Pa vas ná seun (14) wapen skool toe neem

Argieffoto: SAPD, Facebook

ʼn 60-jarige man is Donderdag in hegtenis geneem nadat sy 14-jarige seun sy pistool saamgeneem het skool toe.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Donderdagoggend by die Burgher Right Primary School in Pretoria-Wes plaasgevind.

“Die seun het die wapen uit sy eie aan die juffrou oorhandig. Die juffrou het toe die polisie in kennis gestel wat toe gereageer het,” het Moloto gesê.

Die man sal binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag van nalatigheid in terme van die vuurwapen wat uit die kluis gehaal is.

“Die polisie sal die omstandighede ondersoek waaronder die seun die wapen uit die kluis kon verwyder. Dit was ʼn gelisensieerde vuurwapen,” het Moloto gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ek stem 100% ·

Ek stem 100% beide sin moet brand. Dankie tog hy is gekry voor ‘n nuwe helse drama.

AW ·

“The organisation Gun Free South Africa says that the greatest sourse of illegal weapons is loss and theft. According to them, an average of twenty guns a day are stolen from civilians and two a day from the police. The real figure, however? Is probably significantly higher, since it is safe to assume that not all gun theft is reported to the police.”
(Page 211 – HEIST! – South Africa’s Cash-In-Transit Epidemic Uncovered – Anneliese Burgess, 2018)

And then – Negligence…..

Jack Sadie ·

Die Wet van Sotte bepaal dat jy jou vuurwapen in ‘n kluis moet toesluit. Scenario: Moordenaars breek by jou huis in. Jy roep uit ‘Wag net ‘n bietjie! Ek gaan gou my vuurwapen uit die kluis haal en myself verdedig!’ Logika is dus dat jy netsowel sonder ‘n vuurwapen kan wees. Wees kreatief, maak ander planne as jy jou gesin wil beskerm. Of emigreer………

Donderstorm ·

Hy is 14 en weet wat hy doen en tien teen een het hy sonder sy pa se medewete skelm sy pa se vuurwapen uit die kluis gehaal seker om n boelie te konfronteur dit is sy ouer se huis en kluis en hy moet weet wat hy gedoen het verkeerd is jy kyk tog seker nie elke oggend in jou kluis vir jou vuurwapen voor jy gan werk nie.

Mrs H ·

Ek oorweeg dit om n “fake-kluis” te installeer wat spesifiek daar is vir n boef wat gekom het vir jou kluis. Veral op plase en kleinhoewe. Sodra die boef sy handjie in die kluis indruk, blaas die kluis op en het jy n grafie nodig om alles wat in twee meter radius was, op te tel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.