Pa van Mpumalanga deur ‘engele’ gered ná gewapende roof

Johan Helberg en sy seun, Hannes. Foto: Verskaf

Johan Helberg en sy seun, Hannes. Foto: Verskaf

ʼn Pa van Marloth Park in Mpumalanga is “deur engele gered” nadat hy Maandag tydens ʼn gewapende rooftog geskiet is in ʼn poging om sy gesin te beskerm.

Johan Helberg (52) is tans in ʼn stabiele, maar ernstige toestand in die waakeenheid van die Kiaat-private hospitaal tussen Nelspruit en Witrivier.

Marna Roets, Helberg se eksvrou, het aan Maroela Media gesê die rooftog het Maandagoggend vroeg by Helberg se huis plaasgevind. “Johan se vrou, Yolandi, was op pad om haar dogtertjie en ʼn maatjie skool toe te neem. Hulle was reeds in die motor toe die dogter uitgeklim het om iets in die huis te gaan haal wat sy vergeet het. Dit is toe dat vier rowers op hulle afgestorm het,” het sy gesê.

Die rowers het Yolandi en die twee kinders terug in die huis ingedwing. Johan, wat nog in die huis was, het in ʼn struweling met die rowers betrokke geraak en skote is afgevuur. “Johan is in die maag en skouer geskiet,” het Marna gesê. “Hy kon in ’n stadium daarin slaag om die vuurwapen weg te draai van hom af en twee van die verdagtes is ook raakgeskiet, een in die hand en een in die been.”

Volgens Marna het die rowers op die vlug geslaan. Dit is nie duidelik of enigiets gesteel is nie. Helberg, wat nie ʼn mediese fonds het nie, is na die Tonga-hospitaal in Tonga View gehaas, maar dokters kon hom glo nie daar behandel nie. Dit is toe dat “die engele” ingetree het, het Marna gesê.

ʼn Inwoner van die gemeenskap het betaal sodat ʼn mediese helikopter Helberg na die Themba-hospitaal in Kabokweni kon neem, waar hy gestabiliseer is. “Hulle kon hom ook nie daar behoorlik behandel nie. Sy arm is in die aanval gebreek en die been het heeltemal gesplinter. Hulle het sommer net gips aangesit sonder om iets aan die been te doen,” het Marna gesê.

“Sy oogbank is oopgeslaan en het erg gebloei, maar hulle het nie die wond toegewerk nie. Hulle het ook die koeëlwond in sy skouer net aan die voorkant toegewerk, maar nie agter waar die koeël weer uit is nie, so die wond het net aanhou bloei.” Weer eens is die gesin se gebede verhoor toe ʼn lid van die gemeenskap die deposito by Kiaat-hospitaal betaal het sodat Helberg daar opgeneem kon word.

“Hier is ʼn groter hand in hierdie saak, baie groter as wat enige van ons ooit kon droom,” het Marna gesê. “Die ambulansdienste wat Johan Kiaat-hospitaal toe geneem het, het ook gister gebel om te sê daar sal nie ʼn rekening wees nie. Ek weet nie of hulle dit vir ons gratis gedoen het en of iemand dit vir ons betaal het nie. Ek weet net dat engele Johan se lewe gered het.”

Helberg is Dinsdagaand geopereer om die koeëlwonde skoon te maak en te heg, asook sy gebreekte arm te behandel. “Hy is nou in die waakeenheid en word deurentyd gemonitor. Hy het verskriklik pyn. Ons glo egter hy is buite gevaar en dat hy van hier af net sal aansterk en herstel,” het Marna gesê.

Die familie het intussen ʼn fonds gestig vir finansiële bydraes om vir Helberg se hospitaalbehandeling te betaal. Die fonds word deur die nie-winsgewende stigting, In His Honour Outreach Foundation, bestuur. Meer besonderhede oor die fonds kan hier verkry word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

marike ·

Dis nie engele nie . Dis ons Hemelse vader wat deur mense werk. God is great. Net dankbaar julle lewe . thank you God….

