Pa vermoor glo vier kinders

Die man het glo aan bure gesê waar die kinders se liggame gevind sou word. (Foto: SA Polisie)

Die polisie op Mecklenburg, naby Burgersfort in Limpopo, is op soek na ʼn pa wat glo Maandag sy vier kinders vermoor het.

Die 52-jarige man van die Ga-Pasha-nedersetting het na bewering Maandagmiddag die voertuig wat die kinders van die skool af vervoer, voorgekeer. Die bestuurder van die voertuig ken die man en het toegelaat dat hy die kinders saam met hom neem, het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, gesê.

Dinsdagoggend het die man aan ʼn buurman gesê dat die kinders, Katlego (9), Joyce (7), Tshepo (5) en Adel Phasha (3), vermoor is. Hy het ook aangedui waar hulle liggame gevind sou word en het oënskynlik daarna verdwyn.

Phasha moorde gesinsmoord Limpopo Senyatsi Lucas Phasha

(Foto: SA Polisie)

Die polisie is na dié plekke. Katlego, Joyce en Tshepo se liggame is saam aangetref. Klein Adel se liggaam is sowat 3 km verder van dié toneel gevind.

“Drie van die kinders het steekwonde gehad. Die jongste het oop wonde gehad,” het Mojapelo gesê.

“Die motief vir die moorde is in dié stadium nog onbekend.”

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiehoof, het vanoggend self die tonele besoek en die moorde in die sterkste terme moontlik veroordeel, des te meer omdat dit glo gepleeg is deur iemand wat veronderstel was om die jong slagoffertjies te beskerm.

Phasha moorde Limpopo Senyatsi Lucas Phasha kinders dood vermoor toneel

(Foto: SA Polisie)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

FM ·

Dis onaanvaarbaar!!!!!! Ongeag wie, wat, kultuur, waar ……… KINDERS????

Kokkie ·

Boosheid op sy ergste. Bring die doodstraf terug vir moordenaars, verkragters, pedofiele en kindermishandelaars.

Peetjie ·

Daar is nie respek vir menselewens nie, en moord het n mode geword. Elke 2de persoon wat n argument met die ma het, maak die kinders vankant…. Waar is die ma?

Janc ·

Dit is so hartseer. Sou hulle hom vastrek gaan hy ook seker vrygelaat word op R1000 borgtog, want dit is hoe min ‘n “lewe” werd is in vandag se tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.