Pa van twee, vier keer geskiet

James Reed. Foto: Verskaf

James Reed (43), ʼn oudpolisieman en nou veiligheidswag wat geldwaens begelei, is Donderdagoggend glo vier keer, onder meer met ʼn AK47-aanvalsgeweer, geskiet.

Reed, ʼn inwoner van Polokwane in Limpopo en pa van twee kinders, veg om sy lewe in die MediClinic Tzaneen ná ʼn mislukte transitorooftog vroeër die dag buite Tzaneen.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 09:30 op die pad tussen Modjadjiskloof en Tzaneen, naby Hoërskool Merensky, plaasgevind.

“ʼn Groep gewapende verdagtes het die geldwa aangeval en verskeie skote is gevuur. ʼn Veiligheidsbeampte [Reed] is geskiet en gewond. Geen geld is gebuit voordat die verdagtes van die toneel gevlug het nie,” het Ngoepe gesê.

Reed se vrou, Charlene (40), het vanuit die hospitaal aan Maroela Media gesê dit is nog nie duidelik wat presies gebeur het nie. “Hy kon vinnig met ons praat voordat hy teater toe geneem is vir ʼn operasie,” het sy gesê.

Na wat verneem word, het Reed ʼn geldwa begelei toe die groep aanvallers glo in vier voertuie toegeslaan het. Hy is in die begeleidingsvoertuig in die rug geskiet waarna die voertuig tot stilstand gekom het. Die verdagtes het hom glo twee keer in die bors geskiet voordat hulle hom in een van hul motors in gedwing het.

Die aanvallers het met hul motors en Reed se motor agter die geldwa aangejaag, wat toe etlike kilometer verder was. Reed se motor het egter naby die hoërskool ontklaar geraak.

Hulle het Reed in ʼn stadium uit hul motor in die veld gegooi en weer op hom geskiet. Die aanvallers is na bewering afgeskrik toe wagte vanuit die geldwa op hulle geskiet het, waarna die verdagtes met leë hande gevlug het.

Reed het intussen na die pad gekruip waar ʼn bejaarde vrou in haar motor tot sy redding gekom en hulp ontbied het. Hy is vandaar na die hospitaal gehaas.

Charlene en Reed se ma, Annette, en ander geliefdes waak by sy bed. Die Reed-egpaar het ʼn 21-jarige seun en ʼn 22-jarige dogter.

“Sy toestand is stabiel,” het Annette aan Maroela Media gesê. “Hy is aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel en word onder verdowing gehou. Hulle gaan môre weer ʼn operasie uitvoer want hy het baie bloed verloor en is baie swak. Twee koeëls sit nog in sy bors vas.

“Ek sal graag wil weet wie die bejaarde dame is wat stilgehou het, want al die ander karre het verby gery toe hy hulp gesoek het. Ek sal haar graag wil bedank want sy het my seun se lewe gered,” het Annette bygevoeg.

Ngoepe het gesê ʼn volskaalse soektog na die verdagtes is van stapel gestuur. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Han ·

Sal darem net graag wil weet (eintlik weet ek!) hoe die aanvallers van ‘n geldwa weet wanneer en waar ‘n geldwa op pad is. Daar kom darem net te veel van hierdie aanvalle voor! Ek ruik ‘n rot: binne-inligting is hier ter sprake.

Cherokee ·

Soos jy sê Han, binne-inligting beslis. En baie dankie dat jy die inside-jobbers Afrikaans leer.

Marinda ·

Sterkte aan julle almal.

Ek bid dat James ten volle sal herstel.

Johann ·

Neem aan ons moet nie juis ons asem ophou vir n Minister om hom of haar simpatie te betoon nie. Soos Lindiwe Sisule doen wanneer n jing swart vrou by haar koshuis geskiet word? Sou graag Sisulu se kommentaar wou hoor op NOG n voorbeeld van haar en haar ANC se definisie van n beskaafde veilige SA?

Neilia ·

Die is ons vriende , ek smeek die polisie om die skuldiges vas te trek. Niemand verdien dit veral nie hierdie mense. Bid asb vir hulle , hulle het net goedheid in hulle harte,.

Sp ·

Mag die Here ñ wonderwerk bring dat hy ten volle herstel. Sterkte aan sy gesin.
Ons moet ñ kollektiewe regsaksie teen staat bring want hul is onbevoeg om geweldsmisdaad effektief hok te slaan.

