Pa vas ná hy seuntjie glo met sigarette brand

Foto ter illustrasie: Pixabay

ʼn Pa van Johannesburg wie se vierjarige seuntjie vir brandwonde in die Rahima Moosa-hospitaal behandel is, is in Sophiatown vir kindermishandeling in hegtenis geneem.

Kol. Lungelo Dlamini, Gautengse polisiewoordvoerder, sê die man van die voorstad Newclare, wes van die middestad, is Dinsdag aangekeer en het Donderdag in die Sophiatown-landdroshof verskyn. Die saak is tot 16 Januarie aanstaande jaar uitgestel.

“Die pa het sy kleuterseun vermoedelik met ʼn sigaret gebrand,” sê Dlamini. “Die kind is behandel en die mishandeling is in Julie vanjaar by die polisie aangemeld.”

Dlamini maan ouers of gesinne om enige vorm van kindermishandeling so gou as moontlik aan te meld. “Enigeen wat bewus is van ʼn misdaad, veral dié teen kinders, maar versuim om dit aan te meld, kan hulle aan ʼn oortreding skuldig maak.”

ʼn Egpaar van Bloemspruit in die Vrystaatse hoofstad is intussen Donderdag tronkstraf opgelê nadat hulle hul 11-jarige dogter gedwing het om teen betaling omgang met mans te hê en hul negejarige seun aangerand en gemolesteer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Cherokee ·

jaco, ek besef skielik dat jy kommentare lewer en nie die antwoorde daarop lees. Jy het die doellose vraag ure gelede gevra en iemand met die naam Koos of Kosina of so iets het jou ‘n redelik skerp maar ingeligte antwoord gegee. En jy herhaal die vraag jou werklikwaar weer! Moet nie ons konserwatiewes in ‘n verleentheid beland nie, asb.

Dark One ·

Die Vrystaatse ouers wat hulle dogter (11) gedwing het om seksueel met volwasse mans te verkeer en hulle seun (9) seksueel mishandel het, is wit Afrikaanssprekende Christene. Ek is nie seker van die ras van die ander persoon nie.

Koos de Meyer. ·

Wit Afrikaanse Christene. My voet, sielsieke gemors.

Dark One ·

Ek stem saam, Koos. Jaco wou weet. Nie seker wat hy met die inligting wil maak nie.

Smurfie ·

Hi Jaco, “Dark one” sê hulle is Chiristene.
Weet nie hoe hy dit weet nie, dalk is hulle huisvriende, of dalk probeer hy net n reaksie uitlok by mense. Al wat ek weet, is dat nie alle wit afrikaans sprekendes, Christene is ni.
En die mense is defnitief nie, want geen ware Christen sal so iets aan iemand anderste doen nie

Marinda ·

Net omdat jy wit en Afrikaans sprekend is maak jou nie outomaties n Christen nie.

Philip ·

Hou op om te sê as witmense abnormaal handel hulle is christene. Dit is Godloos mense wat so handel afgesien van kleur

Abe ·

Hierdie hele berig met die kommentaar daarop is vir my so terneerdrukkend dat ek amper nie intelligent daarop kan reageer nie. Is dit moontlik!!

Geraldine ·

In die Oos-Kaap probeer mens als om op te tree terwille van onskuldige kinders en van ‘n dogter van 13 wat moet werk vir inkomste by familie besigheid en weerhou word van skool maar jy loop jouself elke keer in ‘n muur vas

AW ·

“Sometimes the things in our heads are far worse,
Than anything they could put in books or on film.
– C.K Webb

“Is evil something you are?
Or is it something you do ?
– Brett Easton Ellis, American Psycho

“Son, the greatest trick
the Devil pulled
was convincing the world
there was only one of him.”
– David Wong, John dies at the end.

Oujongvrou ·

Mens moet so mens vasbind en 10 rokers kry wat hom brand. Vir so maand, en kyk of hy daarna nog lus is om klein weerlose kind te brand. Die usseless f%$$#%

Oujongvrou ·

O en Jaco, genoeg nou van jou ras vraag. Dis irrelevant en irreterend.

Cora Simpson ·

Haai mense wat maak dit saak? Geel, pink of rooi? n Kind is seergemaak! Dit is wat so gruwelik is? Die ou kleintjie is afhanklik van sy/haar ouers en word mishandel. Dit is die sonde nie die kleur nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.