Pa vas wat melk koop: Polisie se optrede ‘skokkend’

Argieffoto (Foto: SAPD, Facebook)

Die onlangse inhegtenisneming en aanhouding van ’n Centurion-pa wat gedurende die aandkloktydperk formulemelk vir sy pasgebore baba gaan koop het, was onregmatig en skokkend.

Só sê strafregkenner Llewellyn Curlewis.

Maroela Media het vroeër berig die ouerpaar het Vrydag in die vroeë oggendure met hul baba se voeding gesukkel. Die man het hom toe na die hospitaal, waar die baba enkele dae vantevore gebore is, gehaas om formulemelk by die apteek in die hospitaal te gaan koop. Die apteek is 24 uur oop.

Die man is egter by sy terugkeer nie ver van die egpaar se huis in Wierdapark nie deur polisiebeamptes voorgekeer omdat hy die aandklokreël verontagsaam het. Die man het die melk asook die betaalstrokie aan die polisiebeamptes gewys, maar is nietemin in hegtenis geneem.

Curlewis sê dit is skokkend dat polisiebeamptes nie die pa se rede om buite sy huis gedurende die aandklokreël te wees, kon insien nie. “Die voorval geld ongetwyfeld as onregmatige inhegtenisneming en aanhouding. Selfs al het die president nie gesê dat mense vir noodgevalle die aanklokreël mag oortree nie, bepaal die wet dat hierdie voorval as ’n noodtoestand geld.

“Dit is geldige verweer. ’n Noodtoestand is nog altyd geldige verweer. Dis so goed soos selfverdediging.”

Curlewis verduidelik dat geen hof dus die pa skuldig sal bevind aan die oortreding van die Wet op Rampbestuur nie. Daar is wel voldoende gronde vir die pa om ’n siviele eis teen die SAPD in te stel aangesien dit blyk dat polisiebeamptes “onkundig” en nie opgelei is om te onderskei tussen misdaad en geldige verweer nie, sê hy.

“Dit is skreiend.”

Curlewis wys verder daarop dat die baba se lewe heel moontlik in gevaar gestel is aangesien die pa verhoed is om die melk vir sy vrou te neem. Dié aspek sal natuurlik ook in ’n siviele eis ter sprake kom.

Die drukgroep Action Society het intussen gesê die versorging van babas, kinders, bejaardes en ander weerlose mense gedurende die tweede golf Covid-19-infeksies behoort voorkeur te kry.

Die groep meen die afsonderingsregulasies ontaard in ’n magspel en eis dat daar teen die betrokke polisiebeamptes opgetree word.

Daleen Gouws, woordvoerder van Action Society, sê die drukgroep veroordeel die voorval ten sterkste. “Hierdie optrede deur lede van die SAPD is onaanvaarbaar en moet reggestel word.

“Ons hospitale is onder geweldige druk, dus word pasgebore babas feitlik onmiddellik ontslaan. Die regering en die departement van sosiale ontwikkeling sal dringend om ’n tafel moet sit om kwesbare partye se behoeftes aan te raak. Gesondheidsdienste behoort te alle tye vir noodgevalle beskikbaar te wees, ongeag die Covid-19-situasie,” sê Gouws.

Curlewis vertel dat verskeie Suid-Afrikaners waarskynlik al onregmatig gedurende die afsonderingstydperk in hegtenis geneem is, net om later vrygelaat te word en nooit aangekla te word of in ’n hof te verskyn nie. Hulle meld waarskynlik ook nie die betrokke gevalle aan nie, uit vrees dat die saak weer na vore gaan kom.

“Ek dink die een of twee gevalle waarvan ons weet, is ’n druppel in die emmer.”

Die polisie het vroeër gesê ’n dringende interne ondersoek na die voorval word gelas.

Die betrokke polisiewoordvoerder kon nie Dinsdag vir kommentaar bereik word nie.