Rudi ·

Dis so waar. God werk deur mense want mense is sy kinders wat Hy lief het. Miskien is die geval bedoel om ons fokus te rig op die groot probleme in ons land. Soos Corrie Saanders daardie aand moes sterf omdat hy nie ‘n medies fonds gehad het nie en so moes Johan leef om ons harte te rig na ons mede gelowiges. Daar is te veel van ons wat nie dink aan die gewone (goeie) ou op die straat wat nie meer mediese fonds kan bekostig. Ons is te besig met Nike, Adidas, DSTV, Samsung, Apple, Tatoos, Toyota, Woolwoths, lewensversekering en fancy roomys om vir een oomblik te dink daar is ‘n midel klas wat nie eens mediese fonds kan bekostig nie. Meeste van ons dink seker die dom ou moes gedink het hy moes ‘n mediese fonds he. Die tragiese ding is dat meeste van ons nie God se BOODSKAP raaksien nie. Dankie aan Maroela media wat nog nuus plaas soos die

maggie ·

Dankie Here, U is daar wanneer iemand jou die nodigste het! Alle Lof en Ere kom U toe.

tracey ·

Ons dien ‘n awesome Here. Ek het dit ook vandag ervaar deur ‘n wonderwerk in my lewe. Amen en dankie Jesus. Sterkte en ek bid vir ‘n spoedige en volkome herstel. Gee net aan God al die eer.

BEKKIE ·

DIE HERE WEET WANEER JY HOM NODIG HET EN DAN WERK HY OP SNAAKSE MANIERE

Boer ·

Die skakel na die fondsbesonderhede werk nie. Kan iemand asb daarna kyk?

Nico Strydom ·

Dagsê Boer
Die skakel werk beslis aan ons kant. Laat weet asb watter foutboodskap jy kry?
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Anri Cotton ·

Hi Boer, jammer hieroor ons het dit opgeneem met Maroela Media:

In His Honour Outreach Foundation
Absa
Account 9244722025
Branch 632005
Ref Johan Helberg
Baie dankie.

Veronica ·

Alle eer aan GOD!!!!! Mag GOD elkeen van ons genadig wees, beskerm en seen tot eer van SY Naam!!!!

Buurman ·

Die fondsbesonderhedeskakel werk nie, kan julle asb daarna kyk?

Mariné Lourens ·

Dagsê Buurman

Die skakel werk aan ons kant. Ons het dit ‘n paar keer getoets. Laat weet asb watter foutboodskap jy kry?
Vriendelike groete
Mariné Jacobs nms Maroela Media

Anri Cotton ·

Hi jammer ons het dit opgeneem met Maroela Media, die bank besonderhede is soos volg?

In His Honour Outreach Foundation
Absa
Account 9244722025
Branch 632005
Ref Johan Helberg
Baie dankie.

Siebert Mazus ·

Kon die Engele nie maar ingegryp het voor die rooftog plaasgevind het nie? Hoekom eers na die rooftog ingryp?

Koos ·

Siebert, ek weet nie of jy gelowig is of nie, en of jy ons Almagtige Drie Enige God dien nie, want as jy wel Hom dien en aan Hom glo, kan ek nie glo dat sulke snert uit jou mond (of is dit nou keyboard) kom nie. As jy nie glo nie, nou ja dan sal ek jou eers prober antwoord nie. As eersgenoemde vir jou gled, gaan lees bietjie in die Bybel van Job. Daar sal jy jou eie vraag kan beantwoord, Ons as Gelowige kinders van Hom word elke dag deur Hom getoets en deur satan verlei om God te vloek.
Aan Johan se geliefdes, bly net hoop en glo in Hom. Dit staan tog in die Bybel dat Hy Sy engele sal stuur om oor ons te waak, in goeie tye en slegte tye.

Siebert Mazus ·

Jy beantwoord nie my vraag nie. Hier is dit weer. Kon die Engele nie maar ingegryp het voor die rooftog instede van daarna nie?

Johannes Fisto Patu ·

Snaaks dat sogenaamde “gelowiges” deur die bank, altyd reg staan met neerhalende, snobisties beledigings wanneer logika bevraagteken word.

Streicher ·

Siebert. Ek gaan dit so eenvoudig as moontlik vir jou verduidelik. Uit ondervinding met Maroela mag ek ongelukkig nie se wat ek graag wil nie. Kom ons probeer. Gaan lees weer die berig, die engele waarvan daar gepraat word is in die form van skenkers. Nie outjies met vlerke nie. Dit was die mense van die gemeenskap wat gehelp het wat engele genoem word. Indien jy nog nie verstaan nie, kan niemand jou ongelukkig help nie. Of dalk is jy maar net astrant eb kyk waar jy gelowiges kan teister.

