Pa vas ná hy glo vier kinders vermoor

Phasha moorde Limpopo toneel Senyatsi Lucas Phasha

(Foto: SA Polisie)

Die polisie in Limpopo het Dinsdagaand ʼn 50-jarige man in hegtenis geneem in verband met die moord op sy vier kinders.

Die verdagte is in Ga-Pasha by Mecklenburg naby Burgersfort in hegtenis geneem, het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, gesê. “Hy sal op vier aanklagte van moord tereg staan wanneer hy Donderdag in die Mecklenburg-landdroshof verskyn.”

Volgens Mojapelo is die man in hegtenis geneem nadat die motor waarin hy en ʼn onbekende persoon gery het, voorgekeer en van die pad af getrek is.

Lt.genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die spoedige inhegtenisneming van die verdagte verwelkom.

Die pa het na bewering Maandagmiddag die voertuig wat die kinders van die skool af vervoer, voorgekeer. Die bestuurder van die voertuig ken die man en het toegelaat dat hy die kinders saam met hom neem, het Mojapelo gesê.

Dinsdagoggend het die man aan ʼn buurman gesê dat die kinders, Katlego (9), Joyce (7), Tshepo (5) en Adel (3), vermoor is. Hy het ook aangedui waar hulle liggame gevind sou word en het oënskynlik daarna verdwyn.

Die polisie is na dié plekke. Katlego, Joyce en Tshepo se liggame is saam aangetref. Klein Adel se liggaam is sowat 3 km verder van dié toneel gevind.

“Drie van die kinders het steekwonde gehad. Die jongste het oop wonde gehad,” het Mojapelo gesê.

“Die motief vir die moorde is in dié stadium nog onbekend.”

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiehoof, het gisteroggend self die tonele besoek en die moorde ten sterkste veroordeel, des te meer omdat dit vermoedelik gepleeg is deur iemand wat veronderstel was om die jong kinders te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Plaaskind ·

Siestog, dink net die angs wat die kinders moes beleef. Sjoe die wreedheid om jou eie kinders te vermoor.

Sarel ·

Verskoon my van watter spesie is doe afkomstig. Mens en Vader is dit nie

Genis ·

Ek huiwer om dit te verstaan, dis tien teen een, weer n gesins twis met die vrou, en om haar by te dam word die kinders koelbloedig vermoor… geen genade, geen gevoel, geen berou..

Lisam ·

Arme kindertjies. my hart is so seer om die te lees. kom van die skool , pa kom haal hulle… en vermoor hulle. kan net dink hoe vreesbevange hul moes wees. Rus in vrede ou kleine kindertjies. Julle is nou vry van pyn, lyding en hartseer. mag daai gemors in die tronk vrot!

BoerSonderRoer ·

My hart breek as ek hierdie stories hoor. Daai arme kinders…

‘n Dier doen nie eers wat hierdie wese gedoen het nie.
Nou moet ons met belasting geld hierdie wese klee, voed, huisves en oppas.
Bring die doodstraf terug.

TRP ·

Dink vir ‘n oomblik hieroor….pappa begin by die oudste van die 4, Katlego word dood gesteek, Joyce volg en jy wat Tshepo is weet jou beurt kom, hoe moes daardie kinders se laaste minute wees, jy kan nie wegkom, jy kan nie jouself verdedig, jy moet jou lot aanvaar, onder die hande van jou PA. Hierdie is abosluut wreed. Ek voel ook jammer vir die mense wat die toneel moes hanteer, hierdie sal by my spook tot die laaste dag wat ek sal lewe. Sterkte aan die naasbestaandes, julle het die duiwel in julle midde gehad.

Wielspore ·

Daar is ‘n baie slegte kultuur is SA van, ek mag aanspraak maak op iets wat nie aan my behoort of daarop geregtig is, en indien ek dit nie kry het ek die reg om moord te pleeg en dan te vat.

Mimi ·

Die ergste van als in sulke gevalle is dat die beskuldigdes eintlik vergoed word vir hul dade want om tronk toe te gaan is ‘n bonus vir hulle – hulle huidige omstandighede is 10/1 kripperend. In die “oord” het hulle geen uitgawes en hulle kan hulself verryk deur te studeer om dan ‘n “belangrike” persoon te word dalk in die toekoms. Op die einde van die dag betaal ons as wetsgehoorsame belastigbetalers hierdie mense om aan die lewe te bly:(

Andre ·

Sjoe dit is erg.Ek is ‘n pa en het net een dogtertjie van 6 maar sy is my alles.Hoe kry enige mens (nie net pa en ma) dit oor hulle harte om ‘n kind dood te maak ? Wat gaan aan in die man se kop ? Al is jy hoe kwaad en hartseer die kinders is onskuldig.Sluit hom toe.Geen genade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.