Pa vermoor drie kinders, neem eie lewe

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Pa het sy drie kinders vermoor voor hy homself om die lewe gebring het.

Kapt. Dineo Koena, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het in Mthatha in die Oos-Kaap plaasgevind.

Volgens Koena is die liggame van die pa en kinders Maandagoggend in die huis in Northcrest gevind nadat ʼn familielid die polisie in kennis gestel het.

Die 48-jarige pa het sy twee dogters, onderskeidelik ses en agt jaar oud, en sy negejarige seun doodgeskiet voor hy homself om die lewe gebring het.

Koena het gesê die motief vir die moorde is nog nie bekend nie. Die oorledenes se name word weerhou tot al hul naasbestaandes van hul dood ingelig is.

Die polisie ondersoek sake van moord en ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

DonderstormĢ ·

Hartseer mens weti waardeur iemand anders gaan nie onnodig want gewoonlik het n mens net iemand nodig om mee te praat of die regte hulp nodig so moet nie “juge” nie :(

Ore ·

Ek wonder altyd of hierdie dinge gebeur oor n ma wat die pa probeer bykom om hom met die kinders te dreig.Ek het al baie gehoor hoe ma’s spog hoe hulle die kinders van die pa af gaan weghou.Dis n magtige wapen.Indien dit so is,wil ek dames vra om dit te staak.Pa’s is ook lief vir hulle kinders

Poppie ·

Mens weet nie die waarheid. Dalk is daar nie n ma. Die pa werkloos en sonder geld en kos. Nou wat dan? Sien nie kans verder nie en kan nie sy kinders agterlaat. Vir hom was dit dalk die enigste uitweg. Ek het nie kinders, maar as ek die dag so drastiese stap moet neem, vat ek my diere saam. Want hul sal hul in elk geval dood treur. Hoop hulle almal rus in vrede

Roos ·

Ek voel soos jy, Donderstorm. Dit is ontsettend tragies. In hierdie Kersseisoen gebeur die dinge ongelukkig meer. Mense dink dikwels ander is so eufories gelukkig en hulle voel dan abnormaal. Kinders verwag dikwels wat ‘n ouer nie kan gee nie en mense wanhoop. Hoe sal mens weet? Niemand kan oordeel nie. Hê net genade vir ander. Hê net empatie met ander. Hê net groot liefde en ruimte in jou hart vir ander. Sien ander raak. Hoor en luister na ander. Lewe is kosbaar.

Jaco ·

Man Ja.
Ek weeti eintelik wat om hier tese nie. Ek is pa van 2. Wou skei in Januarie en my vrou sou my kids van my af weg gehou het veseke. Al reded hkm sy dit sou kon doen oor n advokaat wat sy ken wat haar gratis gehelp het. Ek moes besluit maak om terug tegaan vir my kids. Punt is ek lief my kids eerlik baie maar glo noe ek sal die oor my hart kan kry nie. Hul is immers onskuldig. Ek lief hul oneindig baie

Jerry ·

OORDEEL OORDEEL OORDEEL, JUDGE JUDGE JUDGE, HOEKOM KLA JULLE MENSE DAN OOR PLAASMOORDE? As julle die MOORD op DRIE ONSKULDIGE kindertjies goedkeur dan moet julle maar die PLAASMOORDE ook aanvaar want dan is dit ook mos OORDEEL,want HOE weet julle wat die omstandighede van die MOORDENAAR was.. dalk was hy ook arm, dalk was hy ook lief vir sy familie en wou net KOS op die tafel sit, daarom, moes hy ‘n plaasboer vermoor .. HOU OP OM VERSKONINGS VIR MOORDENAARS TE SOEK, dan moet julle ALMAL vergewe en NIEMAND judge nie, OOK NIE PLAASMOORDENAARS NIE>

Emma ·

Jerry, ek kon dit self nie beter gestel het nie. Niks regverdig die moord van onskuldiges nie. Ek is self vas in die donker van depressie, maar dit is juis my kinders wat my aan die gang hou. Sonder hulle is ek absoluut niks, so waarom jou belangrikste deel van jou menswees vermoor…

Anoniem ·

Jerry, jy praat bog. Hoe sit dit kos op die tafel om ‘n boer te vermoor? Om sy selfoon, vuurwapen ens te verkoop, ja, dit sit dalk kos op die dief se tafel.

