Pa van twee sterf ná voorval met uitsmyter by nagklub

Allen Eksteen. Foto: Facebook

Allen Eksteen. Foto: Facebook

Allen Eksteen, ʼn 34-jarige pa en veiligheidsbeampte van Krugersdorp in Gauteng, word Vrydag begrawe nadat hy oor die naweek ná ʼn voorval met ʼn uitsmyter by ʼn gewilde nagklub in die dorp dood is.

Sers. Tshepiso Mashale, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Eksteen is glo Saterdagaand omstreek 21:45 tydens ʼn onderonsie met ʼn uitsmyter by die nagklub geslaan.  Volgens ooggetuies het die uitsmyter Eksteen glo in sy gesig geslaan.

Eksteen, ʼn reaksiebeampte van Endurance Pride Respect (EPR) Security, was nie aan diens toe die voorval plaasgevind het nie.

Die oorsaak van die onderonsie word ondersoek en die polisie het verklarings van ooggetuies en personeel van die nagklub geneem. Die voorval het buite die nagklub plaasgevind.

Lede van die plaaslike gemeenskappolisiëringforum (GPF) het by die toneel opgedaag en Eksteen op die grond aangetref. Hulle het begin noodhulp toepas totdat paramedici van Netcare 911 met hul aankoms by hulle oorgeneem het. Paramedici het tevergeefs probeer om sy lewe te red en hy is op die toneel dood verklaar.

Die uitsmyter het homself daarna aan die polisie gaan oorgee en is aangekla van moord. Die 49-jarige man, wie se naam weerhou word, het vroeër vandeesweek in die dorp se landdroshof verskyn. Die saak is tydelik teruggetrek vir verdere ondersoek en hy is vrygelaat.

Johan Krogh, algemene bestuurder van EPR Security, waar Eksteen sedert 2011 gewerk het, het Eksteen beskryf as ʼn hardwerkende mens wat sy werk ernstig opgeneem het. “Hy was baie hulpvaardig en het uit sy pad uit gegaan vir ons kliënte,” het Krogh aan Maroela Media gesê. “Ons innige simpatie en meegevoel gaan aan sy familie, vriende en kollegas.”

Eksteen word Vrydag om 10:00 vanuit die AGS Krugersdorp Sentraal begrawe.

Hy laat sy vrou, Khriska en twee seuns agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Anton ·

hoe tragies en onnodig, se vir my die uitsmuiter is nie n kaal kop steroids man nie

bridgette ·

Genade ! Hoe gebeur so iets met so baie mense rondom hulle . Drank is weer hier ter sprake ! Die een weer striker as die ander . Wonder maar net waar sy vrou was en die kids ? Seker by die huis en paps het gaan jol .

armand ·

Weer een van daai gevalle , waar n bier gaan drink en plaas van huis toe gaan die hoogtepunt was. Nou sit sy arme vrou met 2 kinders sonder n inkomste . Gaan my verstand te bowe hoe die oumans by kuierplekke uithang en dink dis cool . Walglik om die minste te se . Die bouncher het seker maar net sy werk gedoen , en sal niemand uitgooi as hy onskuldig was nie . Waar was sy vrou ? Kinders op gepas ?

Gerhard ·

‘n Ou sal nie weet nie, dalk het hy sy 16-jarige nefie daar gaan uitsleep. Dis beter om maar liewer stil te bly as ‘n ou nie die feite ken nie.

Dave ·

Heeltemal reg Gerhard. Die armand ou is baie beterweterig terwhyl glad nie weet wat aangaan.

CHRISTA ·

Is ons polisie en ons samelewing nie geweldadig genoeg nie? Nou probeer die uitsmyter by hulle aansluit!!!

WIllie Brits ·

Jip Gerda, dis ‘n geval van jou met die semels meng… my opine ook.

Gemaskerder Kopbeen ·

Vat so Armand ! Ek stem saam met jou , jy slaan die spyker op die kop. Kan nie wag vir jou eerlike opinies nie !

Retha ·

Jy ken nie die omstandighede nie – dalk het hulle saam besluit dis ok, hy gaan bietjie uit daardie aand. Mag die mense nie ook die lewe geniet en bietjie ontspan nie? Sjoe, van julle is darem maar erg gou om te oordeel! Onthou net, julle sal met dieselfde oordeel geoordeel word.

