Pa van twee voor huis doodgeskiet

Jannie Van der Schyff met sy vrou, Lezel. Foto: Facebook

Jannie Van der Schyff met sy vrou, Lezel. Foto: Facebook

ʼn Man van Delmas is Dinsdagmiddag ten aanskoue van sy vrou in hul huis se oprit doodgeskiet.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Jannie van der Schyff (46) is deur twee verdagtes doodgeskiet.

Jannie se vrou, Lezel, het glo van die werk af gekom, die elektroniese hek oopgemaak en die erf binnegery. Daar het sy haar man met die twee verdagtes in die oprit gesien. Die verdagtes het drie skote afgevuur, waarvan twee Jannie in die maag en sy getref het. Die verdagtes het in ’n wegkommotor, ‘n silwer VW Polo, gespring en gevlug. Jannie is na die hospitaal gehaas, maar is met sy aankoms dood verklaar.

Mohlala het gesê polisielede is steeds op die toneel om die saak te ondersoek. Hy het bevestig dat niks gesteel is nie. ʼn Saak van moord is aanhangig gemaak.

Jan van der Schyff, Jannie se pa, het Woensdagoggend aan Maroela Media gesê hy is op pad na Delmas. Hy was nie heeltemal seker wat presies gebeur het nie, maar het gesê die familie sal later kommentaar lewer.

Maroela Media verneem dat Jannie en Lezel die ouers van twee jong seuns is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Leeutjie ·

Ek ook Deon, ek ook!!!! Ek lees deesdae hierdie artikels maar dit is net asof die veg in my ontbreek om iets te se.

Ben Fouche ·

Nie net hy nie. Andre Botha van Jhb is ook doodgeskiet.
Ek dink nie dit is net roof nie.

Ben Fouche ·

Nie net hy nie. Andre Botha van Jhb is ook doodgeskiet.
Ek dink nie dit is net roof nie.

Wouter ·

As ‘n mens die somme doen is dit duidelik dat meer as net roof is. Die feit dat hulle met dodelike geweld toeslaan is bewys dat ons nie meer ons lewens seker is nie.

Jo ·

Wouter, Ons leef in `n volskaalse oorlog in die land maar weier om dit te besef en te erken en ons doen niks. Sitting ducks. Gelukkig raak honderde mense per dag wakker en begin voel soos ek en Deon. Woedend ! Een of ander tyd, as dit erg genoeg gaan sal die storie gestop word. Maar almal “haai” en “oeeee” nog net.

Wouter. ·

JO, ek “haai” en “oeeeee” nie meer nie! Lankal nie meer nie…

Christanam ·

Dit lyk vir my na hit squads wat wit mans sistematies vermoor. Mag daar die moordenaars spoedig gevang word sterkte aan die familie.

Legens ·

Ek stem nie saam nie. Daar word volgens jongste statistieke amper 50 mense per dag in Suid Afrika vermoor. Een van hulle was nou vandag ‘n wit man, maar wat van die ander 49 mense wat vandag vermoor is? Hoeveel van hulle was wit mans, en hoeveel van hulle was swart vroue en kinders in townships?

Simon ·

Paar opmerkings:
– Dit is een wit man waarvan berig gelewer is, die wye media berig lankal nie meer oor al die moorde, dit is nie meer “nuus” vir hulle nie.
– Die getalle blankes vermoor mag minder wees maar so is hulle ook as persentasie van die bevolking
– Hoeveel van die “swart vroue en kinders in townships” word deur blanke mans vermoor sonder enige motief d.i. koelbloedige moord?

Knersus ·

Nie so nie – Sien J Blom se kommentaar hieronder. Spot on! ‘n Mens kan nie die sjebien opwellings vergelyk met die sistematiese uitwissing van ekonomies aktiewe mense wat op hulle eie eiendom vermoor word nie.

jacques ·

Hoeveel van daai 50 moorde per dag was die moordenaars wit gewees?

spoetjies ·

Wat is jou kans teen vuurwapens? Net mooi niks nie. As die duiwel wil toeslaan, is daar net geen keer nie, dit stoomroller eenvodig net voort.

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit sal interessant wees om te weet of die gemors SA burgers is . Hoop Maroela Media publiseer die keer my kommentaar want wanneer mens praat van buitelanders wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir die boewery word dit verwyder.

Simon ·

Hallo Gerhard, ek betwyfel nie noodwendig jou aanname nie maar probeer verstaan wat sou die motivering wees van nie SA burgers om ons mense net koelbloedig te vermoor sonder om enige iets te steel m.a.w. sonder ‘n diefstal motief. Nie dat dit met ‘n diefstal motief enigsins meer regverdigbaar is nie!

Christanam se hipotese dat dit moord bendes is maak meer sin sou ek dink.

Simon ·

Hallo Gerhard, ek betwyfel nie noodwendig jou hipotese dat dit buitelanders mag wees nie en wil net verstaan wat hul motief sal wees aangesien die na koelbloedige moord lyk en nie roof nie? Nie dat ‘n roof motief die lafhartige daad enigsins sou geregverdig het nie!

