Pa vas ná hy glo seun doodslaan

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pa van Bosbokrand in Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat sy vrou Saterdag op hul seun se bebloede lyk in sy slaapkamer afgekom het.

Kapt. Mdlodukazi Mashele, woordvoerder van die polisie, het gesê die 43-jarige man het na bewering sy 20-jarige seun met ʼn ysterstaaf doodgeslaan omdat hy R200 by sy ma gesteel het. Die seun was ʼn graad 11-leerder aan die Freddy Sithole High School.

“Die seun se ma het sy lyk Saterdagoggend in die motorhuis gekry wat as die seun se slaapkamer ingerig is. Die pa, ʼn lid van die weermag, het in daardie stadium reeds teruggegaan Nelspruit toe waar hy werk,” het Mashele gesê. “Die polisie het die man begin soek en hy het hom laat Sondagmiddag by ʼn polisiestasie gaan oorgee.”

Die man sal vandag in die Mapulaneng-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Piet Pompies ·

Watse waardige ouer het die reg om sy eie kind met sy eie hande (ysterstaaf) dood te slaan. Daar is beter maniere om ‘n R200 diefstal saak op te los.

Eileen ·

Goeie Hemel!
Hoe slaan jy jou kind met ‘n ysterstaaf. Sekerlik moet daar ‘n stemmetjie vir jou sê dis nou genoeg, veral as jy bloed sien? Ek kan verstaan dat die pa kwaad was omdat die kind geld gesteel het, maar jy slaan nie jou kind so nie! Arme seun, en dan nog boonop 20 in nou eers in Graad 11, seker so geslaan in die verlede dat hy nie kon skooltoe gaan nie.

Scalla ·

Graad 11 en reeds 20 jaar oud, hierdie was verseker nie die eerste insident met sy ouers nie. Dit is nie reg van die pa nie maar ek dink hy het genoeg gehad.

CommentQueen ·

Miskien is die arme seun al dom geslaan, daarom Graad 11 op ouderdom 20….
Ouers rig soms baie meer skade aan…..

Gesiggie ·

Wat se tippe Pa is jy? ek dink jy het jou Varkies in die weermag verloor… R200.00 Ja n mens mag nie van jou ouers steel…. maar jy wat jouself n Pa noem, mag nie doodslaan… Jou kind se lewe is baie meer werd, as net R200.00 Maar dit is nou te laat… Scalla.. ok nou het die ouderdom iets daarmee te doen? en as jy as ouer genoeg gehad het? slaan jy jou kind dood… nee dink bietjie mooi voordat jy so iets kwyt raak… Dink net, iemand vra jou eendag ” hoeveel kinders het jy? Ek het 2 gehad, maar een is dood… en die persoon vra? sjaim wat het gebeur”( ek het hom dood geslaan.)..ek kan nie dink dat so n ouer ooit weer normaal kan wees… AS JY TOT SO IETS IN STAAT IS, IS JY TOT ENIGE IETS ANDERS OOK… Ek dink daai Ma moet vlug..

Net te veel ·

Sterkte aan die Ma en Pa, beide het baie om te verwerk. Dat hierdie Pa so kwaad geraak het en veral met al die kriminaliteit het mens begrip, maar ek voel ook jinne jong, ‘n ysterstaaf oor die boude sal goeie boodskap dra, oor die kop sit jy met ‘n lyk. Pa ek oordeel nie, ons weet natuurlik nie of daar Tik of Twak betrokke by seun is nie, indien wel het ek regtig begrip, maar om jou eie kind te laat toesluit dat hy die boodskap kry, jy het genoeg gehad sou ook gewerk het!!!!!! Verder pla dit my baie dat jy sommer net terug werk toe gegaan het en nie eens vir jou vrou gesê het wat gebeur het nie, ‘n probleem kan nie net verdwyn nie, jy moes regtig iewers besef het wat gebeur en wat het gebeur.

louisa ·

Miskien kon sy pa dit nie meer langer vat nie ….20 jaar oud en in graad 11 en dit vas seker nie die eerste twee honderd rand nie – vra maar enkel ma’s met groot seuns wat hulle geld steel

Pieter ·

Genade tog en dis ‘n weermag man!!! Miskien het die ma nog die geld vir hom gegee en hy dit nie gesteel nie!

Miemie ·

Meer ouers moet dit doen dit sal kriminele en plaasmoorde dalk net verminder…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.