Pa verdrink by Glentana-strand

Glentana (Foto: Rest A While Tours)

Glentana (Foto: Rest A While Tours)

ʼn 41-jarige man het Donderdag by Glentana-strand naby Groot-Brakrivier in die Wes-Kaap verdrink.

“Reddingswemmers is na die toneel ontbied ná berigte van ʼn verdrinking ontvang is,” het Andre Fraser, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Mosselbaai, gesê.

“Die 41-jarige man en sy 10-jarige dogter was reeds op die strand nadat hulle deur ʼn systroom in die see meegesleur is,” het Fraser verduidelik. “Twee vriende het in die water in gegaan om hulle te help. Hulle kon die 41-jarige man uit die water haal en die 10-jarige meisie het self uit die water gekom.”

Volgens Fraser is KPR dadelik op die man toegepas, maar alle pogings was tevergeefs. “Hy is op die toneel dood verklaar.”

Een van die vriende, ʼn 21-jarige man van Pretoria, is saam met die 10-jarige meisie na ʼn hospitaal geneem vir verdrinkingsimptome. Hulle is albei in ʼn stabiele toestand.

“Die liggaam van die man is aan die forensiese patologiediens oorhandig. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ek is hier ·

Ek se dit al die heel week,verbied mense om die see in te gaan ek is vandag in Mosselbaai en Groot brak gewees seestrome sterk en baie duidelik sigbaar kan nie glo hulle sluit nie die strande vir swemmers nie!!!!!

John ·

Groot-Brak se see word nooit iemand se troetel-swemstrandjie nie. Op beste van tye is hy onvriendelik en nors en waarsku… bly weg!

Pastoor ·

Die see issi jou maat nie. Ek bly al 27 jaar by die Ooskus. Ek was al n paar keer amper daarmee heen. Een ding geleer respekteer die sse. As hy rof is bly eerder weg. As n stroom jou insuig moenie hom veg nie. Dat hy jou maar insuig. Later sal jy voel hyt jou gelos. Swem dan rustig terug bly kalm. Sterkte aan die familie. Bly in die vlakwater. Heuphoogte is al bietjie baie

Montana ·

Absoluut mense raak ongelukkig paniekerig want hulle ken nie die omgewing nie

Bekommerde inwoner ·

Net n vraag waarom is daar lewensredders? Ek woon op hierdie strand en die lewensredders se kwaliteit is beslis nie op standaard nie geen radios geen niks en hulle speel krieket op die strand met hul rue na die see.

Inwoner ·

Die verdrinking was 1km van die swem area. Lewensredders het gesnel na die ver verdrinking buite hulle diens area. Die regte verslag kom vandag uit.

Annette Boshoff ·

Die dae wat ons op die strand was, het die Lewensredders hulle hande vol gehad om die publiek in afgebakende swemgebied te hou, ‘n paar mense in nood was vinnig te hulp gesnel. My komplimente aan hulle.

Helunda ·

Ek stem saam. Die lewensredders het elke dag hulle hande vol met ons vakansie-gangers wat nie wil swem in d afgebakende swemgebied nie. Ons kom elke jaar oor Kersgetyd en die lewensredders is regtig tops. -Dis ons vakansie-gangers wat van “beter”weet en die lewensredders se kennis en vermoë onderskat. Nèt vandag het ek en my man afgekom waar vakansie-gangers met d lewensredders vassit omdat hul gevra is om eerder in d afgebakende gebied te swem…..en hulle toe reken maar hulle kàn swem. Gister was erg…..ons was daar….die lewensredders was onmiddelik toneel toe, toe dit gerapporteer is…..die jammerte is net die verdrinking het sowat 1mk vêr vd swemgebied gebeur….daar waar niemand veronderstel is om te swem nie. Op Kersdag het daar ook n dogtertjie van 11jaar amper verdrink….min of meer op dieselfde plek as gister se verdrinking. Almal het gedink sy is dood maar met 40minute se CPR deur d lewensredders,….het hulle haar gered. Andrè en sy span ( lewensredders ) julle doen n fantastiese werk. Dankie vir julle! Asb mense swem waar julle moet!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.