maak na ‘n instansie toe sonder om weer die staatskoffers te vul. Mede landsburgers kom ons staan op vir ons boere en wend ‘n daadwerklike poging aan om hulle te help in elke aspek van sekuriteit!

Werner ·

Dit is baie gevaarlik daar by Karl Bremer hospitaal. Veral buite.

Gesiggie ·

Sterkte aan Lucille ek hoop dat jou man gevind sal word en dat hy ok is…dit vreemd dat hy net sal verdwyn , hoop maar net dat daar nie iets ernstig fout is wat kon lei tot sy verdwyning. Mag daar gou goeie nuus wees.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

Volgens die SAPD statistiek is daar 57 moorde per dag in Suid-Afrika….as daar 1 plaasmoord op n dag dan is,waar is die ander 56 moorde ?

Dis 20805 moorde elke jaar….vermis niemand 20805 mense in die samelewing nie?

.

HARTSEER ·

Ek dink dit het tyd geword dat alle persele van geboue, sentrums ens, oor die volle perseel met kamaras beveilig word. Hierdie skelms weet presies tot waar die sekuriteit werksaam is en hoever kringtelevisie optel dus wag hul net op n ander hoekie die mense in.

WONDER ·

Hoe het die persoon by die hospitaal gekom. Het hy met sy eie motor gery en indien wel is die motor nog op die parkeerarea?

Liezel ·

Ek sê net vanoggend vir my man hoe vreemd dit is dat so baie mense net skielik verdwyn. Party word gehijack maar die kar word eerste opgespoor, dan kry jy die persoon na ‘n paar dae sonder enige herinnering van wat met hom gebeur het en erg getraumatiseer,
Dit gebeur al hoe meer. Dis baie vreemd. Ek hoop hierdie man word veilig terug gevind!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.