Pa vermoor glo vrou, kinders

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SAPD/Facebook)

ʼn 64-jarige man is tans onder polisiebewaking in ʼn hospitaal nadat hy glo sy vrou en twee jong kinders in Diepsloot, Soweto, vermoor en toe selfmoord probeer pleeg het. ʼn Derde kind (4) het die voorval oorleef.

Volgens lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, is die polisie Donderdagaand na die toneel ontbied nadat hulle ʼn klagte van huishoudelike geweld ontvang het.

“By hul aankoms het die polisie ʼn vrou en drie dogtertjies met steekwonde aan die bolyf aangetref. Die vrou (29) en twee van die dogtertjies, onderskeidelik een en ses jaar oud, is op die toneel dood verklaar. Die vierjarige dogtertjie is na ʼn hospitaal vir behandeling geneem.”

Masondo sê die man het selfmoord probeer pleeg deur homself op te hang. Hy is op die toneel in hegtenis geneem.

Die man, wat as die vrou se eggenoot en pa van die kinders identifiseer is, word van moord en poging tot moord aangekla. Hy sal in die hof verskyn sodra hy uit die hospitaal ontslaan is.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Christine ·

Die wreeddadigheid van mans teenoor vroue en kinders in ons land, is heeltemal buitensporig. Sulke mans verdien nie om te leef nie en ons belastinggeld moet hulle ook in in die tronke versorg nie.

Mrs H ·

64 jarige man…. 29 jarige vrou… sjoe wat kon tog die probleem wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.