Mama ·

Jul ken nie die feite nie, dit het al vantevore gebeur dat iemand ook daar dood is en niks word omtrent dit gedoen nie. Daardie klub is die vieslikste nes wat ‘n mens kan kry in Krugersdorp-Wes. Kan nie glo met alles waar daargebeur dat daardie klub nog nie toegemaak is nie. Maar weer eens dit is wie jy ken, dan kom jy weg met moord Kom ons kyk of hierdie kommentaar geplaas sal word.

bridgette ·

Beste Mama , as dit dan so vieselike plek is , wat soek die mense daar ? Hang jy dan ook daar uit ? Die feit bly staan , hys dood , en ek glo hy was by die verkeerde plek , hy moes by sy huis gewees het . Morele waardes in die huwelik beteken vir party mos niks !!! Party , Party !

Polka ·

Sterkte aan die familie wat deur ondeurdagte optrede sonder pa, man en broodwinner moet sit

SNEL ·

Wie is ons om n klip te gooi, hy sit in n kroeg, ons lieg, bedrieg, verloor humeur, verneuk jou eggenoot of behandel jou ouers soos gemors, kyk na goed op die internet of boeke wat nie van pas is nie, so wie is ons om n vinger te wys. Sonde is sonde en verkeerd is verkeerd en so doen elkeen van ons elke dag ook iets verkeerd. Hoekom hy daar was weet net hy en of die lewe gedruk het en dit sy eerste aand uiy was en hy net wou relax en of hy daar geboer het weet ons ook nie. Mens het ook nie n nagklub nodig om te suip nie, party doen dit sommer by die huis en dan moet die vrou en kinders die slimmighede verdra en sluk of die houe vat soos hulle kom. Punt is geen uitsmyter moet so optree dat n persoon sy lewe verloor nie. Hierdie is moord. Baie sterkte aan sy vrou en kinders. Hoop regtig die plek maak toe as ek so na Mama luister, en mens het nie nodig om in n plek te wees om te weet dat daar onheil aan die broei is nie.

Illa ·

Uitstekende kommentaar, Snel. Ek stem volhartig saam. Ek kry altyd die familie van die oorledenes jammer wat hierdie kommentare moet lees. Maak nie saak wat die omstandighede, hul het ‘n geliefde verloor. Goed of sleg, hul was lief vir die persoon. Wat baat mense daarby om die man te kritisseer – hy is weg, hy gaan dit tog nooit lees nie. Wie dit wel lees is sy geliefdes – addisioneel tot die seerste seer wat hul moet verwerk, moet hul nou nog hierdie ondeurdagte, beterweterige, selfsugtige aanmerkings ook verwerk. Dis so onnodig – wie baat regtig daarby?

Boesman ·

My 2 sente: ek (42) gaan saam met my vrou (38) en kinders (18+18) na Presleys (Pretoria) om ‘n lekker tyd te he. Absoluut niks daarmee verkeerd nie. Ons gaan om te dans en nie om drank te misbruik nie. Ja ons kuier tot 4am maar is dood nugter as ons daar uitgaan. En flippen honger ook van al die energie verbruik lol. En weet julle wat? Ek lyk soos ‘n skinhead bodybuilder maar ffs almal los jou uit as jy jou eie ding doen. Almal hierbo wat so kommentaar lewer: was julle daar? Weet julle wat gebeur het? Gaan julle ooit na clubs toe? Of is julle maar net armchair spectators wat niks beter het om met julle lewe te doen nie. Ek dare julle: gaan na ‘n decent club – en geniet bietjie jou lewe! BTW Pretoria is seker dan ook maar nie Krugersdorp se mense nie.

Werner ·

Tot die dag wat ‘n bouncer jou foeter of iemand jou vrou of kinders se drankie spike… Ons praat weer.

Klitsie ·

En jy luister na Steve en support die bloubulle – ‘n ware brother in arms vir my Kokkie!

Ina Smith ·

Ek gaan vra soos wat ek op FB ook gevra het . Hoekom het nie 1 van die ‘ oog getuies ‘ hom gehelp nie .. Hoekom het hulle nie die ‘ bouncer’ probeer oorrompel of keer nie ,, ??? DIe mense wat gekyk en het of gesien het wat gebeur het is net so skuldig soos die ‘ bouncer ,, dit is nie die ‘ club’ se skuld nie dis keuses wat mense maak om nie betrokke te raak nie . te drink . humere te verloor en ‘ moeilikheid te veroorsaak .. met nadelige gevolge .. ,, Innige simpatie aan die persoon se familie en ‘ vriende’

Peet J ·

Ek voel jammer vir die ma en kinders, was dit nou regtig nodig om so wreedaardig op te tree om die ander persoon dood te slaan is hierdie nie ook maar net weer ‘n geval van geen respek vir ‘n ander mens se lewe wat daagliks in ons land gebeur nie?