Wouter se hipotese van ‘n geval van geteikende volksmoord lyk meer in die kol, is daar ‘n rede vir buitelanders om aan ‘n volksmoord te wil deelneem?

J Blom ·

Statistiek kan snaaks gemanipuleer word. Om te se 50 is vermoor waarvan 1 n blankeman was skep verwarring en stuur verkeerde boodskap uit.
Hoe was die moord gepleeg en wat was die opset. Die meeste moorde is drankverwant en gewoonlik in en naby n shebien. Hierdie tipe gewapende rowe en moorde kan defnitief nie vergelyk word met ander tipe moorde wat daagliks plaasvind nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie alle moorde is verkeerd en die toename getuig aan n gebrek aan wet en orde.

Alle meegevoel aan die familie, nog n broodwinner van sy gesin ontneem.

Gina ·

Hierdie is maar net nog n moeder wat haar kinders alleen moet groot maak? Maar net nog een. Met n wrok sal sy haar asem ook eendag uitblaas. En snaaks genoeg dis net blankes wat so uitgeroei en vermoor word. Daar is soveel haat teen die wittes. Hoe gaan die statistiek oor n jaar of twee lyk? En die polisie doen nie meer veel moeite nie, want almal in die polisie stasies is swart en jy kry geen hulp nie. Daar is te veel rasisme en dit sal nooit ophou solank daar n party is soos die EFF. Hul stook nou die hele land op. AGV al die dinge is ons land besig om agteruit te gaan….. Mamma jammer jou man was vir hul net nog n nommer om dood te maak. Mag God jou die nodige berusting gee sodat jy kan aangaan met jou lewe…..

Rienie ·

Wat moet ons doen om ons self te verdedig? Polisie se moenie terug baklei nie. Moet hulle nie in die oe kyk nie en gee hulle wat hulle wil he dan sal hulle jou nie seermaak nie. Ons moto is deesdae” Vat enige iets wat jy wil he,maar moet ons net nie seermaak nie” Selfs dit werk nie meer nie. So wat nou?

Wouter ·

Rienie
Bewapen jouself en laat geld jouself. Statistiek bewys waar die slagoffer terug veg , die lafaards vlug. As ek dan moet doodgeskiet word, laat dit dan wees terwyl ek terug veg met dieselfde means as wat hulle gebruik.
Ons kan net eenvoudig nie meer terugsit en geweld teen ons sito-sito aanvaar nie.

CHRISTA ·

Dit was al van die begin af die ANC se motto “One settler, one bullet”, “Kill the Boer, kill the farmer”. Winnie Mandela en Tony Yengeni het dit oral waar hulle gegaan het gesing en verkondig. Nie eers Nelson Mandela wou geweld veroordeel nie. Dit was die enigste voorwaarde wat ou Krokodil (PW Botha) gestel het voordat hy Mandela sou vrylaat, maar Mandela het geweier!! Laat mens wonder hoekom, né?

John ·

Daar was vroë waarskuwings betreffende UHURU. Meeste mense het dit afgelag en nie werklik probeer uitvind wat UHURU werklik is nie. Hier word moorde gepleeg op die wreedste denkbare maniere wat in lyn is wat in Kenya gebeur het onder UHURU.

reidewaan ·

Ek is nie snaaks nie maar die nuwe wet wat al n ou wet is van vuurwapens besit, moet end kry. Ek dink persoon like hulle moet alle vuurwapens ontneem en vuurwapen lisensie. Slegs polisies mag inbesit wees van n vuurwapen. As daar skote gevuur word of daadgepleeg word met n vuurwapen sal ons weet na wie om vinger te wys. Hul moet n strategie solank yt werk ho hul di mense gaan vas trek met die illegal vuurwapens.

Knersus D ·

Reidewaan ek dink nie dat jy eintlik weet wat aangaan nie. Die vuurwapens wat gebruik word kom tien teen een van die “polisies” – SAP het meer as 20,000 vuurwapens verloor laas jaar. Maar ek sien jy sukkel maar ‘n bietjie met jou spelling ook.

Gerrie NZ ·

Jannie het vir my klas gegee in standerd 6. Ek onthou hom nog soos gister.

Baie tragies, sy familie is in my gedagtes.

Ek voel jammer vir die wit mense wat in SA moet bly, dit gaan ongelukkig nie beter word nie, of te wel ek kan dit nie sien gebeur nie.

Gina ·

UHURU bestaan in SA dis net jammer dat daar te min mense in die land is wat bewus is daarvan. Ditis hoekom hul besig is om die witman te ontwapen. Siener van Rensburg het al die dinge voorspel. En daar is al heelwat dinge wat waar gekom het. Maar buiten hom. Kan ons net vra dat GOD baie vinnig intree. Die swartes verklaar oorlog onder mekaar en daar sal nog n bloedbad veroorsaak word- glo nie ek is ver verkeerd nie. Die nasies is baie wreed- mense kyk voor jou en agter jou. Raak veiligheids bewus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.