Pa vermoor glo tweejarige kind

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

ʼn 47-jarige man sal na verwagting Woensdag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn in verband met die vermeende ontvoering en moord op sy tweejarige dogtertjie.

Die man is in hegtenis geneem nadat die lewelose liggaam van ʼn kleuter op die plafon van sy woonplek in Alabama naby Klerksdorp gevind is.

Volgens lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, het die verdagte Donderdag sy kind by haar ma se huis gaan haal. Die ma was glo in die hospitaal tydens die voorval en het eers die volgende dag teruggekeer huis toe. Die ma en pa is volgens die polisie in ʼn verhouding, maar woon nie in dieselfde huis nie.

Die ma het die kind Sondag as vermis by die Jouberton-polisiestasie aangemeld. Die pa is kort daarna in hegtenis geneem vir ontvoering nadat hy versuim het om vir die polisie te sê waar die kind is.

Die verdagte se bure het Maandag ʼn slegte reuk vanaf die man se huis geruik en ondersoek ingestel. Die bure het glo die kind se lyk gevind en die polisie ontbied.

Die pa, wat reeds in polisieaanhouding was, is aangekla van moord.

Genl.maj. Dintletse Molefe, waarnemende provinsiale kommissaris in Noordwes, het die publiek bedank vir hul samewerking wat tot die inhegtenisneming van die man gelei het.

“Geregtigheid moet geskied, daarom moet speurders alles in hul vermoë doen om die verdagte se borgtogaansoek teen te staan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mariana ·

Hoe vermoor jy jou eie kind. Daar moet iets vreesliks boos in jou wees. Nee hy moet agter tralies bly vir die res van sy bestaan.

Erika ·

Om Jou eie Kind Dood te Maak en aan gaan asof niks gebeur het nie.-Jy is n Psigopaat

SomeOne ·

ek glo ook nie dat jy sal dooie reuk afgee binne 3 dae nie

Deon ·

Miskien hoee temperature in die plafon? Dit kan seker ontdooi verspoedig?

ONTPS ·

Wie moes na die dogtertjie kyk terwyl die ma in die hospitaal was? Hoekom het húlle nie al Donderdag middag die kind gaan haal nie? En hoe vermoor jy jou eie kind? Gaan my verstand te bowe

Di ·

Ek sal eerder nie my kommentaar lewer hieroor nie, dit sal beslis nie geplaas word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.