Pa vermoor glo tweeling

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Ma het op haar driejarige tweeling se liggame afgekom by die woonstel wat deur hulle pa in Houtbaai in die Wes-Kaap gehuur is.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die ma het op haar kinders, ʼn seun en ʼn dogter, se liggame afgekom by die vakansiewoonstelle in Princessweg waar die pa woon.

“Die 48-jarige pa het toe in die ma se motor van die toneel gevlug. Hy is later in Wynberg in hegtenis geneem. Hy sal teregstaan op aanklagte van moord en motordiefstal.”

Volgens sekere bronne is die kinders vergiftig terwyl ander bronne meld hulle is verwurg. Traut het gesê die presiese oorsaak van die kinders se dood moet nog bepaal word.

Daar word ook beweer die pa is van Spanje. Traut het intussen bevestig die pa word onder polisiebewaking in ʼn hospitaal behandel. Dit is in dié stadium nie duidelik waar of hoe hy beserings opgedoen het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

EvW ·

Dis erg tragies om op jou eie kinders se lyke af te kom…,wat nog van hulle dood te veroorsaak!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.