Pa vas na moord op baba

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vier maande oue babaseuntjie vermoor het, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die 25-jarige man sal binnekort in die Ntuzuma-landdroshof buite Durban verskyn op aanklag van moord. Volgens Zwane het die verdagte en sy vriendin Woensdag in ʼn argument betrokke geraak.

Die man het glo hierna sy babaseuntjie opgetel en sy kop teen ʼn muur geslaan. “Die kind het ernstige kopbeserings opgedoen en is na ʼn plaaslike kliniek geneem waar hy dood verklaar is,” het Zwane gesê. Die verdagte het na die voorval gevlug en is later in KwaDukuza in hegtenis geneem.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel en dit as “barbaars” beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.