Pa verdrink toe hy seun uit see wou help

Argieffoto bloot ter illustrasie van die omgewing van Groot-Brakrivier. (Foto: Unsplash)

ʼn Pa van Heroldsbaai het die afgelope naweek in die mond van die Groot-Brakrivier naby Mosselbaai verdrink toe hy sy seun te hulp wou snel en toe self in die moeilikheid beland het.

Die seun het Sondagmiddag vermoedelik in ʼn trekstroom beland en sy pa wou hom uit die water help. Dit is toe dat die pa self in die trekstroom beland en verdrink het.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) sê die man en sy gesin het die dag op die strand deurgebring toe eers die seun en toe die man in die moeilikheid in die water beland het. Die slagoffer se vrou is toe eindelik self die water in om haar man te hulp te snel.

ʼn Plaaslike visserman het haar te hulp gesnel en gehelp om haar man uit die water te gebring.

Die NSRI sê beamptes van Mosselbaai is Sondag teen 14:37 saam met ander reddingsdienste na De Vette Mossel naby die mond van die Groot-Brakrivier ontbied.

Omstanders was by die owerhede se aankoms reeds besig om mond-tot-mond-asemhaling toe te pas. Paramedici het dadelik ingespring en gehelp.

Daar was egter niks wat die paramedici vir die man kon doen nie en hy is dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

ONTPS ·

My eerste gedagte was ook “Wat het toe van die seun geword?”

Henry ·

wanneer n mens in n stroom beland moet nooit teen die stroom probeer swem nie. draai om op jou rug. en skop met jou bene om uit die stroom te kom. dan sal jy nie so moeg raak nie.

Brakanjan ·

Al hoekom ek die berig gelees het is om te sien of die seun tot veiligheid gebring is of wat. En nou weet ek nog steeds nie.

Casper ·

Henry,dit wat jy nou sê is die enigste manier om kewend uit te kom.Dit het met my by St.Lucia gebeur.Ek het op my rug gedraai saam met die stroom gegaan stadig uit die stroom gekom en met ‘n volgende systroom strand toe beweeg.Nie almal bly kalm nie en meeste mense raak paniekbevange en spook hulle self moeg en verdrinking.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.