Pa vas na hy glo seun hang

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Noordwes het Maandag in die hof verskyn in verband met die moord op sy vyfjarige seun.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak teen Boitumelo Seoposengwe is tot 12 Januarie uitgestel sodat hy om regshulp kan aansoek doen. Hy bly in aanhouding.

Die 29-jarige pa word daarvan beskuldig dat hy sy seun op 24 Desember aan ʼn dakbalk by ʼn huis in Taung opgehang het.

Volgens die polisie het Seoposengwe homself en sy seun in ʼn agterkamer by die huis toegesluit. Familielede het glo later deur die venster geloer en gesien die seun hang aan ʼn dakbalk.

Seoposengwe het gevlug maar later teruggekeer en homself op die toneel aan die polisie oorgegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.