Pa wat dogter verkrag, gevonnis

(Argieffoto)

ʼn Pa wat sy dogter verkrag en swanger gemaak het, is in die hooggeregshof in Port Elizabeth tot 25 jaar tronkstraf gevonnis.

Die 39-jarige man van Kwazakele het sy dogter in Augustus 2018 minstens drie keer verkrag. Sy was 13 jaar oud en het in Oktober 2018 swanger geraak.

Die meisie is na ʼn kliniek geneem waar sy ʼn aborsie ondergaan het en na die polisie verwys is. ʼn Saak van verkragting is aanhangig gemaak.

Die pa is in November 2018 deur lede van die Motherwell-eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings in hegtenis geneem.

Die meisie is in Desember 2019 in ʼn huisbrand dood voor die verhoor kon begin.

Die pa is op drie aanklagte van verkragting skuldig bevind en tot 25 jaar tronkstraf op elk van die aanklagte gevonnis. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cherokee ·

Packham is ligter gevonnis. Mag interessant wees om die vonnisse te vergelyk.

lollapot ·

En so het jou vieslike sonde toe nie dood gebrand saam met jou kind nie . . . Mag jou verblyf in die tronk ‘n nagmerrie wees!

Pieter ·

Die is regtig so hartseer. Hoe kan n pa so iets doen. Ek sal alles vir my dogter doen, maar seermaak- NOOOOIT!!!

Niklaas ·

Daardie arme kind se jong lewe was net een lang trauma met nagmerries opeenvolgend. Mag sy tronk verblyf in een nagmerrie ontaard van die eerste week af. Diere doen nie eers waaraan hy skuldig is nie.

JohanR ·

Wat se verhouding het jy ooit weer met jou kind, jou dogter nadat jy haar verkrag het? Sal nooit nooit en nooit weer die woorde hoor “Pappa, ek is lief vir Pappa!” As daar nog ander broers en sisters was is jy ook vir altyd van hulle ook vervreemd. Die soort gemors begin al hier by ‘n jong dogtertjie, en aan en aan tot dit op ‘n manier stop gesit is, of iemand vind uit. Nee man, dis jou kind daai, jou vlees en bloed, jou dogtertjie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.