Louisa ·

Koos, jy bedoel dit dalk nie so nie, maar jou antwoord kom neerhalend en hoogmoedig voor en antwoord nie Siebert se vraag nie. Jy mis ‘n geleentheid om iemand wat dalk antwoorde soek, tot die Here te lei. Ons geloof maak ons nie beter as ander mense nie. Ja, dis moontlik dat Siebert se komment dalk sarkasties bedoel was, maar hoe sal ons weet en al was dit so bedoel, ‘two wrongs does not make a right’. As jyself nie sy vraag kan beantwoord nie, verwys hom na iemand wat hom die antwoord kan gee wat hy soek. Ons almal bevraagteken God by tye in ons lewe, persoonlik bevraagteken ek nie die stelling dat die persoon of persone wat gehelp het deur die Here gestuur is nie, maar Siebert bevraagteken dit en hy het die reg om dit te doen. Nie alle mense het ‘n kinderlike geloof nie. Simon Petrus het eers geglo dat Jesus opgestaan het, nadat hy Jesus se wonde gesien het. Jesus het hom nie veroordeel oor sy ongeloof nie! Ek voel net dit is verkeerd om te impliseer dat Siebert ongelowig is en dus nie jou tyd of ‘n aanvaarbare antwoord waardig is nie. Hoe weet jy nie dis die Here wat aan jou deur kom klop om JOU bereidwilligheid te toets om ‘n soekende siel na HOM toe te lei nie. Siebert, ek kan nie eintlik vir jou ‘n antwoord gee nie. Dis een van die dinge wat ek glo soos ‘n klein kindjie, maar ek stel voor jy gesels met ‘n predikant of iemand wat jy vertrou wat vir jou ‘n aanvaarbare antwoord sal gee.

SNEL ·

Ek het daai gedeelte op Maroela gelees, die dagstukkie oor “sagte oë”., baie goed en laat mens nogal dink. Ons is die enigste Bybel wat iemand miskien mee te doen gaan kry, laat ons daarom God se lig uitdra en n sagte antwoord gee, en ons loop ook nie in iemand anderste se skoene nie, daarom weereens, gee n sagte woord en bid eerder vir hulle om die dinge van die Here ook beter te verstaan en te begryp.

Siebert, ek sukkel ook om altyd sin te maak en verloor soms fokus, maar ons lewe in n gebroke wêreld en slegte dinge gebeur om ons fokus van God af te steel, maar al gebeur iets slegs, dra God mens daardeur. Nie aldag maklik om te verstaan en ook vas te staan in geloof as mens se boot geruk word nie, maar in al my jare het God altyd deurgebreek. Koos het dit goed gesê, ons word verlei deur satan om God te vloek. Hy wil ook ons vreugde steel, want dan is dit ons moeilikste tyd om te bid en in n verhouding met God te staan. Die pad saam met God is smal, seker juis so genoem omdat dit glad nie maklik is nie. Dinge maak nie aldag sin nie, maar God se gedagtes is ver bo ons gedagtes en die slimste onder ons is soos n dwaas in God se oë. Ons het n Maker, laat ons Hom dien en volg, ons is juis daarvoor geskape.

neelsie ·

Siebert,
Waarom so negatief?
As jy dit nie glo nie, bly liewer stil.

Barend ·

Dit is jammer dat jy nie sy vraag antwoord nie. Laat ek raai….. Jy kan nie. Is dit regtig nodig dat ‘n almagtige wese iemand toets deur hom in die maag te laat skiet? As ‘n drie-jarige dogtertjie verkrag en vir die dood agtergelos word, is dit ook ‘n toets van ‘n liefdevolle vader? Jy is duidelik onbewus van die filosofiese ‘problem of evil’. Toemaar ek is seker jou dominee is ook nie.

Koos ·

Dankie Neelsie, jy verstaan wat ek bedoel.
Siebert, Ons mag vrae vra, maar nie vir God voorskryf nie! Dit is SY wil en ons moet berus daarby, ongeag wat, ongeag uitslag en al is dit hoe moelik. Dis die kern van my geloof. As jy nie die kinderlike geloof in God nie, sal jou vrae vir ewig onbeantwoord bly, want ek kan dit nie vir jou antwoord nie.

Siebert Mazus ·

So, Neelsie jy kan en probeer ook nie die vraag beantwoord nie, Dankie vir jou nie-antwoord!

