Pa versoek langer vaderskapverlof

Argieffoto

Argieffoto

Hendri Terblanche (38) van Kaapstad, het ʼn petisie by Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, ingedien waarin hy versoek dat werkende mans se vaderskapverlof van drie dae na 10 dae verleng moet word.

The Star het Maandag berig Terblanche, ʼn finansiële bestuurder van Brackenfell, het die petisie op 3 Julie voorgelê. Hy het elke lid van die parlement genader en versoek dat hulle ʼn wetsomwerp saamstel om deur die Nasionale Vergadering oorweeg te word.

Terblanche se vrou, Giselle, het in November ʼn tweeling gehad. Hulle is drie maande te vroeg gebore. Een van die babas moes 139 dae lank in die hospitaal spandeer en sy boetie 79 dae. Ma’s wat met ʼn keisersnee geboorte skenk, moet ongeveer ʼn week lank in die hospitaal spandeer.

Terblanche het aangevoer dat die drie dae gesinsverantwoordelikheidverlof wat toegestaan word, nie genoeg is in die geval van keisersneë, vroeggebore babas, siektes of ander noodgevalle nie. “Mense sê gereeld pa’s is nie by hul kinders betrokke nie,” het hy gesê. “Met slegs drie dae se betaalde gesinsverantwoordelikheidverlof word pa’s van die begin af benadeel.” Hy het gesê wetgewing moet verander word om pa’s die geleentheid te bied om meer betrokke te kan wees. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Babs ·

En so lei die werkgewer daaronder. Miskien moet die pappas dan maar onbetaalde verlof neem. . Dit is die rede hoekom baie maatskappye nie jong getroudes (veral vroue) in diens wil neem nie. Het die persoon al gedink wat gaan gebeur in ‘n fabriek met honderde werkers indien die verlof tydperk gaan verleng word. Dit sal so goed wees soos ‘n staking.

Canned Phantom ·

My hart bloei vir hom. Maar weet jy wat, honderde duisende ander Pappas en Mammas het dit erger gehad en suksesvol en sterker anderkant uitgekom. Hulle het planne gemaak, hulle netwerke gebruik vir hulp en raad.

Moonica ·

Sjoe, dis ‘n interessante gebruik van die term “*ongeveer* ʼn week” – vier dae is seker “ongeveer” ‘n week afhangende van hoe dramaties die artikel se skrywer probeer wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.