Martie Mare ·

die feit bly staan die arme man is dood geslaan deur n Bouncer en dit was onnodig, n mens kan nie net slaan soos jy wil nie daar is wel n wet war jou daarteen beskerm en die ou het al verskeie mense so aan gerand een van ons vriende was ook by die gemors plek want die jong mense hou daarvan om poel daar te speel hy is n rustige mensie en hy self het huis toe gekom met n blou opgeswelde oog so ja en dit gebeur deesdae orals maar die eienaar van Lime Lite wil altyd onskuldig voorkom daar is al 3 mense daar dood en die bouncer is net so gemors soos die plek.

arizona ·

Ek dink nie julle verstaan mooi die konsep van die bouncers by daai klub nie. As enige iemand in meng gaan jy ook pakslae kry, daai spesifieke mannetjie wat hierdie arme man dood geslaan het wys gereeld sy spiere vir die mense wat daar uit hang. Ek self kuier nie daar nie want dis n hool, maar ek en my vriendin het menige tye haar broer daar gaan uit haal. Dieselfde man wat verantwoordelik is vir hierdie man se dood is niks meer as n steroids koppie nie. Daai klub is n nes en sy eienaar/es draai altyd n blinde oog vir die mense wat daar aangerand word.

Anina ·

Al het hy fouteer om daar te wees terwyl ma kinders op pas by die huis regverdig dit nie die dodstraf wat hy gekry het nie. Al was hy daar het hy nog die reg gehad om lewend daar uit te kom en na sy gesin terug te keer, Moord is gepleeg en iemand moet boet daarvoor. Miskien was dit net n onskuldige drankie. Hoe sal enigeen van ons wat nie daar was nie weet. die man het dalk van die werk af net n drankie gaan drink voor hy huis toe gaan. n lewe is geneem en dit moet betaal word. n oog om n oog. Aan sy naasbestaandes wil ek net se. Ons is so jammer oor julle verlies. Mag die skuldige boet. Sterkte

Johannes ·

Ek stem nie saam nie, n uitsmyter word opgelei om hom self teverdedig. Dit wil se sonder om die ander persoon ligaamlik aanterand. Die die uitsmyter ken nie sy plek en is n gemors as hy sy veiste vir n klient lig. Ek maak hom skuldig aan moord want hy het nie die reg om n lewe teneem nie en moes die persoon eerder in n greep gesit het en hom verwyder het. Die komentaar van die lesers wat die plek besoek ,moes die persoon al agter tralies gewees het. Sterkte aan die fam. My gebede is met julle.

EMK ·

Johannes wat is veiste? Terloops, wie weet of die man so onskuldig was? Moenie net uitsmyter blameer as jul nie AL die feite ken nie. Hy het dalk homself verdedig en toe het dit op die ongelukkige voorval uitgeloop. Dalk was die ou ‘n moeilikheidmaker. dis juis die ding as jy sulke plekke besoek en moeilikheid maak kan dinge handuitruk. Wat soek ordentlike mense (en getroudes alleen?) by sulke hole? BLY WEG van die tipe plek, veral een wat alreeds ‘n reputasie het!

Johannes ·

EMK, VUISTE is die goed wat links en regs op jou arms is. Hulle is gemaak om tewerk en nie tedood. Ek oordeel die uitsmyter ja. Wat maak dit saak of die persoon getroud kinders het en n drankie gaan drink het. Wat maak dit saak of die persoon n moeilukheid maker is? Wat saak maak daar is moord gepleeg deur n persoon wat opleiding het om iemand tekan seer maak.Nog n vraag hoekom altyd iemand klas wat by n plek n dop gaan drink? Dalk is die die naaste aan sy huis en was nie nodig om tery nie, dalk is hy genooi deur vriende? Wie weet, ek klas nie mense wat sekere plekke uithang nie. Ek respekteer mense oor wie hulle is en nie vanwaar hulle kom nie. En getroudes aleen regtig? Leef jy in 1980? As jy respek het vir jou beter helfde en jou huwelik voor God bevestig, hoekom mag jy dan nie aleen uitgaan? Jislaaik tannie koek se kinders moet by kom ons is al in die 2000.

Mariaan ·

Ek sal net graag wil weet wat ‘n 38-jarige by ‘n nagklub soek en wat het hy gedoen dat die ou hom slaan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.