Siebert Mazus ·

So, Streicher, jy gaan nie probeer om my vraag te beantwoord nie.

Siebert Mazus ·

Streicher. Hier is die vraag weer. Kon die Engele nie maar ingegryp het voor daai rooftog instede van daarna nie?

Charlene ·

Daar is soveel goeie mense nog daar buite, mense wat werklik omgee (dis dalk hoekom die rooftog eers moes plaas vind… sodat kleingelowiges (selfs ek) net weer kan glo)
Ons God is groot, en daar is so baie dinge wat om ons gebeur wat ons net moet raaksien, engele wat Hy stuur op ons pad. Siebert – Ek glo dit moes gebeur, anders was daar nie nou `n storie, nie engele nie, nie mense wat uit hulle pad gaan om te help, nie mense wat se geloof verstrek nie. En Siebert die Here toets jou nie, ek kan nie dink dat die hele lewe `n toets is nie want kyk dan “fail” ons almal. Dalk is daar nog mense soos jy daar buite wat net weer iets goeds in die lewe moes sien en die is net dit. ALMAL het reg tot eie opinie en die familie sien dis die Here se engele wat hulle gehelp het. Wie is ons om hulle geloof te vertrap deur te sê “hoekom dan nie vroeer iets doen”

Siebert Mazus ·

Charlene, jou ‘antwoord’ maak geensins sin nie. Hie is die vraag weer: Kon daai Engele nie ingegryp het voor die rooftog instede van daarna nie?

Danie Kok ·

Siebert, ek weet nie of jy ‘n Godgelowige persoon is nie – uit jou kommentare blyk dit nie so nie. Natuurlik verstaan ons as Godgelowiges nie alles nie, maar ons besef dat God soewerein is en aan geeneen van ons ‘n verduideliking skuldig is nie. Hy is die Pottebakker, ons is die klei – Hy kan met Sy maaksel maak soos Hy wil. As jy wel ‘n wedergeborene is sal jy die volgende Skrifgedeelte begryp en behoort dit jou vraag hopelik te beantwoord. Deuteronómium 29:29 : “Die verborge dinge is vir die HERE onse God; maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid.” 1933 Afrikaanse Bybel. God het ons nie nodig nie, ons het Hom wel nodig. As jy ‘n nie-gelowige is sal bg geen sin vir jou maak nie…

Buurman ·

Die skakel na die fondsbesonderhede werk nie. Kan Maroelamedia asb daarna kyk?

Moeks ·

Sterkte aan Johan en sy gesin. Wanneer ek sulke nuus lees en elke dag eer ek God want dit is net genade wat my en my dogter deur ‘n gewapende roof gedra het. Dankie aan al die mense wat hierdie gesin bystaan.

Veronica ·

Johan , ek verstaan jou vrae . . . . . .maar gaan soek jou antwoorde in GOD se woord.

jacques ·

Gee weer hoop vir die lewe om te sien daar is nog mense met geld wat omgee vir die res van ons.
Dankie baie daarvoor wat jy gedoen het,
Bly julle is ok hy klink na n sterk man hy sal ok wees.

Rakker ·

Ons Vader se Hand kan duidelik hier gesien word. Ons moet almal bid vir Sy Beskerming!!!

Koos ·

Johan, ek lei uit aan jou laaste sin dat jy God nie dien nie, hoe Hom dan vra om jou te help? God en Godsdiens is glad nie so ‘n snaakse verskynsel nie. As jy in ‘n verhouding met hom staan is selfs die dood nie ‘n straf nie, maar ‘n deur gang na Hom toe. Onthou net asb die volgende woorde wat ek as jong man raak gelees het: Die Ewigheid is hel sonder Jesus. Ek kan nie hier met ‘n paar woorde jou geloofoortuiging verander nie, maar weet asb dat ek vir jou sal bid. As jy nie Glo nie sal dit jou nie pla nie, maar wat as……………….?

Barend ·

Nou watter god is dan die regte een? Hoe weet jy? Jesus was ‘n Judais wat vir die God van Deut 6:4 die Joodse Shema gebid het. Was hy reg?