Of wil jy my sê die plaasmoordenaars word BETAAL om boere dood te maak?

Salome Botha ·

Hartseer mens weet nie waardeur iemand anders gaan nie,net hy en die Here sal weet wat daar gebeur het,en niemand sal ooit verstaan het wat die hartseer daar was nie,en dalk het hy nie regtig met iemand gepraat oor sy doen en late en hulle lewe nie,so onnodig want gewoonlik het n mens net iemand nodig om mee te praat of die regte hulp nodig so moet mense nie vingers wys en “oordeel” nie :(Niemand in die lewe kan en is daar om te oordeel nie,net die Here is die een wat mag oordeel.Baie sterkte vir die famillie

Peet ·

Ek kan nie glo hoe baie van julle regverdig die nie?! MAAK NIE SAAK WAT NIE, hy’t onskuldige KINDERS vermoor, daar is absoluut NIKS wat dit kan regverdig nie.

Barbara ·

Stem saam,maak nie saak wat omstandighede is nie, hyt geen reg om onskuldiges se lewens te neem nie!!! Sy eie dis fine as dit is wat hy wil he!!!

Cathy ·

Nou wat nou. Ja dit regverdig nie die moorde op kinders nie. Wat nou? Gaan hulle dan nou die dooie pa hof toe sleep vir moord?

GM ·

Jerry, ek glo nie enige iemand op die blad keur die moorde GOED nie, maar daar is ‘n paar van ons wat dieper kyk, en die wanhoop raaksien. Dalk het ons almal ‘n ooraktiewe verbeelding, en het die man die kinders uit weerwraak uit geskiet en toe besef wat hy gedoen het -mens weet nooit nie.

Ek kan nie insien HOE mens dit fisies doen nie, veral nie aan jou eie vlees en bloed nie, maar ek kan insien dat dinge vir party mense te veel word, en hul vrese vir hul kinders se toekoms so groot kan wees dat hul die kinders ‘saamvat’. Dis nie regverdigbaar nie, die kinders het immers hul hele lewe voor hul gehad.

Ek glo party mense is net verby die ‘redeneer-fase’ gedruk, verby die ‘more-gaan-beter-wees’, en in hul gedagtes is, wat hul doen, ‘die regte ding om te doen vir hulle en hul kinders.

Regverdigbaar – nee. Hartseer – baie beslis.

Blom ·

Ek lees nie dat iemand die moord op die kinders “goedkeur” of die daad “regverdig” nie. Dit is vir seker nie in die kategorie van plaasaanvalle nie. Ek dink net dis ‘n seer mens wat tot so ‘n uiterste wanhoopsdaad oorgaan. Hoe sal mens weet wat in ‘n ander se gemoed aangaan?

Hier gaan ons ·

Ja, dit is wel nie vir ons om te oordeel nie maar die ware Gelowige moet beskik oor onderskeidingsvermoë. Die pa gaan hel toe. Nie omdat ek so sê of dit so wil hê nie maar omdat hy gemoor het (6de Gebod), sy arme kinders van hul toekoms beroof het (8ste Gebod) en bo alles dat hy Die Here nie met sy hele hart, siel en verstand liefgehad het nie. As hy het, sou dié verskriklike boosheid geen vastrapplek gehad het nie en die moontlike probleme soos finansies of verhoudinge nie sy afgod geword het nie. Moenie dink enigeen van ons is beter as hy nie, dis bloot uit genade dat ons almal nie saam met hom gaan ly nie, alhoewel ons almal elke dag omtrent al die gebooie oortree. Klou vas aan Jesus Christus asof jou lewe daarvan afhang want, wees versekerd, dit doen. Net Hy kan keer dat jou ware natuur uitkom. Jy het letterlik die ingryp van die Almagtige nodig om nie dieselfde pad te loop nie. Ek sê dit want ek wil hierdie punt duidelik stel, geen verskoning gaan aanvaar word vir sonde nie. Jy gaan voor die regterstoel staan met een kans op verlossing: Jesus het vir sondaars gesterf. As jy Hom lief het, sal jy Sy Gebooie onderhou sovêr jy moontlik kan as sondaar, en genoeg kennis van die Leer hê om sonde te ken en dit te haat selfs al het jy dit voorheen liefgehad. Nie te oordeel nie maar ter onderskeiding.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.