Pa vas vir moord op baba

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 21-jarige man van Port Elizabeth is in hegtenis geneem nadat hy glo sy babadogter van vier maande aan die voete gegryp en haar lyfie op die grond geslaan het.

Ao. Alwin Labans, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Maandag in Kuyga plaasgevind.

“Die baba is tydens ʼn rusie tussen die man en die baba se ma, vermoor. Die man het na bewering die baba aan haar voete gevat en haar op die grond geslaan. Sy is op die toneel dood,” het Labans gesê.

Volgens Labans het die man ook probeer om die vrou met ʼn mes te steek. “Hy het toe homself in die nek gesteek en probeer om homself te hang, maar familielede het ingegryp.”

Die man is vir behandeling na ʼn hospitaal geneem en is reeds ontslaan.

Hy is in hegtenis geneem op aanklagte van moord en poging tot moord en moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Erika ·

Hulle moes hom gelos het dat hy dit doen. Daai kleintjie het niks gedoen om dit te verdien nie. Rus sag engeltjie. xx

Jean ·

O ek sal graag wil sien wat sy sentence gaan wees, seker weer 4 jaar opgeskort vir 5 of so iets van die aard wees, daar is geen ‘justice’ vir die kinders in ons land nie. Rus in vrede kleine babatjie, jy het nie so ‘n aaklige pa verdien nie. Geen verskoning daarvoor nie, maak nie saak wie of wat jy is nie, jy is ‘n moordenaar.

Micheala ·

Sulke mense moet uit die samelewing verwyder word!!! Geen babatjie verdien dit nie!!

Karma ·

@Skatymir …. het jy hoegenaamd ‘n hart wat in jou binneste klop? ‘n Onskuldige babatjie is dood en ‘n ma is in rou – en jy vra of dit regtig nuus is waarin ons belangstel? As jy nie belangstel nie, “skip” die berig of die blad. RIV, kleine engeltjie. Sterkte aan die ma en daai … item is nie die naam van ‘pa’ of ‘man’ werd nie.

petru bubb ·

Daar is n spesiale plek in die hel vir sulke mense, hoekom word die doodstraf nie weer in werking gestel nie, ons ‘crime rate’ is baie hoog …. gee maar my naam ek se hoe ek voel.

Denise ·

Dit is onmenslik hoe kan jy omdat jy kwaad is vir jou vrou n onskuldige baba dood slaan o nee dit raak net T ERG!!!!

cherene ·

So man hoort ni in di samelewing ni!!! Eke lees deesdae net te veel van klein babas of kinders wat so erg mishandel word..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.