Kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte het glo by sy vriendin en babaseuntjie gaan kuier in Moruleng. Hy was glo onder die invloed van alkohol.
“Die pa het glo die baba in sy arms vasgehou voor hy hom op die vloer neergegooi het. Die baba het ernstige kopbeserings opgedoen.” Volgens Makau is die seuntjie na ʼn plaaslike hospitaal geneem waar hy later oorlede is.
Die verdagte is in hegtenis geneem en sal Maandag in die Mogwase-landdroshof verskyn op aanklag van moord.