Pa vas ná hy vyfjarige se gesig glo met gom besmeer

(Foto: Megan Swart/Maroela Media)

ʼn 34-jarige Vrystaatse pa is agter tralies nadat hy sy vyfjarige dogtertjie, wat glo te laat tuisgekom het, aangerand en haar gesig met gom besmeer het.

Die pa van Matwabeng, naby Senekal, het die kind Vrydag glo betig omdat sy te laat tuis was en het haar daarna na bewering begin aanrand.

“In die proses het hy haar gesig met gom besmeer. Sy het ʼn paar van haar tande verloor,” sê ao Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder.

Bure van die gesin het die polisie ontbied en die man, wat ná sy vrou se dood na die kind omsien, in hegtenis geneem. Die kind is na ʼn hospitaal vir mediese behandeling geneem.

Die Ficksburg-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe ondersoek die saak.

Die dogtertjie sal na ʼn plek van veiligheid geneem word nadat sy uit die hospitaal ontslaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bekkie ·

Ek hoop hy verloor meer as net paar tande waar hy toegesluit word

Karoo ·

Ons spring soveel vry, ek is dankbaar dat die dogter se bure wel gereageer het en dat die Polisie wel kom help het.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.