Pa vas oor seun se verkragting

Argieffoto

ʼn 35-jarige man is Dinsdag in die Noord-Kaap in hegtenis geneem op aanklag dat hy sy vierjarige seun verkrag het.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het na bewering op 14 Maart plaasgevind toe die seun sy pa besoek het.

“Die saak is op 16 Maart by die polisie aangemeld toe die seun dagsorgpersoneel vertel wat gebeur het.”

Die man bly in aanhouding. Hy sal na verwagting binnekort in die Galeshewe-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting. Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wielspore ·

Die beskermer is die oortreder, die arme kind, hierdie pa verdien die swaartse straf.

Jakes ·

Net die doodstraf sal die samelewing beskerm teen sulke gewetenlose drek soos hierdie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.