Elle ·

Paragraaf ses lees hy is in die begeleidingsvoertuig in die rug geskiet.
Ek dink hul moet die ondersoek by die informasie begin.

Neilia ·

Hy het met sy eie voertuig gery, sy voertuig het geen benaming of plakkers op om te sê dat hy hulle begelei. Eerstens swak van die werkgewer om hulle mense se lewens in gevaar te stel. Want niemand behalwe die wat saam hom werk weet hy begelei in sy eie voertuig. Sover my kennis strek het hy gewone klere ook aan gehad . So nou vra ek , wie en wie?

Geskok ·

Wat my die meeste ontstel van hierdie berig, is dat ek myself moes afvra; sou ek so vol moed soos die bejaarde tannie wees om langs die pad te stop wanneer ñ bebloede man uitkruip met sy laaste krag vir hulp? En ek kan eerlik nie ñ ja of nee antwoord gee nie! Ontstellend dat ek tot hierdie punt van vrees vir my eie veiligheid gedwing word om so ñ vraag nie eerlik te kan antwoord nie. Mag die bejaarde vrou wat gehelp het seën ontvang vir haar goeie daad. Wat as dit een van my geliefdes was wat hulp nodig gehad het, en uit vrees was niemand bereid om te help nie. Ek bid dat Abba vir my onderskeiding sal bring indien ek myself ooit in so ñ situasie bevind.

Helene Heyns ·

Ek haal my hoed af vir hierdie dame wat gestop het om te help. Hoeveel van ons , ek inkluis, sal die moed hê om dit te doen?

LIZZIE ·

Die was ook my gedagte! Dankie aan die bejaarde dame wat gehelp het, met al die ‘streke’ daar buite, is mens nie aldag seker oor jou eie veiligheid in so situasie nie. Sterkte James!

Jy sal as jy moet ·

Wanneer die Here vir jou sê on te stop, sal jy stop. Die tannie het, soos my ma sal sê:”na haar stemmetjie geluister. (Gewete). En daarom geweet sy sal veilig wees.

Petro ·

Ek bid dat James volkome sal herstel maar hy is nog in die hospitaal onder sterk sedasie en word moontlik vanmiddag weer geopereer (as hy sterk genoeg is) Intussen bid ek dat die “ou Tannie” (James se woorde voordat hy teater toe is) gekontak kan word sodat die familie haar kan bedank. God het deur haar gewerk om James te help anders sou hy dit nie gemaak het nie.

humor ·

Weereens daar moet dringend navorsing gedoen word met betrekking tot geldwaens en die vervoer van geld sodat hierdie misdaad tot stilstand kan kom. nVraag is, daar word bykans nooit gemeld wat is die som geld wat geroof is nie. Dit behoord tog maklik vasgestel word. Ek vermord baie sterk hierdie rowers is deel van n sindikaat van buitelandse afkoms en word erens in die land of buiteland deeglik opgelei vir hierdie rooftogte

tlc ·

ja humor ek id baie nou verwant met iemand is die besigheid AS 99% inside job met n network van geldlus en wat hul nie eers stop om te vermoor nie . hier is n witman vir dood agtergelaat ander kom nike oor nie. Sien almal nou wat gebeur as daar die gewone kar op straat gebruik word om te begelei watwou as daar geld in die gewone kar vervoer was . DIE gemerkte waens is sort van bestand en ontwerp om “veiliger” as gewone kar te wees. Waens gemerk of nie hul gaan gou uitgeken word deur middle van inside job. So ja dit gebeur nou op n daaglikse roetiene Maar ek wil jul klomp hoor die dag as die waens nie rontes doen en jy staan voor die autobank en daar is geen geld vir jou om te trek nie . So ja ek dink nie enigeiemand ander as die SWAT moet die mense begelei en dit is SA waar geen ons genoeg en opregte mense kry om die job te die NIE IN SA NIE

Gemaskerde Sopbeen ·

Spoedige en volkome herstel word u toegewens. Ek sou graag wou weet of elkeen van hierdie begeleidings voertuie en geldwaens met kameras toegerus is (in al die rigtings) sodat waardevolle inligting opgeneem kan word tydens so ‘n roof. Indien nie, is dit nie tyd om te begin om hierdie voertuie so toe te rus nie?

