Pa vermoed vermiste dogter is aangeval

Marie en haar pa, Atle. Foto: Facebook

Die vermiste Noorweegse student Marie Ostbo (21) se pa vermoed sy dogter is dalk aangeval, maar is steeds hoopvol dat sy lewend gevind sal word.

Atle Ostbo, Marie se pa, het aan die Sweedse koerant Aftonbladet gesê hy vermoed sy dogter is aangeval aangesien sy nie haar besittings op die strand sou los en met haar nuwe kamera sou gaan swem nie.

Ostbo het Woensdagaand verdwyn terwyl sy saam met ʼn buitelandse studente-toergroep in Sedgefield in die Wes-Kaap vertoef het. Sy het volgens die polisie net ná 18:00 saam met die groep op die strand gaan stap. Sommige studente het Ostbo glo net voor 19:00 laas op die strand, sowat 100 m van waar die groep tuisgaan, opgemerk. Sy was geklee in ʼn paar blou jeans en ʼn wit T-hemp.

Die polisie het haar selfoon, ʼn hoed en skoene op die strand gevind in die omgewing waar sy vermis geraak het.

“Ons hoop en bid dat Marie steeds leef, asook gevind en aan ons terugbesorg sal word. Solank daar hoop is, is daar lewe. Ons het nog nie hoop opgegee dat Marie lewend gevind sal word nie,” het Ostbo se pa op Facebook geskryf.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het bevestig die soektog gaan vandag voort.

Lede van die polisie se honde-eenheid, soek-en-reddingseenheid en duikeenheid, asook die Wildernis-soek-en-reddingseenheid (WSAR), die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), die provinsiale nooddienste en die plaaslike buurtwag is by die soektog betrokke.

Die NSRI en die betrokke owerhede is intussen in verbinding met Ostbo se familie in die buiteland en word bygestaan deur die polisie, die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, die Noorweegse ambassade en die departement van toerisme.

Mense met meer inligting wat kan lei tot Ostbo se opsporing word versoek om die Sedgefield-polisie by 044 343 1321 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Kellies ·

Wanneer gaan die buitelanders leer om weg te bly, want hulle is nie veilig hier nie. Jy loop mos nie wetend in n leeuhok in nie!!!

Koos ·

Moenie laf wees nie, toerisme is ‘n groot inkomstebron. Vir wat moet hulle wegbly? Hulle moet bloot leer om na sononder van strande weg te bly.

Thinus ·

Soos ons ander is toeriste is glad nie veilig hier nie! Soveel te meer as jy blank is!

Koos??? ·

Koos, hoe kan jy se hulle moet net bloot van strande wegbly? Dan moet jy skryf hulle moet wel kom en net bloot van strande, wandelpaaie, winkelsentrums, restaurante, taxis, lughawens en enige plek van vermaak weg bly. Dit is bly weg van die land waar geen lewe op geen plek veilig is nie!!

Soekspan uit buiteland ·

Laat die Noorweers help soek, begin n fondsinsameling om soekgeselsskappe te borg, dit sal hulle bewus maak wat die land se politici toelaat hier in SA.

Danie ·

Weet nie van die vrywillig verdwyn nie. Maar ja die goed in Suid-Afrika let lê selde die genoemde besitting . Hulle is gans te gierig daarvoor. Aan die ander kant: Die misdadige aktiwiteit om mense te ontvoer en dan ‘n groot losprys daarvoor te eis het ook al hier posgevat (veral waar “ryk” buitelanders by betrokke is. Die los van die besittings is dalk net om mense te mislei.

Ek hoop regtig sy lewe nog en dat hulle haar nie enige leed aangedoen het nie.

Stem ·

Ek stem 100% saam met jou. Sy wou verdwyn, want hulle sal nie ‘n selfoon agter laat nie.
Skoene, selfoon en hoed?

Anoniem ·

Ek dink jy sit die pot heeltemal mis. Die misdadigers raak al meer innoverend en obsessief om dit wat die onnosel filmmakers in die fynste detail in films sit, na te boots en misdaad te pleeg.

