Pa vas oor dogter (2) se moord

Argieffoto: SAPD/Facebook

Wes-Kaapse polisiebeamptes het Sondag ʼn 25-jarige man in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van en moord op sy tweejarige dogter.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is deur die Lingelethu-Wes-polisie in hegtenis geneem. Volgens Rwexana is die man onlangs uit die tronk vrygelaat en het hy versoek om tyd met sy dogter deur te bring. Die dogtertjie is toe in sy sorg geplaas.

“Die kleuter se ouma het vanoggend met haar na die Khayelitsha-daghospitaal gehaas nadat die [kleuter se pa] haar ingelig het dat die kind nie asemhaal nie. Die kind is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar,” het Rwexana gesê. ʼn Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van die kleuter se dood bepaal.

Die man sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van moord en verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

…en Mabel Jansen het bedank vanaf die regbank. Sy kan gerus ‘n uitknipsel van die berig stuur na Gillian Schutte.

Stem 100% saam ·

Ek stem 100% saam, wens ek kon die klein vernielde lyfie vir Gillian Schutte wys, oorhandig om te fix, in haar boeke is dit mos perfek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.