Pa vas oor wanbetaling van onderhoud

court-hammer_thumbʼn Pa met meer as R100 000 se onderhoud skuld het Donderdag in die Mitchellsplein-landdroshof verskyn.

Hishaam Mohamed, streekshoof van die departement van justisie, het gesê Faizel Petersen (39) het sedert verlede jaar nog nie weer vir sy vier kinders onderhoud betaal nie en skuld R113 600.

Petersen is Maandag in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het. Die polisie het hom by vyf verskillende adresse probeer opspoor. Petersen het as ʼn taxibestuurder gewerk en saam met sy ouers op ʼn plaas in Philippi gebly.

Petersen dien tans 120 dae tronkstraf uit vir minagting van die hof nadat hy nie aan ʼn onderhoudsbevel voldoen het nie. Petersen moet weer volgende Donderdag in die hof verskyn.

Mohamed het intussen gesê die departement gaan sy soektog na die provinsie se top 20 onderhoudwanbetalers verskerp en dat drie van hulle reeds in hegtenis geneem is.

Minstens 50 onderhoudwanbetalers is al in hegtenis geneem sedert Operasie Isondlo verlede maand van stapel gestuur is. Meer as R550 000 is aan begunstigdes uitbetaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

YOLANDA ·

Ek sit met dieselfde probleem. waar kan ek meer inligting kry?

Wiebo ·

Ek wil net se dat daar soveel mans is wat net onderhoud MOET betaal, want die vrouens loop rond en kom net niks oor nie. Die gereg is mos aan die vrouens se kant. Sien asseblief ook die saak van n ander kant af. Dis nie net altyd die man se skuld nie. Skei, en die man wat baie keer onskuldig is, moet net betaal. Die land se wette oor onderhoud beskerm net die vrou, al is sy skuldig.

Vic ·

Mens betaal onderhoud sodat kinders die nodige kan he. Wanneer mens kinders maak, kom dit met die verantwoordelikheid dat jy vir hulle moet sorg tot hulle vir hulleself kan sorg. Wie sou vir hulle gesorg het as die ma en pa bymekaar was? Hulle het dieselfde sorg nodig as ma en pa uitmekaar is. Dit het niks te doen met wie rondloop of nie.
Enige ouer wat uit wraak nie vir sy of haar kind wil onderhoud betaal nie moes nooit n ouer geword het in die eerste plek nie.

Daniez ·

Wiebo, Nope nie die vrouens nie, die onskuldige kindertjies, as jy kinders verwek moet jy pa staan!
Ek weet van n vrou wat toe sy en haar man geskei het, vir hom gese het – Nee boet ons het hierdie kinders saam gemaak, ons sal hulle saam groot maak, hulle bly n week by my en n week by jou en jy sal jou eie kas klere vir hulle aanhou, ek pak nie elke keer tasse nie!
Daar is n arme 28jarige vrou op die oomblik in kraam met drie kiddies en nie een van die pa’s betaal onderhoud nie. Is nie billik nie. Ok drie kiddies by drie pa’s is ook n ander saak!!!
Ek is aan die kinders se kant, n kind is geregtig om in n stabiele omgewing met beide ouers groot te word!

lorayne ·

DANKIE Daniez! Dit gaan nie oor wie en waar nie, dit gaan oor onskuldige kinders wat ‘n versukkelde lewe moet ly!
Onderhoud is deur die hof aan my kinders toegestaan baie jare gelede, maar ek kon nie daarin slaag om ‘n sent uit die ‘pa’ te kry nie. Nietemin, kan ek vandag net die Here dank vir my 2 pragstukke!

Ek was geseend met ‘n goeie werk en ‘n redelike inkomste, alhoewel ek soms ook maar net die ‘basics’ op die tafel kon sit. Met BAIE genade van bo en ‘n onwrikbare geloof het ek hulle groot gesukkel, beskerm en bewaar!

EK het elke hoogtepunt in hulle lewens sover gedeel, en deel nou in die vreugde van ‘n wonderlike, bondel liefde. . . my kleinseun!

lillian ·

Net jammer die Kaap kon nie my wanbetaler toesluit en hom daar hou nie …

Daniez ·

Lorayne” Mooi tenminste kon ek een kry wat saamstem! My voorgeneem ek sal die regte ma vir my kinders kry en die gesin bymekaar hou come hell or high water! Daar besluit die Hoerhand sy moet na hom toe kom op 49, gelukkig was die twee manne al, amper se ek uit my beursie uit,maar ons drie is baie heg. [email protected] as jy wil?

Chané ·

Ek is ‘n kind uit ‘ geskeide familie. Vandat ek onthou het my ma nog nie eenkeer onderhoud ontvang vir my en my broer nie en ek bly al 13 jaar by haar! Nie my ma se skuld nie, sy wou nie omstandighede vir ons moeiliker gemaak het as wat dit klaar was nie. Ek is nou 19 en ek is reg om my eie pa hof toe te vat vir onderhoud, want eks op universiteit en ten spyte van my ma wat byvoordeel het by die werk vir my studies, sukkel ons steeds en ek moet werk kry volgende jaar sodat ons albei kan deurkom! My pa se redenasie is dat hy nie hoef onderhoud te betaal as ek nie met hom iets te doen wil hê nie. Is dit werklik ‘n saak om te stel? Ek glo nie, want hy kon nie eers moeite doen om ‘n verhouding te red tussen hom en sy dogter nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.