Danien ·

Regtig! Dit is hartseer om te sien hoe almal hier in Sedgefield na haar soek en om te dink dit is hier op ons voorstoep. Sy het ook haar nuwe kamera by haar gehad. Lees die hele berig!

Leeu ·

So boere wie se selfone gelos word na n moord, wou ook verdwyn?

Stemme ·

So, die boere wie se selfone gelos is na n aanval, wou ook verdwyn?

Oeps Nee! ·

Nee hulle het haar vuurwapen en geld gesoek, daarom het hulle nie die selfoon gevat nie.

stroopsoet ·

leeu en kie julle praat nou die grootste tjollos. watter boer se selfoon was gelos? hulle vat tot die ou perrefientjie in die laai en die telkom foon saam. haar pa sê mos sy sou nie die see ingeloop het met haar kamera nie danien. maak vir my sin sy sou dit ook nie op die strand gelos het nie.

Lizelda ·

Ek voel werklik jammer vd meisie en haar familie en ons weet nie wat die werklike omstandighede rondom die verdwyning is nie, maar as ek in die Buiteland gewoon het sou ek beslis nie my kinders na n geweld getysterde land soos SA laat gaan nie.

Leeu ·

@stroopsoet, jir daar word baaaie gelos. Net omdat die selfoon nie weg is nie, beteken nie sy’s vrywillig weg nie.

Jammer ·

Sy was dalk aangeval nadat sy haar selfoon en ander besittings neergesit het . ek is ook bevrees in SA is ‘n jong meisie nie veilig nie, nie eers kragmanne nie .. Julle het so gesê van die Ysterman ook en toe is hy met ‘n TYRE om sy BEEN in die water gevind …

The Oracle ·

Net vir die rekord: Die Ysterman het selfmoord gepleeg…

honourable member ·

Ai tog die arme kind. Hoop sy word lewend gevind. Ek dink nie sy wou verdwyn nie. Daar het verseker iets gebeur.

Hendrik van George ·

Noorweë is een van die lande wat groot aanhangers en ondersteuners van die ANC is. Welkom in die regte Afrika – hoop hulle kom nou agter waarmee ons op ‘n daaglikse basis mee te doen kry…

Supra ·

Janee Hendrik, ek moet eerlik se al klink dit hoe onsensitief ek het dieselfde sentiment oor die hollanders wat hier aangeval is in die bus, die koreane in die kruger wildtuin, die Duitsers wat op OR Tambo geland het .. regtig . hierdie mense het al die jare die ANC befonds en gehelp om die NP regering omver te werp .. Hulle het al die jare die ANC ondersteun en help veg met geld en sanksies en alles wat hulle kon om die comrades aan bewind te bring . hulle is nou aan bewind . KOM HOU GERUS VAKANSIE HIER . dit is super veilig … net soos die oorsese lande dit wou gehad het …

DS ·

Aanvalle gebeur nie net na son onder nie. Ons was helder oordag op die “golden walk” in Durban amper beroof. Was dit nie vir vinnig optrede en waaksaamheid nie sou dinge heeltemal anders uit gedraai het. Die gewetenlose skurke gee niks om oor tyd of plek nie as hulle jou wil beroof of seermaak doen hulle dit want hulle weet niemand gaan ieta doen om hulle te stop nie.

Andre ·

Daar was Woensdagaand om 18:15 n hewige reënbui oor Sedgefield en n stormsterk wind het langs die kus gewaai. Boonop was daar n springgety net na 5. Vriende wat hierdie tyd by die restaurant op die strand was moes hulle oë met hulle hande toehou teen die waaisand.
My mening: Marie wou fotos neem met haar nuwe kamera. Haar besittings, plakkies en selfoon het op onverklaarbare manier op die strand agtergebly – dalk geval en sy kon dit nie vind. Verder vermoed ek sy het in die storm teruggestrompel na die duin wat na die restaurant en backpackers lei, maar dit gemis, voortgebeur en nie ver daarvandaan in die riviermond geval waarna sy deur die see ingetrek is. Twyfel of hulle haar ooit sal opspoor. Hier is erge seestrome en heel party mense het al hulle lewe verloor. So is die lyk van n Koreaan ook nog nooit gevind nadat hy n tyd gelede in die golwe by Myolistrand verdwyn het.
Maar…ons bly hoop en bid vir n goeie einde

Skrywer ·

Jy moet nou maar boeke begin skryf hoor .. of jy lees te veel boeke .. waar kom jy aan al die goed? Dis FIKSIE.

