Pa van beseerde skaakspeler oorlede

Argieffoto

Argieffoto

Eduan Naudé, pleegpa van die junior skaakspeler Michael Sweetbert (11), is Maandagaand oorlede.

Hulle het Donderdag ernstige beserings opgedoen in ʼn motorongeluk naby Parys in die Vrystaat. Michael en Eduan was van George in die Suid-Kaap onderweg na die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskapsreeks, wat by die Birchwood Hotel en konferensiesentrum in Boksburg, Gauteng, gehou word.

Michael, wat ernstige beserings aan sy regterbeen, ʼn geskeurde milt en ernstige gesigbeserings opgedoen het, word steeds in die Pelonomi-hospitaal behandel.

“Die organiseerders en bestuur van die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskappe, die skaaktoernooi waarheen Michael en sy pa op pad was toe die ongeluk gebeur het, asook die toernooibeamptes, spreek hul innige meegevoel teenoor mev. Beverley Naudé uit,” het Ronald King, hooftoernooidirekteur van die SA Skaakkampioenskappe, gesê.

Michael sou die Eden-skaakunie in die o.12-afdeling van die spankompetisie verteenwoordig. Hy is as nommer een in sy ouderdomsgroep gegradeer en het reeds gekwalifiseer om aanstaande jaar aan die SA Junior Geslote Kampioenskapsreeks deel te neem.

Die fondsinsameling wat in die lewe geroep is om die gesin met mediese en vervoerkoste by te staan, gaan voort. Die gesin het nie ʼn mediese fonds nie. Enigeen wat ʼn geldelike bydrae wil maak om die gesin te help, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ada ·

O my genade – dit is net ramp op ramp. Sterkte aan die seun en ek hoop jy word gou gesond.

al ·

soveel tragedies wat voor kersfees gebeur. Sterkte met jul hartseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.