Pa vas na hy glo dogter verkrag

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 40-jarige man van Zeerust in Noordwes het homself aan die polisie oorgegee nadat sy 13-jarige dogter hom van verkragting beskuldig het.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte het glo sy dogter verkrag terwyl haar ma na ʼn ander huis is om met begrafnisreëlings te help. Die dogter was glo nie by die huis met die ma se terugkeer nie en het sy na haar gaan soek.

Volgens Ramaloko het die ma die dogter by die bure se huis gevind. Die meisie was glo in trane en het haar ma vertel haar pa het haar verkrag. Die ma het ʼn klag by die polisiestasie aanhangig gemaak waarna die pa homself aan die polisie oorgegee het.

Ramaloko het gesê die pa is in aanhouding en sal Donderdag in die Motswedi-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peet Schabort ·

Jou blerrie vuilgoed. Mag jy lank sit. Eintlik die doodstraf.

Johan ·

As dit waar is sluit die gemors toe vir die res van sy lewe.

CHRISTA ·

Nee Johan, as dit van my afgehang het, het ek seker gemaak hulle tref reëlings vir SY BEGRAFNIS!!!

ELSABE ·

Die vlippen mense is regtig SIEK en weet nie wat aangaan nie. Ons is seker die land met die meeste moored, plaas moored en verkragtings wat nog gepraat van sy eie dogter!!!!!!!!!!!!SIEK

Eish! ·

Ek glo alles kan voor die
Regering gele word met hul pornografiese materiaal wat so vrylik verkrygbaar/beskikbaar is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.