Pa van PE word vermis

Morne Pretorius (Foto: Facebook)

Morne Pretorius, ʼn 37-jarige pa van Port Elizabeth, word sedert Vrydag vermis.

Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het gesê Pretorius is Vrydagoggend omstreeks 09:30 laas by sy vrou se werksplek gesien.

“Deur die loop van die dag het Morne sy ma gekontak en haar versoek om sy seun by die dagsorg op te laai, en haar later deur die loop van die dag ook gevra om sy vrou by die werk op te laai, omdat hy laat sou wees,” het Janse van Rensburg gesê.

“Sy vrou was agterdogtig toe sy hom probeer kontak het, maar sy foon afgeskakel was. Sy vrou het oral gesoek waar hy moontlik kon wees en omstreeks 17:30 is sy motor, ʼn blou Chery QQ, verlate gevind by Maitland-strand. Sy vrou het toe Kabega Park-polisiestasie gekontak om hom as vermis aan te meld.”

ʼn Soektog is Vrydagaand van stapel gestuur in Maitland en duur Saterdag voort. Alle pogings om hom op te spoor, was tot dusver tevergeefs. Hy het, toe hy laas gesien is, ʼn wit kappietop aangehad met ʼn swart noupyp denim.

Enigiemand wat weet waar Pretorius hom bevind word versoek om Kabega Park-speurders te kontak by 082 302 6159.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.