Koos ·

Barend, hoekom so hard probeer om my aan te val. Ek is nie die een met geloof oortuigings probleme nie. Ek sal nooit in hierdie klein forum die Bybel vir jou kan uit le nie, en ek moet bieg, ek glo dit sal meer vrae as antwoorde vir jou en my uit bring. My punt is net dat die familie van Johan in Engele glo, net so ek ook en miljoene ander mense ook, Ek glo in God die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Ek reken seker my geloof maak die antwoorde op julle vrae meer duidelik, al verstaan julle dit nie. En nee ek dink nie ek is beter as enige ander mens op die aarde nie, ek sien net ny God as die Een wat in Beheer is.

Siebert Mazus ·

Maklike vraag.

Kon daai “Engele” nie ingegryp het voor die rooftog instede van daarna nie.

Anna ·

Voor die tyd was daar niks kostes wat gedra moes word nie. Dit is eers na die aanval toe hulle die hulp met die kostes nodig gehad het. Die gemeenskap was so gaaf om te help daarmee.

Ben ☺☺☺ ·

Ok , ek verstaan jou vraag. Ons as mens het vrye wil op die aarde. Ons kan maak wat ons wil – goed of sleg. Dit beteken dat God nie mag inmeng in jou lewe nie, anders is jy `n puppet. Die slegte ou skiet die goeie ou – Hy mag nie inmeng daar nie, maar die ander ouens wat die chopper betaal het en die hospitaal rekening, het die nood raakgesien en gehelp. Dis wat hulle bedoel, God se hulp het deur middel van die mense wat omgee gekom.

Streicher ·

Siebert. Al was dit in my vermoe om jou nou die regte antwoord te gee, sou jy dood eenvoudig verder fout gesoek het. Indien jy verkies om nie te glo nie, is dit jou reg. Net soos wat dit vir die wat glo n reg is. Om nou hier op en af te hardloop en almal aan te val, is n duidelike teken dat jy daarop uit is om te stirr. Ek ken iemand soos jy, hy glo glad nie. En die rede? Hy het aan die slaap geraak met n verwarmer en blameer God, omrede God nie die tragedie gekeer het nie. Intussen was hy net soos ek en jy geseen met n gesonde verstand, wat hy verkies het om nie te gebruik nie. Ek is seker jy het ook in jou lewe al op jou kniee gestaan en gevra dat God ingryp, wat toe duidelik nie gebeur het nie. Om te twyfel is menslik, wat jy doen is bloot astrant en n bewys van jou arrogansie. Sterkte vorentoe, en ja. God het jou ook lief.

Veronica ·

Siebert , ek gaan jou antwoord op jou vraag! NEE daai ” Engele” kon nie ingegryp het voor die rooftog instede van daarna nie WANT ….. Die rooftog MOES mos eers plaasvind! Want hoe anders sou die inwoner geweet het hy of sy moes betaal vir n mediese helikopter en hoe sou n ander inwoner geweet het om die deposito te betaal en hoe sou die ambulans rekening afgeskryf kon word nog voor iets kon gebeur het? JY verstaan en lees die berig verkeerd. Die sogenaamde ” Engele ” wat hierna verwys word is n manier om te verduidelik dat ” samaritane” NA N ROOFTOG iets wonderliks gedoen het vir mense wat hulle nie eers ken nie! JY het telkemale mense wat kommentaar hier gelewer het pertinent gevra ” kon daai engele nie voor die rooftog ingegryp het instede van na die tyd nie ” SO jy praat mos dan ook nie van regte ENGELE nie ( wat in die hemel woon ) want nerens in die bogenoemde berig word daar gese dat REGTE ENGELE MET VLERKE na die rooftof ingegryp het nie ????????

Lettie ·

My hart gaan uit aan die gesin en hoop jul sterk gou aan. Een ding wat ons almal vergeet is dat ons is hier met geleende tyd en ons lewens is kosbaar elke minuut of sekond van die dag. Ons as mens kan Hom nie bevraagteken nie maar net Dankie sê dat sy Hand van Beskerming oor hulle was toe die aanvallers daar was. Dankie vir die Engele wat daar was.

Veronica ·

Barend , soveel nyd teenoor n wildvreemde persoon wat jy nie eers ken nie, en dan word sy dominee ook sommer hierby ingesleep . Klink vir my jy moet dalk n dominee gaan sien en jou kwellinge daar uitsort. GOD is almagtig en alwetend en dis hoekom HY GOD genoem word, dis hoekom ons nie al die antwoorde ken nie want HYS GOD. Eendag sal ons ten volle weet (soos die Woord se) maar nou weet ons net ten dele . . . .

