Pa vas oor hy kinders glo 8 jaar aanhou

jail_bars‘n 50-jarige pa is in hegtenis geneem nadat hy glo die afgelope agt jaar sy vier kinders in ‘n kamer aangehou het.

Kapt. Kym Cloete, woordvoerder van die polisie, sê die pa sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van kinderverwaarlosing. Hy is Vrydag in hegtenis geneem.

Die Daily Sun berig dat die pa, ‘n tuinier, en sy 46-jarige vrou hulle vier kinders die afgelope agt jaar in ‘n kamer in die Nobuhle-hostel aangehou het. Die hostel is in Alexandra, noord van Johannesburg.

Die egpaar se oudste seun, ‘n 24-jarige man, is vasgeketting as sy ouers die huis verlaat het. Die kinders is Vrydag vrygelaat nadat die oudste seun daarin kon slaag om te ontsnap. Hy is in ‘n hospitaal opgeneem met kneusmerke aan sy hande en bene.

Die pa beweer hy het sy oudste seun vasgeketting aangesien laasgenoemde glo geestesongesteld is. “Hy word baie gewelddadig so ek moes hom vasgeketting in die huis hou,” het die pa glo gesê.

Die pa het glo ook aan die polisie en maatskaplike werkers gesê dat hy sy kinders in die kamer toegesluit het aangesien die wêreld ‘n gevaarlike plek is en hy bang was hulle word doodgemaak.

Die kinders is na ‘n plek van veiligheid geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sprietjie ·

Klink eerder of hierdie verskoning van ‘n pa geestelik versteurd is. Dit is onmenslik om iemand vas te ketting. Gee hom van sy eie medisyne laat hy voel hoe dit voel.

Elizabeth ·

In die week waarin die fokus op die regte van kinders en hul veilgehid op die voorgrond is, kom al hierdie verskriklikhede uit – wat gaan aan met “mense” ? Sulke ouers kan nie eintlik as “mense” geklassifiseer word nie – nie eers diere doen dit aan hul kleintjies nie. Mag diesulkes voorbeelde van gemaak word en die swaarste moontlike strawwe opgelê word!

Jasper ·

Neem hom op in Modder B vir permanente “sielkundige” waarneming

huisvrou ·

Die pa van Springs word beskryf as ‘n monster, die huis as ‘n gruwelhuis….
Is die pa van hierdie berig anders? Die huis in Alexandra minder gruwelik?

Maak nie saak wie en waar nie, die dade behoort met dieselfde byvoeglike naamwoorde veroordeel te word.

Blikskim ·

Kom ons kyk of hulle gaan gehoor gee in die volgende berig oor hierdie saak. Ek dink maar net ons gaan lank wag.

Blikskim ·

@huisvrou – Jy behoort mos van beter te weet, daar is nie sulke goed soos anderskleurige rassiste nie. Jy kry net wit rassiste. Net so is alles wat ‘n blanke doen met die mooiste byvoeglike naamwoorde gekleur. Die ander het altyd ‘n goeie verskoning en hulle is nie skuldig tot hulle skuldig bevind word nie. Dit is altyd iemand anders se skuld as een van hulle struikel, gewoonlik die rassiste se skuld….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.