Albaster ·

Dankie vir jou insig Andre. Dalk is jy reg, jy ken daardie deel van die land.

Johan ·

Andre, dankie vir sinvolle inset. Alhoewel mens hoop dit sal nie so wees nie, is dit minstens ‘n beredeneerde teorie van wat kon gebeur het en kan help in die soektog. Skrywer se reaksie en sy gebrek aan reaksie op jou opvolgvraag, wys dat Skrywer een van daai tipiese mense is wat net fout vind maar geen konstruktiewe bydrae kan lewer nie.

Hoop die storie het ‘n goeie einde.

Francois ·

Wel die eerste berig het nie van die kamera gepraat nie. Soos haar pa se, sy sou nie met haar nuwe kamera gaan swem nie. Dus imo kan ons selfmoord eenkant toe skuif. Sy het of gaan klim of stap op rotse waar dit glad of gevaarlik was en moontlik geval en in die water beland, of dis gemene spel.

Andre ·

Francois, daar is geen rotse in die omgewing nie. Die naaste rotse (rigting Buffelsbaai) is ook relatief klein en min – seker ‘n kilometer weg.

Nel ·

Was sy saam met die groep – deel van die groep of het sy alleen ‘n ent weg van die groep gestap?? Want as sy deel was van die groep, soos ek van die berig kan aflei, wonder ek hoe sy tussen ‘n klomp mense kan verdwyn sonder dat een van hulle dit kon opgemerk het? Tensy, tensy… daar nie tussen die groep … maar laat ons maar wag en sien wat die polisieverslag oplewer.

VanAfrika ·

Vir die eerste 48 uur soek reddingswerkers na die vermiste, na 48 uur slaan dit oor na die “recover” proses, maw, hulle vermoed persoon is al dood, dan soek hulle net n liggaam. Haar saak moet nou al in die “recover” proses wees.

NSR ·

Dit hang alles af van omstandighede, nes ontvoering. Meeste NSRI soek aktief vir tussen 72-86uur, as daar wel vasgestel word of sy in die water was of nie.

VanAfrika ·

Dankie NSR vir die stukkie waardevolle inligting, nou leer ons weer iets nuut.

Pikkewyn ·

Hoop hulle spoor haar veilig en ongedeerd op vir haar familie se part.Ek sal mal word as my meisiekind moet verdwyn.Sterkte aan di familie en vriende

Karen ·

Hierdie is een van die veiligste areas wat ek ken. Misdaad hoogs onwaarskynlik met alles in ag geneem. Haar pa het aanvaar haar kamers was by haar, maar dit was glo in haar kamer.

kallie ·

Die land van see en sonskyn,waar jy nie kan waag om alleen te stap op ‘n strand te stap nie op mooi afegeleë plekke kan gaan kamp nie,waar jou besittings nooit veilig is nie. Waar jou en ander se lewens niks werd is nie. Kom buitelanders,kom ondervind hierdie weelde en laat weet dan julle mede burgers.

Casper Labuschagne ·

Interessant hoe die meisie se pa tot die logiese gevolgtrekking van ‘n roof en of moord of ontvoering kan kom, terwyl ons plaaslike polisiediens ploeter deur hul burokratiese vlakke van aangemeld as vermis, vermis, waarskynlik ‘n misdaad, ondersoek na ‘n misdaad ens.

Gesiggie ·

Ek hoop en Bid vir hierdie dogter.. dat sy veilig is? al van soveel sulke gevalle gelees? hul soek dalk n losprys? Sterkte aan die Familie, mag God met jul wees deur die tyd van kommer… hoop regtig om goeie nuus te ontvang…hoop die polisie doen hul werk”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.