ʼn 58-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy seun met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.
Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Saterdag omstreeks 09:00 in die Ngculu-nedersetting buite Ngqamakhwe in die Oos-Kaap plaasgevind.
“Die verdagte het na bewering sy 24-jarige seun in die bolyf gesteek. Die motief vir die moord is onbekend en word ondersoek,” het Manatha gesê.
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die pa moet binnekort in die hof verskyn.
Die motief? Om hom dood te kry wat anders!
Kon ook selfverdediging gewees het Wie weet.