Lily Rautenbach, die pa se prokureur, het Dinsdag aan Maroela Media gesê hy sal binnekort in ’n hof verskyn. Rautenbach het vroeër reeds bevestig dat die ouerpaar regstappe oorweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

RS ·

Gaan nie oor dat hulle nie op gelei is nie. Hulle weet goed wat is reg en verkeerd. Dis n arrogansie houding.

Chantel ·

Ek sou ook regstappe gevat het. Soms het mens net bietjie logika nodig, maar, nou weer, jy word nie daarmee gebore nie!!

Persheks Adri ·

Dagvaar hulle vir elke sent! Die polisie is magsbehep pffft en kan nie eers onderskei tussen noodsaaklikhede nie. Almal moet net toe gesluit word vir snert

AH ·

Wat sê jy nou eintlik Johan??? Lyk my jy dink die Pa het nie geluister nie???

Elize ·

En hulle kon nie daaraan dink om die melk vir die ma te gaan gee en haar in te lig oor haar man nie?

Alta Alleman ·

Hulle het die ma laat loop met die baba om die melk by hom te kom haal !!!

Renier ·

Die vrou is ingelig en het die formule gaan haal, maar sy moes alleen in die nag alleen met die baba sukkel en hy is steeds, vóór haar, inhegtenis geneem.

Kokerboom ·

Alles gaan oor die kwaliteit van mense wat aangestel word. Die word “diskresie” is ‘n baie moeilike konsep vir baie om te verstaan, wat nog van toepas!

TO ·

Uiters skokkend en die amptenaar is absoluut te onnossel om te verstaan. En die arme vrou moet loop in die nag met ‘n baba polisiestasie toe. Waar die ongeluk gaan als heen.

Aai ·

Se nie dit is so dalk het hy ‘n paar pynappels in sy kar ook gehad seker ken ons nie die hele storie?

Casper ·

Jou kommentaar walg my om die minste te sê.Ons praat hier van ‘n baba.Jy het seker nie kinders nie.Pasgebore baba’s drink milk en eet nie pynappels nie.

JohanR ·

Die arrogansie kom van die Hoed! Ek dink nie in geen ander land sal Bheki Cele selfs ‘n bestuurder van ‘n Caltex vulstasie wees nie!

Wondermaarnet ·

Ek neem aan die man is wit daarom is hy in hegtenis geneem. Cele weet nie eers wat om homself aangaan nie, hoe kan hy die SAP wil bestuur?

Misky ·

Ek sou dit ook nie daar laat nie. Teveel los dit net en wil maar net probeer aangaan met hul lewe. Nee, sit eis in teen die polisiemanne in persoon en maak hulle betaal vir jul kind se universiteit opleiding. Dit was belaglik verby en hulle moet afkom aarde toe!!!!

Mallie ·

Hoe stupid is die polisie of spietkops nie. Waaragtig ek sal CR en die hele lot hof toe vat.

Andries ·

Die magsbehepte arrogante polisie moet derhalwe ‘n les geleer word. Die minister, ja die agterent van ‘n mens, moet pa staan vir die onbevoegde klomp spul.

Sarel ·

Stel eis tedn die Beamptes persoonlik asook die Minister van Polisie

Piet ·

Ek is amper doodseker dat die president wel gese het jy kan in ‘n noodgeval na ‘n plek van hulp gaan gedurende die aandklokreel, dis tog net logies. Aan die ander kant ook maar nalatig van die ouers om nie die nodige voorsorg te tref met so ‘n pap babatjie nie. Was dit regtig ‘n noodgeval?

AH ·

Sjoe Piet, ek neem aan jy het nie kinders nie! As ‘n mens met jou eersteling huis toe gaan het jy nie ‘n clue wat op jou wag nie, wat nog te sê om voorbereid te wees daarop. En ja, alles te doen met ‘n pasgebore baba is ‘n noodgeval. Weerhou asb in die vervolg jou kommentaar as jy nie ‘n idee het wat jy sê nie. Jy redeneer nou net soos “our people” met geen logika….

Chris ·

Net nog n mags cele speletjie. SOMMIGE SAP lede nie eers opgelei om n motorwag te wees. Raak ontslae van Cele!!!!