AlbasterGaan oor wins ·

Daar is soveel tegnologiese moontlikhede, van automatiese beskerming tot kameras en kleuring vandie note, maar daardie maatskappye doen fyn berekeninge. Menselewens is eenvoudig goedkoper as om daardie tegnologie te installeer.

Janneman ·

Dankie vir die tannie wat tot sy redding gekom het. Ek bid vir hom en sy geliefdes, hy is nog nie buite gevaar.

Weet iemanand wat geword het van die veiligheidsmeganisme wat die geldtrommel laat ontplof as dit onwettig oopgemaak word en sodoende al die geld kleur en onbruikbaar maak?

Cherokee ·

Daardie ‘veiligheidsmeganisme’ soos jy dit noem, Janneman, is ‘n wolhaarstorie.

Geen wolhaarstories nie ·

CHEROKEE daar kan ek nou eerlik met jou verskil . JY PRAAT SNERT . EK het self gesien by ons werk hoe ‘n TAS PLOF en die hele kantoor met tafels en stoele en ons mat en die geldtas BLOEDROOI bevlek is .dit is GLAD NIE maar glad nie ‘n WOLHAARSTORIE Nie .. COIN het ons geld vervoer van ons company en die outjie het ‘n fout begaan en POOF ontplof die dye pack en die hele kantoor en geld was onbruikbaar .. SO DIT IS WAAR en ek kan nie glo dat so ‘n maklike oplossing NIE GEVIND KAN WORD NIE . sodra die kluise oopgaan gaan die dye pack af .. want jy moet dit met ‘n kode of sleutel oopsluit . of selfs as die GELDWA se deur agter oopmaak moet die DYE PACK kan afgaan . .. Mens doen dit net TYDELIK totdat die gemors op ‘n einde is . WIE wil geld gebruik wat onbruikbaar gevlek is . jy noem dit DYE PACKS en dit word in SA gebruik … WAKKER WORD, jy weet NIE ALLES NIE!

Oom Kalahari ·

Daar is altyd ‘n helse groot bloulig brigade wat sekere mense vergesel na ‘n koekie en tee viering (celebration), maar die wat dit regtig nodig het word ontsien. Dit moet inligting van binne wees of beamptes wat uitdie diens geplaas is. Hierdie Tannie is ‘n God’s gegewe geskenk op daardie oomblik en wat aandeel het in die red van hierdie man se lewe. Tannie ek haal my hoed af vir jou, want jy het meer moed as wat ek sou gehad het. Met al die gebeurtenisse daagliks is mens al te bang om iewers betrokke te raak. Sterkte aan hierdie familie en ons bid dat James Reed vinnig sal herstel en met sy gesin verenig sal wees.

hendrik ·

Hou tye en roetes van die geldwa n geheim en konfiskeer al die bemanning se selfone, dan sal hierdie rooftogte met die helfte verminder word. Maw wat ek se dit is almal inside-jobs.

Criminalnation ·

Lead a country into poverty and create a nation of criminals, ek le alle misdaad in die land voor die deur van die Anc, enige een wat wil bele in hierdie land, moet regtig n special kind of stupid wees, wanneer gaan die regering se oe oopgaan, as die land tot niet gaan, gaan self hul benadeel word, nee wat ek dien nie die logic, van hul denkwyse nie, James Reed en gesin, ons dink aan julle, sterkte, en mag God saam met jul wees.

Theresa B ·

Jy is heeltemal reg Han. Dit kan nie anders nie. Dis crazy! Dit kom nou ook elke dag voor. By ‘n ander Transito rooftog het selfs die publiek nie gehuiwer om geld op te tel na die wa oopgeskiet is nie. Misdaad is stokperdjie nommer 1 in hierdie land.

kas ·

Hy het die geldwa begelei en is in die rug geskiet.Die wagte het teruggeskiet maar die rowers het weggekom.Hoe het hulle tereg geweet waar en wanneer die geldwa sou wees vir hulle om toe te slaan.Is dit nie inligting wat die wagte “verkoop” nie.

Chrisjan ·

Ek ondersteun jou siening “Criminalnation”. ‘n Vis vrot van sy kop af en die voorbeeld wat sekere van ons ‘horrible’ (o, ekskuus) ‘honourable’ members stel is: “Vat wat jy kan kan, terwyl jy kan, vir solank jy kan.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.