Tamzon du Plessis ·

Dit gaan my verstand te bowe dat ouens nie medies fondse het . Daar is baie billike hospital fondse wat deur die grootste fondse beskikbaar is wat enige ou op straat kan bekostig, As jy onder ‘n sekere salaris verdien kan jy dekking kry teen baie goeie tarief. Kyk na jou eie sake en moenie op ander ouens se goedhartigheid teer nie,. Dis simpel!

Nina ·

Werklik? Kom ek sê jou hoekom BAIE mense nie medies het nie: Want dit is belaglik duur! Ons was slegs 3 op die medies, teen bykans R6 500-00 pm! Dit was nie eens een van die ‘beter’ planne nie. Hospitaalfonds na kwotasies; bykans R5 000-00 per maand.

VERDER, het mense uit hul eie gehelp, omdat dit HUL keuses was. Nie joune nie. Mag jy NOOIT hulp nodig hê nie. Jy sal tog nou nie op ‘n ander wil ‘teer’ nie, of hoe?

Paul ·

Wat my betref moet die Staat jou mediese koste dra as jy deur kriminele leed aangedoen word. Waarom moet jy daardie geweldige kostes dra waaraan jy geen skuld het nie. Die Staat is indirek verantwoordelik vir elke krimineel se dade.

jacques ·

Jy is walglik ou maat ,jy moet maar hoop jy klim nie eendag in n swaarkry bootjie nie want jou tiepe sal dit nie maak nie.Hulle het ook nie gevra daarvoor nie dis aangebied.

wes kaap ·

Dankie vir U Liewe Vader, dat U mense gestuur het om hierdie man in nood te help, ek wens hom vinnige herstel toe!!!!!

Leonie van Vuuren ·

Die vraag wat almal moet vra (ipv vas te haak by teologie) is hoe so iets in ‘n plek soos Marlothpark gebeur. Ons het die Junievakansie daar gekamp en sekuriteit was baie streng. Inside job?

Chanel ·

Johan. God is ‘n God van liefde. En Hy het defi itief hier ingetree vir een Sy kinders. God toets ons nie deur o s in die maag te laat skiet nie of dogetretjies te laat verkrag nie. Nee! Dis mense en hul keuses wat dit doen. Dit was ‘n mens wat boos is en deur satan verlei en muslei is om sulke booshede te doen. God het alnal n vrye wil gegee om self te kies. Maar voorwaar het God ingegryp. Alle eer aan Hom

BUSFARK VAN PLETSEN ·

[ Barend jy maak my batterye nat hou by die onderwerp en hou op mense aanvaal asb jy gooi ons almal van die storie af ] ………… Johan sterkte vir jou en jou gesin jys nie iemand wat sonder handskoene aangevat word nie 4 rovers aangevat en 2 gewond met hulle uie wapen dis goed eks trots op jouveg gees mag dit net goed gaan

Sumari ·

Ek dink Maroela moet sorg dat mense nie meer kommentaar kan lewer nie, want mense val mekaar altyd aan of hulle sê goed wat meeste van die tyd niks met die berig uit te waai het nie. Oom Johan ek bid dat oom vinnig sal herstel en dankie ook vir die mense wat hulle gehelp het. Ek wens net witmense kan saamstaan en ophou mekaar aanval.

TT ·

Siebert Mazus – GOD WORKS IN MYSTERIOUS WAYS, GOD HAS A REASON FOR ALLOWING THINGS TO HAPPEN. WE MAY NEVER UNDERSTAND HIS WISDOM, BUT WE SIMPLY HAVE TO TRUST HIS WILL. A HEARTBREAK IS A BLESSING FROM GOD. IT’S JUST HIS WAY OF LETTING YOU REALIZE HE SAVED US FROM THE WRONG ONES. THEREFORE EACH AND EVERYONE OF US HAVE A GARDIAN ANGEL INSIDE OFF US AND THAT IS GOD – CONCLUSION ” TO BELIEVE IN GOD IS A GARDIAN ANGEL IN OURSELVES AND OTHER PEOPLE

Anri Cotton ·

Hi julle, ons het die saak opgevat met Maroela Media oor die link wat nie werk nie, maar die bank besonderhede is:

In His Honour Outreach Foundation
Absa
Account 9244722025
Branch 632005
Ref Johan Helberg
Baie dankie.