Tanniepetoors ·

Hierdie optrede van die polisiebeamptes was uiters wreed en onmenslik in my opinie, Volgens ander berigte was die proses by Wierdabrug SAPD ook onnodige vertraag en uitgerek om die man uit aanhouding te kry. Asseblief Maroela, hier wil ons weet wanneer word AL die betrokke amptenare uit die Diens ontslaan. Hulle hoort nie in die SAPD nie.

Sara ·

Ek sou dink die polisie het groter kriminele om toe te sluit as ‘n pa wat vir sy honger baba wil melk vat.

Jannie van Niekerk ·

Pleks hulle wend eerder hulle energie aan om plaasmoordenaars, verkragters, kindermolesteerders en tarnsitorowers te vang. Maar om sonder masker te loop en in inperkingstyd buite te wees met ‘n geldige vesrkonig is groter misdaad as haldsmisdaad.

Dup ·

Die SA Polisie Dienste is daar om die gemeenskap by te staan en om op te tree teen misdadigers.Hulle moes die pa dus gehelp het om die melk by die ma en baba te kry.Maar nouja,ons is in SA waar sommige polisielede dronk rondry en self deel is van misdadige optredes.

Nie Verbaas ·

Ek hoop die arrogansie kos die polisie miljoene deur n siviele eis. Kla sommer die poliesmanne ook aan.

Anton J ·

Onregmatig inhegtenis geneem. n Siviele eis teen die minister van Polisie
Mishandeling teen vroue en kinders word baie ernstig in ons land aangespreek. Om te poog om die baba toegang te weier tot sy melkies en ook soos ek vertaan het die mamma laat loop het in die donker ure met haar pasgebore baba om die melkies te gaan haal en terug te stap huis toe is sameswering tot gevaar en mishandeling teenoor n vrou en baba. Ek eis as n lid van die gemeenskap kriminele klagtes teenoor die betrokke beamptes en na skuldig bevinding direkte gevangenis straf van 12 maande.

Casper ·

Probeer Verstaan,ag asseblief die pa het nie apteek toe gegaan om pynappels daai tyd van die nag te koop nie.Hy het melkformula vir hulle 2 dae oue baba gaan koop.Die ma is inderwaarheid gedwing om die aanklokreël te verontagsaam met die polisie se toestemming maar die pa wat rede gehad het word gearresteer.Maar amper vergeet ek die kleur van sy vel het hulle nie gepas nie.

Janc ·

Ja ek sê weer, dit sal beter wees as hulle ons uit lockdown uithaal en elke ou vir homself sal omsien. Ek glo almal van ons is mooi ge-educate rondom Covid19

Tanniepetoors ·

Janc, die onse in jou pond is ek en jy en ander verantwoordelike mense. Dit geld nie vir dié wat se ore ornamente is en so al heelwat lede van my familie en vriende in hul werksplekke besmet het nie. Asseblief mense, dra veilige maskers en nie net sommer enige goedkoop twak nie.

Leon ·

Dit Sal raadsaam wees om agter die ware feite te kom. In die geval was die pa wel gestop. Hy het aanvanklik nie enige verduideliking gee en toe “hardekwas” geraak met die beamptes deur hul te dreig en op hul te vloek.

Anton J ·

Leon dit klink vir my jy het eerstehans ondervind wat gebeur het, nie wat jy gehoor het nie maar wat jy persoonlik gesien het. Vertel ons meer ook van die beamtes wat die vrou laat stap het vinger aleen saam die baba daardie oggend ure asseblief of was sy ook onbeskof en hulle gevloek.

Thea ·

Hulle is magsbehep. Ek hoop die pa maak ‘n saak teen die Min van Polisie en al sy donkies betrokke.

Sakkie ·

Dit is absoluut onmenslik. Ek hoop daai pa dagvaar die polisie vir miltarde rande.

Genis ·

Hierdie magsbeheptheid, en ek glo rassisme… trek hulle kaal uit… Hulle moet vir jare nie KFC eet nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.