Pa vas ná kinders se grusame moord

Argieffoto: enca.com

Argieffoto: enca.com

ʼn Pa van Middelburg in Mpumalanga sal Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hy Saterdag glo sy twee kinders grusaam vermoor en saam met die liggame in sy huis gebly het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê die 36-jarige man en sy vrou is van mekaar vervreem en hul drie kinders bring meestal naweke deur by hul pa by sy huis in ʼn informele nedersetting buite die dorp. Die ma sal gewoonlik die kinders weer die Sondag by die pa se huis kom haal, waarna die gesin eers iets saam sal gaan eet, het Mohlala verduidelik.

“Saterdag het die pa ʼn kombuismes gevat en glo sy 11-jarige seun en sewejarige dogter se kele afgesny. Hy het glo hierna hulle liggame op ʼn bed in die huis gesit en gaan slaap. Die derde kind, ʼn vierjarige seuntjie, was ook nog in die huis,” het hy gesê.

Volgens Mohlala het die man ná sy inhegtenisneming glo aan die polisie erken dat sy plan was om Sondag die ma in die huis in te lok waar hy haar en die vierjarige ook sou vermoor. Hy was glo kwaad omdat die ma saam met ʼn ander man, met wie sy ʼn romantiese verhouding het, woon.

Die ma wou egter nie die Sondag na die pa se huis gaan nie en hy het haar telkemale gebel en aangedring dat sy moet kom. Die ma het onraad vermoed en die polisie in kennis gestel. Die pa is kort daarna by sy huis in hegtenis geneem.

“Die polisiebeamptes kon sien dat die kinders al die Saterdag vermoor is, omdat die bloed op die bed reeds droog geword het,” het Mohlala gesê. “Die manier waarop die man verduidelik het hoe hy glo sy kinders vermoor het, is baie brutaal. Daar sal ondersoek word of die man moontlik aan ʼn geestesversteuring ly.” Die vierjarige is tydelik in die sorg van sy ouma en oupa geplaas.

Die man sal op twee aanklagte van moord verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

m ·

Klink of die kop lekker raas. Kry die siek mens uit die samelewing uit..

Charlotte ·

Daars NIKS fout met sy kop nie ..hy erken dan hy is kwaad vir die ma oor ha nuwe verhouding….hyt beplan vooraf……siek sot!!!!!

Tiger ·

Ag en na ‘n paar jaar in die tronk (miskien) is hy weer vry om te maak soos hy wil!Die lekker nuwe SA van ons!’n Galg tou werk beter as tronkstraf.

Andrea van Vuren ·

Ek begin al hoe meer glo aan die bundu-howe. Dit werk gou en die gemeenskap is ontslae van die varke!

alida ·

BARBAARS !!! Volgens Maroela mag ek nie daardie woord gebruik nie,maar dit is niks ander nie.

Elsie ·

Sou nooit gebeur het as die doodstraf nog ‘n instelling was

Irene ·

Hoekom gebruik ouers altyd kinders om mekaar seer te maak. Hy gaan tronk toe?????vir hoelank maar die ma sit met seer vir haar res van haar lewe

wilma ·

Glo nie hy is siek nie net baie jaloers lyk dit my. Geen maar geen borg asb

Gesiggie ·

Dit is walglik… siek … Jou monster van n Pa…. hoe kon jy?? jy is gewetenloos… en iets maak nie sin? die Ma wou nie na die huis toe gaan?? sy het iets vermoed? as sy dan nie hierdie man vertrou het”’ hoe kon sy haar kinders aan hom toevertrou”’Amper was haar keel ook af”’ maybe het sy geweet wat sou gebeur… Ek hoop hierdie man word so diep toegesluit… soos ou **Koos een keer Comment het… dat hul sy kos met n kettie moet in skiet”’ of nog meer, geen kos of water vir jou… bly in die donker gat…

Olivia ·

Ongelukkig, as ‘n geskeide ma dwing die hof jou om jou kind vir die man of vrou te gee al is hulle geweldadig. Daar’s baie mans wat geskei is wat se vrouens ook die tipe goed gedoen het maar die hof staan toesig toe. Dit gaan altwee kante toe. Baie ouers wat met geweld sit het beskermingsbevele maar die hof se hulle moet die ouer sien al word hulle verkrag en gemolesteer want dit skend sy menseregte as jy jou kind probeer beskerm. Van ons is gelukkig deur baie gebed dat ons kon keer ander nie.

Ouma ·

Stem saam met Kanebo – bring die doodstraf terug maar hierdie ‘regering’ van ons sal nie, want dan gaan die ‘meerderheid’ minder word.

SkarrelKind ·

Ek is so vreeslik jammer vir hierdie ma se hartseer, my hart gaan uit na haar ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.