Nico Strydom ·

Maroela Media moedig debat aan, maar waarsku deelnemers aan die debat dat Godslasterlike kommentaar en opmerkings wat beledigend of neerhalend is teenoor ander kommentaarleweraars nie geduld sal word nie, en dat ons die gesprek dophou om summier kommentaar van dié aard te verwyder. Solank lesers hulle by die onderwerp bepaal en mekaar nie aanval nie, sal ons die debatvoering toelaat.

Lees gerus ons bepalings en voorwaardes hier:
http://maroelamedia.co.za/bepalings-en-voorwaardes/

Hennie ·

Dankie Nicolaas. Ek was op die punt om dieselfde te vra. Hierdie mense is heeltemal van die onderwerp af en hoort nie hier kommentaar te lewer nie. Daar is genoeg ander plekke waar hulle kan gaan rond ploeter. Maroela is vir ordentlike mense.

Hartseer ·

Ek wil elkEen net sterkte toewens, en iets bylas as ek mag, ek wens en beny elkeen se geloof wat so sterk is, wens ek kan dit voel vandag waar ek om hulp smeek net na kos, en n beter werk! Doen tans werk vir n salaris wat skaars n woonstel kan betaal. Help gebed regtig?

Sakkie Pretorius ·

Ek dink dit is hoog tyd dat die regering moet betaal vir families en slagoffers van geweld in die land aangesien hulle te pateties is om iets omtrent die geweld te doen. Dagvaar die regering vir al die onkostes en ongerief.

Genis ·

Liewe Hartseer, die Here is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees. Ps. 34:19
moenie ophou bid nie

Wiehan ·

Siebert kom asseblief net by. Jy gaan aan soos ‘n kind wat nie sy sin kry noe.

Leana ·

Ai tog! Wee jy!! Moet daar altyd ‘n geveg wees onder hierdie omstandighede.

Sterkte aan Johan Helberg en sy familie. Ek wens hom n spoedige herstel toe.

Jo-Ann Cordier ·

More almal, eks Johan se skoonsuster, dankie vir almal se hulp en bydraes, julle is werklik awesome, dankie dat almal so mooi opstaan vir Johan, in ons oe is hy n hero wat sy gesin beskerm het, want hyt soos n bestene geveg vir hulle lewens, ek weet ekt gesien hoe hy geveg het na die tyd, die getuienis op die toneel het dit bevestig, dis vir altyd in my brein ingebrand! Ongelukkig kon niemand vooraf geweet het wat sou Maandagoggend gebeur het nie! God het engele in vorm van mense gestuur om ons familie in hierdie tyd by te staan, mense van heinde en verre, God se genade is groot!! Dankie aan al julle engele, ons sal dit nooi ooit vergeet nie en ek glo dat Johan en my skoonsus beslis saam my sal stem. Hulle gaan deur n vreeslike moeilike tyd, om nie eers van die kinders te praat nie!! LOVE YOU ALL!!!!!!!!!!!!!!!!!

Armando ·

Baie rook, warm wind, spieëls en raaisels… maar geen antwoorde nie. Siebert se vraag staan nog onbeantwoord: Hoekom word die kwaad nie gekeer voordat dit gebeur nie? ‘n Liefdevolle God sou dit tog kon vermag as hy wou?

Ai ou siebert wat fout met jou? ·

Suid afrika verval in totale anargie…
Ongelooflik hoe vinnig hul die anc n goeie funksionerende land in 20 jaar kan afbreek tot terug in die prehistoriese tyd… Anc IS useless “gifted” regtig….
Wat is fout met jou Siebert??
Gaan na n dominie en gaan sit en vra hom die vrae, die forum is nie die plek of tyd om om afkrakend te wees nie of jou geloof op te soek en ander sin te probeer afkraak nie.
Net my opinie maar ek dink persoonlik die slegte het meer invloed op ons lewens hier op die aarde en die beproewings is altyd daar, ek wonder soms hoe mense sulke dade kan pleeg teenoor hul mede mens,hoe kan daar sulke slegte mense wees??, Daar is ok gelukkig goeie mense. Dit laat my besef daar is n Satan wat ons wil vernietig as die mensdom. Bewapen jouself met die woord van God om jou deur die swaar tye te trek want daar sal beslis van daai tye oor ons lewens kom.
Dis maar vir elke mens om sy eie besluite te neem en pad te volg wat hy wil……soos hul se jy slaap in die bed wat jy maak…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.