Pa vas ná hy glo tweejarige doodslaan

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie in die Wes-Kaap het ʼn 32-jarige man in hegtenis geneem in verband met die moord op sy tweejarige dogter.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is Donderdagaand in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes inligting van gemeenskapslede opgevolg het.

Die polisie is verlede Vrydag na die Hanover Park-daghospitaal ontbied nadat ʼn tweejarige dogtertjie na die hospitaal gehaas is en met haar aankoms dood verklaar is. Die polisie is ingelig dat die dogtertjie vermoedelik deur haar pa doodgeslaan is.

Volgens Traut sal die pa binnekort in die Athlone-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Eileen ·

Stem. Hoe kan ‘n mens ‘n 2jarige doodslaan, wat het hierdie arme kind verdien om so ‘n geweldige slae te moes kry. Die gemors wat homself ‘n ” pa” noem was seker gesuip gewees. En waar was die ma en het niemand gehoor hoe die arme kind huilnie!

Joanie ·

Dit is siek! Wat word van ons saamelewing? Ons het rugraadlose siek mans! Hy is nie eers werd om n mens genoem te word nie. Ek hoop hul sluit hom vir ewig toe en vergeet van hom.

Natascha ·

Drek van die samelewing! Sies man hoe slaan mens ‘n kind so? Nee wat Mnr vir jou moet hulle maar met sementskoene die see instuur jy verdien nie om nog asem te haal nie!

Liza ·

Mense wat nie geduld het met kinders nie, moet liewers dan nie ouers word nie.

Vanessa Frylinck ·

Ek stem, stuk gemors vir ‘n PA!! en dit nog sy kleine prinsessie… haai sies.

Sumari ·

Sjoe, ek is bly hulle het hom uiteindelik gevang. Het seker gedink hy gaan wegkom daarmee. Jy is nie ‘n PA se dinges werd nie. En volgens die Son het die mamma geweet en niks gedoen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.