Pa van PTA tydens huisbraak geskiet

Argieffoto

Argieffoto

Die Akasia-polisiestasie ondersoek ʼn saak van huisbraak nadat ʼn 44-jarige man Woensdag in die vroeë oggendure in die noorde van Pretoria geskiet is.

Maroela Media het vroeër berig die man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal ná ʼn skietvoorval omstreeks 03:00 in Wildebeesrylaan in Hesteapark, Akasia plaasgevind het. Lees meer hier.

Kapt. Riana van Aarde, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

“Na wat verneem word, het twee gewapende mans die slagoffer se huis betree. Een van die mans het ʼn vuurwapen gehad,” het Van Aarde gesê. “Inligting is nog skaars, maar ons kan bevestig dat die huiseienaar tydens die voorval geskiet en in ʼn kritieke toestand na die hospitaal geneem is. Sy vrou en tienerkinders was tydens die voorval in die huis.”

Die man se naam kan nog nie bekend gemaak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Elke dag lees jy van al die onnodige sinnelose skietery en moorde. Wanneer gaan dit ophou? Wanneer gaan iemand sy salaris verdien en begin optree? Dinge kan nie so aangaan nie !!

Heila Fourie ·

Theresa, geweld, aanrading, plunder, roof en moord gaan nooit stop nie, nie voor hul al ons grond, huise, skole, rugby en ander sport, ensovoorts ingepalm het nie. Dit is ‘n feit dat alle blankes stadig maar seker uitgemoor word en daar is tog blankes wat met hierdie moordtog saamstem.
Heila

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.