Pa voor winkelsentrum doodgeskiet

Foto: BCI Protection Services

Foto: BCI Protection Services

ʼn Man is Dinsdagaand buite ʼn winkelsentrum in Krugersdorp aan die Wesrand deur vier gewapende rowers doodgeskiet.

Konst. Gloria Maswanganye, woordvoerder van die polisie, het gesê die 54-jarige man het by die Feather Square-winkelsentrum stilgehou toe daar ʼn motor agter sy motor stilgehou het. Twee verdagtes het uitgespring en in ʼn struweling met die man betrokke geraak. Die ander twee verdagtes het by hul motor gewag.

“Een van die verdagtes het verskeie skote afgevuur wat die man in sy bolyf getref het. Die verdagtes het daarna in ʼn silwer BMW gevlug,” het sy gesê. Volgens Maswanganye is die man van ʼn sak en ʼn vuurwapen beroof. ʼn Onbevestigde bedrag kontant is in die kattebak van die man se motor gevind.

Foto: BCI Protection Services

Foto: BCI Protection Services

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 19:45 na die toneel ontbied. Die man het verskeie skietwonde opgedoen en daar was niks wat vir hom gedoen kon word nie. Hy is op die toneel dood verklaar.

Volgens BCI Protection Services, wat ook op die toneel was, was die man ʼn bekende in die omgewing. Hy was getroud en het kinders. Maswanganye wou egter nie Woensdag die man se naam bekend maak nie.

ʼn Saak van gewapende roof en moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand met meer inligting word versoek om die polisie by 011 952 4600 of 079 496 6288 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Janet ·

Ons kan nie meer. Almal is al so getraumatiseer. Wanneer gaan iemand besef hier is fout in Suid Afrika

Johann ·

Hierdie euwel het gekom om te bly, dit het die neiging om te “snowball”. Hoe langer die wet aan hulle kant is hoe groter die probleem

WILMA ·

Kan die mense wat ons so uit moor se vingers of hande nie af gekap word?

w ·

Gee my asb Trump se mail address en ek sal persoonlik vi hom n mail stuur.

Grens ·

Ag regtig, waar kom die ding vandaan dat mense dink Trump nou ‘n saak me SA het. Jy kan e-mails stuur dat jy blou word, wat gaan hy nou doen?? Hy het sy eie land om te regeer. Ons sal hier maar self ons eie potjie moet krap.

Andrea ·

Ja, ek sal ook. Ek sal aanhou totdat daar eendag een epos by hom uitkom. Virvwat dit werd mag wees…

Jakoba ·

As Jy nie probeer nie sal jy nie weet of hy gaan help of nie. Dit is sulke negatiwiteit wat die blanke se ondergang is. Sit op ‘n mishoop en kla. Maar ek stem ook saam aan die ander kant, wie se DT gaan enigsins vir ons help. Toe Obama president geword het, het baie swart mense in Afrika hulle hoop op hom gesit net om te besef dat hulle net gedroom het. Daar moet die regte weg gevolg word, as ‘n kind dalk ‘n briefie skryf aan hom kan dit dalk sy hartsnare roer of ‘n Twitter boodskap aan DT ‘n smeking van ‘n kind. Self die media oorsee kan dalk hulle harte versag.

Tanya ·

So die rowers het hulle misgis. Het gedink dat die kontant in die sak is waarmee hulle nou weg is. Ongelooflik hartseer. Mag die Here sy familie troos.

Johann ·

Maroela Media: As dit wel Feather Square winkel sentrum is, dan is dit in Featherbrooke en nie Roodekrans nie.

Landi Slatter ·

Dagsê Johann

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning, ons het die berig gewysig om verwarring te voorkom.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Johann ·

Feather Square is nie in Roodekrans nie. Dit is wel in Featherbrooke, Krugersdorp.

AL ·

As dit in Krugersdorp is, wel daardie plek is berug vir moorde.

AL ·

Was dit n ander land met n ander regering, was hierdie wetteloosheid, goddeloosheid lankal vasgevat. Die regering sou strawwer vonnisse vereis. ANC dink hul is almagtig bo God en mens (landsburger).

Eric Gerber ·

Hoe gouer besigheids mense besef om nie groot bedrae geld by die banke te trek nie hoe minder sal daar sulke gevalle wees.Die duiwel se kind hou hulle dop in die bank en dis presies wat hier gebeur het glo ek.

Slagoffer ·

Simpatie aan die gesin. Volgens die misdaadstatestieke is daar ‘n ‘geringe’ toename van geweld. Ek wonder net of die persone wat dit voorberei kan tel.

blommie ·

Trump kan maklik die Amerikaanse besighede hier stop indien hy goed genoeg ingelig word oor wat hier gebeur. Skryf sommer vir Putin ook want hy het geestelike en morele waardes sover ek weet. Kan mens die Withuis bel? Hoor vir my! Waar kry mens die tel no?Mail is seker beter.

Annie ·

Hoe het hulle geweet van die geld in die kattebak . Iemand het gepraat …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.